ANC-militêre veterane wek kommer

Lede van die veteranevereniging van Umkhonto weSizwe beskerm Luthuli-huis tydens die optog op 7 April 2017 (Foto: Siphelele Dludla/ANA)

Die optrede van die ANC se MK-veterane wek kommer en skep die indruk dat dit eerder ʼn private weermag is as werklike MK-veterane.

Só sê Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. “Die jeugdigheid van sommige lede wat deel is van die organisasie en wat in uniforms verskyn en selfs vuurwapens hanteer toon dat hulle beslis nie veterane en lede van Umkhonto we Sizwe kon gewees het nie.”

Groenewald het gesê private weermageenhede is onwettig en daar moet streng opgetree word teen hierdie tipe paramilitêre samestellings en optredes.

“Dit is ook onaanvaarbaar dat hierdie veterane aangewend word om Luthuli-huis te beskerm en te verdedig want dit beteken hulle word operasioneel aangewend wat ook nie toelaatbaar is nie. ʼn Militêreveterane-organisasie se doel is om oud-stryders op sosiaal-maatskaplike basis by te staan en te ondersteun en nie om operasioneel aangewend te word nie. Die VF Plus sal vrae in die parlement aan die minister vra oor die samestelling en aanwending van die MK-veterane,” het Groenewald bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig MK-veterane het verlede Vrydagoggend na Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad opgeruk in reaksie op die DA se betoging teen pres. Jacob Zuma. Nagenoeg 200 veterane het in militêre drag voor Luthuli-huis begin patrolleer en struggle-liedere gesing. Hulle is glo met busse aangery van so ver as KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jordaan ·

Dit kan dalk interessant wees om die vuurwapens ballisties te toets en vingerafdrukke te ontleed.

Andrea ·

Goeie idee. Is hulle dalk deel van die mag agter die skerms verantwoordelik v die plaasmoorde?

Tinus ·

Mense in soortgelyke camo was naby klerkdorp gesien langs die pad staan. Baie verdag gelyk. Dit was n week of twee voor die lithuli huis ding.

Johann ·

Hoeveel van die vuurwapens is onwettig, en ja, Pieter wat van kry die veterane van die ou bedeling dan ook maar in orde

HJ KRUGER ·

Ek is ten volle daarvoor. As daar enige aanduiding gegee word in parlement dat hulle nie van hierdie mag gaan ontslae word nie is dit die ideale geleentheid om die nationale weermag veterane tot stand te bring.

Blits ·

Ja dis regtig belaglik, van die klomp is jonger as 30 wat beteken hulle het met AK-47 in doeke rondgeloop, Ek stem saam met die VF+, dis n Zuma mag en beslis nie ou veterane nie, hoe min dink die sotte van ons en van die mense van Suid Afrika dat hulle hulle self wil voor gee as veterane, struggle liedjies ag shame hulle ken geen en niks anders nie, plaas hulle eerder n konstruktiewe bydrae in die sameleweing gee as om so aan te gaan oor ding en aspekte van politiek wat hulle nie ken of verstaan nie, dis n skande vir n persoon om hom of haarself voor te gee as n militere persoon as hulle geen geen opleiding gehad het en n lid van die SANDF is nie. en dan is party van hulle so vet, hulle seke die rolballe in die artillirie.
VF+ gee hulle gas, maar glo my hulle gaan nie optree teen hulle nie omdat die SANDF en die Polisie ook deel maak van die Zupta gade, Die ANC en die veterane is n JOKE, kyk eers was die veterane teen Zuma nou hou hulle weer hande vas

julius ·

Blits hulle is wel opgeleide terroriste. Hier word daagliks opleiding gegee en ook buite ons grense. Daar was al ondersoek gedoen maar dis toegesmeer.

tom ·

Hulle kry in die geheim opleiding ek sien mos op die platteland op sondae hoe ry hulle rond in kamo drag

John ·

Mag kamoefleerdrag in die openbaar gedra word? Waar kan ons dit koop? Is dit wasbaar? Is dit ook in M en L beskikbaar of net in XXXXXLLLLL? Is MK’s ook te koop of te ruil? En ‘n bruin nuwe tenk met goeie bande vir die slaggate oppad ‘mall’ toe…?

Hendrik ·

Ek wag vir die vonk wat die kruitvat gaan laat ontplof. Ons ken almal hierdie ouens se geskiedenis…..

