ANC-man wat vrou skop tronk toe

‘n Skermskoot van die geweld buite Luthuli-huis

Die ANC-takvoorsitter wat op kamera vasgevang is waar hy ʼn vrou skop tydens ʼn onderonsie tussen pro- en anti-Zuma-ondersteuners voor Luthuli-huis, is tot direkte tronkstraf gevonnis.

ʼn Video van die voorval op 5 Februarie 2018 het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei en Thabang Setona (36) het homself kort daarna aan die polisie oorgegee.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê Setona is skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer en tot 12 maande direkte tronkstraf gevonnis. Die 52-jarige slagoffer is geskop en ook met ʼn stok geslaan.

Setona, ʼn ANC-takvoorsitter in Johannesburg, het kort ná die voorval in ʼn verklaring verskoning vir sy optrede gemaak.

Thabiso Setona. Foto: ANA.

“Ek vra onomwonde om verskoning vir my gruwelike dade teen ʼn onskuldige vrou. Ek vra nie net om verskoning vir die slagoffer wat ek erge skade aangedoen het nie, maar ook vir haar familie, die ANC en Suid-Afrika in geheel.

“My gedrag kan nie en mag nie regverdig word nie. Woede van geen aard moet iemand so laat optree soos wat ek opgetree het nie,” het die verklaring gelui.

Verskeie groepe betogers het op die dag buite Luthuli-huis saamgedrom. Een groep was ANC-ondersteuners wat Cyril Ramaphosa, toe nog net ANC-president, en “ZumaMustFall” ondersteun het. Die ander groep was ANC-ondersteuners was oudpres. Jacob Zuma ondersteun het. Lede van die BLF het ook later by Luthuli-huis opgedaag en geweld het uitgebreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

marius ·

EK is onder die indruk dat aanranding 13 of 14 jaar tronkstraf is na die Middelburg-saak….

Snowball ·

Woede? Dis wat hy dit noem? Skobbejak se gedrag man! Walglik! Om enige iemand so aan te rand, wat nog te sê ‘n ouer vrou! Sê weer eens alles van die karakter.

Alta ·

En die man wat haar met die stok geslaan het, ek wonder wat het van hom geword?

Dries du Toit ·

Toe daag die BLF op en TOE breek daar geweld uit. Maar die BLF bly ongedeerd daarvan afkom

Adri ·

Soos ek dit verstaan, is hy ná ‘n jaar gevonnis. Was hy intussen in aanhouding? Beteken dit dat hy klaar sy 12 maande tronkstraf uitgedien het?

Leeu ·

Help my gou reg…dié is aanranding met die doel om ernstig te beseer… Laas week is daar 3 18jariges, een bewusteloos geslaan, n skoot is afgevuur, vasgebind en geslaan, en dit was “huisroof” ? nou hoe nou.

At Dippenaar ·

Gaan ‘n lelike wyfie vir die manne daar binne uitmaak!

Gert van Wierdapark ·

Volg asb net op dat hy nie n maand parool kry vir goeie gedrag nie!!!

Marietjie ·

Hoekom net 12 maande ??? Hy het moord gepleeg Hoekom nie lewenslank nie ?

DS ·

Marietjie ek dink jy is nou bietjie deurmekaar. Die vrou is nie oorlede nie so dis nie moord nie.

fish ·

Aanranding en die doel om ernstig te beseer is min 3 jaar tronkstraf of min R60000 boete. Dit was laaste keer wat ek in die hof was en geluister het na ‘n saak.

Vonkprop ·

En so gebeur die aanval reg langs ‘n polisievoertuig met polisiemanne in die agtergrond wat toekyk. Belaglik. Deesdae word alles mos eers “gemonitor” en dan word aksie geneem van die polisie se kant af. Hierdie kon verhoed gewees het.

jaco ·

nou hoe gaan dit nou lyk as die polisie, wat deur die ANC regering beheer word, keer dat n ANC-lid iemand aanrand? Dan keer die ANC mos die ANC? Dis hoekom die polisie niks doen nie.

ChrisE. ·

Dit laat my dink aan ‘n ou wat na ‘n pyl en boog skietkompetisie toe is. Daar is toe ouens wat appels van ‘n kind se kop afgeskiet het. Die skare wou toe weet wie die ouens was, die een ou sê “William Wiliam Tell” Die ander ou sê, “Robin Robin Hood”. Daar staan ‘n ou eenkant en dink ek kan dit ook doen. Hy kry toe die kind staanmaak met die appel en skiet die kind toe in die oog in. Hy sê toe Sorrie , Flippen Sorrie. As jy sorrie of askies sê, stap jy weg, sonder enigs letsels, liggaamlik of geestelik. In my kinderjare as jy skade aan openbare bates gerig het, het hulle jou poelieste toe gevat en die sersant of wie ook al het jou met die rotting gelooi.

Chrisjan ·

En met al die verdoemende bewyse EN die feit dat die beskuldigde homself oorgegee het, het die saak nogtans een jaar geneem … dalk is ek net pleinweg moedswillig, maar is dit hoe lank soortgelyke sake sloer?

aj ·

Wat het die ANC gedoen aan hul tak voorsitter direk ná die aanranding?

Is hy bevorder?

Die tronk gaan hom voorberei vir Parlement!

Onnie ·

Dis nou die voorbeeld wat die hoë koppe stel – kan ons dan van ons jeug verwag om anders op te tree? En verlekker julle verniet dat hy in die tronk gaan sit en swaarkry. As hy sit gaan hy soos n King lewe daar binne, genoeg korrupte amptenare wat na hom sal omsien.

Wilma ·

Hukom dink alle oortreders in vandag se politiek hul kan net om verskoning vra en alles sal hunky dory wees. Of is die massas tevrede met dit

Rh ·

Sorry after you’ve done it? No where near sorry you done it at all. You meant every kick and hit you gave without being sorry then.

Theresa ·

Wat help dit nou?! Vir hulle is dit ‘n helse prestasie en goeie publisiteit. En moet nie die öp die hande dra” vergeet nie.

Roger Rothner ·

Ek weet nie waar kom die nuus vandaan nie. Dis fake nuus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.