Jean ·

Dit wek kommer maar NIEMAND doen iets daaraan nie doen ons/julle/iemand? Waar is die ander opposisiepartye se leiers? Waar is die regsmanne? Waar is die mense wat hulleself hier teenoor moet uitspreek? MAX?? Nou praat VF+ na wie niemand in elk geval meer luister nie. Ek wil graag weet as daar 200 oud (blanke) weermaglede was in ‘n hulle brownies of dit ook net ongesiens sou verbygegaan het? Daardie mense sou met geweld verwyder word en daarna sou hulle huise deursoek word en hulle van ‘hoogverraad’ aangekla word. Hierdie so-called MK lede het niks oorgekom nie, in volle mondering. Dis egter GLAD nie vreemd dat die veterane in hulle 20’gs is nie, dit is presies hoe dit in ZIM was. Die veterane in Zim wat gebruik is om die blankes van die plase te verdryf was meestal in hulle twintigs, soos ook nou hier die geval is, ons almal weet dit is nie Veterane nie, soos Black Land First se leier nie ‘n veteraan is of weet WAT in SA gebeur het nie. Dit is net die YOUTH LEAGUE wat ouens het van 30 en 40 ;) Dit is beslis onwettig maar WIE GAAN OPTREE TEEN HULLE??? Help nie julle wag vir die Parlementsitting nie, julle gaan daar uitgeboender en weggejaag word, julle MOET die LEGAL way gaan.

Recce ·

Kan net trug sit en smile. So veel om te se maar almal doen niks.

Pie van die Sky ·

Interessant om te sien how subtiel Zuma sy krygers in die publiek inbring as duidelike simbool van diktatoriale mag terwyl ons sogenaamde SAPS geen vinger gelig het om dit te verhinder nie… Inteendeel – hulle was gou op die toneel by Mary Fitzgerald Square om die opposisie stil te gaan hou. Wat sê dit mens? Verduidelik my asseblief hoekom “veterane” Luthuli House moes “beskerm” terwyl daar wel n Polisie en Weermag is? Suid Afrika is so ver down the rabbit hole van n Diktatuur, 95 % van hierdie land se mense is vas aan die slaap en besef nie wat r3g onder hulle neuse aan die gebeur is nie.

Blits ·

Jy is reg, spyker op die kop geslaan, dit kom met n spoed en ons aandag word afgetrek van dinge wat onder die dekmantel gebeur, die poliesie en die weermag is deel van KM en die in die leierskap is ZUMZUMGUP se maaitjies, Guptas het nie vernies hulle eie wapen vervaardigings maatskapy nie dis waar baie onwettige wapens ook moontlik vandaan kom, al die witmense se wapens word gevat, ons grond word gevat ons mense word deur militer opgeleide skriminkels vermoor en aangeval. vra julle af hoekom word daar niks aan gedoen nie???

bekommerd ·

die bekommerde ding van die hele storie is ek dink hulle maak kla reg vir n burger oorlog om te kom gouer as wat ons dink veral na die uitlatings van die burgermeester van Ekuhurleni dit gaan rof raak. ek dink meeste Afrikaners dink ag dit sal nie gebeur en relax te lekker, ek dink hier kom nog n groot surprise en daar is nie eens n aksie plan van ons kant

snoefie ·

ek het al dikwels gewonder how kan umkhonto so jonk wees. in alle waarskynlikheid RENT A CROWD.

Riaan ·

PG maak n baie baie geldige punt. Die ouens is nie veterane nie – bloot geindoktroneer en n geweer in die hand gestop. Dis onwettig en word gedoen omdat die regering dink hulle kan. So bly Afriforum bring hul eie vervolgingsgesag op die been.

Loeis ·

Hierdie sakie laat so paar vrae.

Die grootste daarvan is of hierdie jongmense opgelei word, en indien wel, met watter doel?

Dit lyk of dit net VF+ is wat hierdie vrae vra, en die oomblik wat dit gebeur is daar mense wie VF+ aanval of afmaak. Soos Jean hierbo, byvoorbeeld.

MANIE ·

Die sogenaamde veterane word deur niemand erstig opgeneem. Die regte veterane was net n klomp gehuurde klipgooiers. Hulle beteken net so min soos hulle koning. Die mense wat iets beteken het sit in die tronk nl, die boeremag lede. want weereens het n afrikaner hulle uitverkoop.

Tina ·

Zuma gaan nie oorgee nie. Hy gaan soos Mugabe die ekonomie vernietig en die wat die DA ondersteun en die “Zuma must fall” optogte reel (meestal wittes) aanval. Hy luister nie vir die Konstitusie nie en Rusland en China sal sy kommunistiese optrede steun omdat hulle van hulle voordeel daaruit trek. Hoe meer proteste teen hom, hoe meer rassehaat gaan die ANC aanwakker en die wittes vir alles blameer tot die “nag vd langmesse” Afrika volg nie die DA reels nie of Westerse wette nie en hulle luister vir Kommuniste wat die kompitisie net doodeenvoudig vermoor.

Tina ·

Zuma gaan nie oorgee nie. Hy gaan soos Mugabe die ekonomie vernietig en die wat die DA ondersteun en die “Zuma must fall” optogte reel (meestal wittes) aanval. Hy luister nie vir die Konstitusie nie en Rusland en China sal sy kommunistiese optrede steun omdat hulle voordeel daaruit trek. Hoe meer proteste teen hom, hoe meer rassehaat gaan die ANC aanwakker en die wittes vir alles blameer tot die “nag vd langmesse” Afrika volg nie die DA reëls nie of Westerse wette nie en hulle luister vir Kommuniste wat die kompetisie net doodeenvoudig vermoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.