ANC: ‘Misdaadbestryding werp vrugte af’

Argieffoto: SAPD, Facebook

Die ANC het Dinsdag gesê die algemene afname in misdaadsyfers van 1,8% oor die afgelope tien jaar is aanduiding daarvan dat die ANC-regering se misdaadbestrydingspogings vrugte afwerp.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Dinsdagoggend die 2016/17 misdaadstatistieke in die parlement bekendgemaak. Verskeie partye, organisasies en ander rolspelers het hul kommer oor die jongste statistieke uitgespreek en gesê dat dit duidelik is dat die polisie geen beheer oor misdaad in die land het nie.

Nonceba Mhlauli, woordvoerder van die ANC-koukus, het in ʼn verklaring gefokus op die misdade waar ʼn afname waargeneem is, soos ʼn afname van 4% in verkragtingsake wat in 2016/17 by die polisie aangemeld is in vergelyking met die vorige boekjaar. Kontakmisdaad het ook met 3,3% gedaal, terwyl aanranding met die doel om ernstig te beseer met 6,7% gedaal het.

“Hoewel ons voortdurend vordering maak in ons misdaadbestrydingspogings, is die styging van 1,8% in die moordkoers en 0,4% vir poging tot moord- sake ʼn rede vir kommer. Die skokkende toename van 6,4% vir roof met verswarende omstandighede en 14,5% vir landswye kapings is aanduiding van ʼn samelewing wat al meer onveilig en gewelddadig raak,” het Mhlauli gesê.

Sy het gesê dit is betreurenswaardig dat die misdaadstatistieke toon dat Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal die onveiligste provinsies is om in te woon, veral aangesien die meerderheid van Suid-Afrikaners in die stedelike gebiede gekonsentreer is ter wille van werkgeleenthede.

“Ons stem saam met minister Mbalula dat hierdie provinsies prioriteitsgebiede vir die polisie moet raak en dat die nodige ontplooiing van polisiebeamptes in hierdie gebiede noodsaaklik is.”

Mhlauli het gesê misdaadbestryding is een van die ANC-regering se top-prioriteite. “Ons is vol vertroue dat die regering sal voortgaan om sy progressiewe misdaadbestrydingstrategieë te verdiep en daardeur verseker dat alle Suid-Afrikaners veilig is en veilig voel. Ons wens die mans en vroue in blou, onder die bekwame leierskap van minister Mbalula en lt.genl. Lesetja Mothiba en hul spanne, geluk met hul voortgesette pogings om veiliger gemeenskappe te bou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Carel ·

Net so dink hulle ‘n slaagsyfer van 30% op skool maak jou suksesvol of st 3 is genoeg om ‘n president te raak.

Johann ·

Die vermetelde arrogansie! Trots te wees oor die vlak van anargie danksy n ANC LEGACY!!!! Gaan sê dit vir die wat agterbly, wat oorbly, nadat daar verwoes en vermink en vermoor en gesteel is! GEWETENLOSE PROPAGANDA!!!!!

Johan ·

Okay, dis die misdadigers se “rapport”, nou waar is die polisie s’n wat sê hoeveel van die moordenaars is agter tralies, hoeveel sake is onopgelos, uitstaande van vorige jare, en die opgehoopte sake. 500 000 + moorde laaste 20 jaar, maar net ‘n totaal van ongeveer 160 000 gevangenis in ons tronke. Ek sal verbaas wees as daar 10% van alle sake per jaar in daai jaar opgelos word, die agterstand nou te groot.

Vonkprop ·

Ja ek sou ook veilig gevoel het as ek heeldag met lyfwagte loop en met ‘n konvooi van blouligte van die een plek na die ander jaag, maar die gewone SA burger het nie hierdie voorregte nie so ja ons voel onveilig. En moenie dat ek oor ons boere begin praat nie. Dit is een bewys die polisie het nie dinge onder beheer nie. En ek voel regtig jammer vir ons eerlike hardwerkende polisielede, want julle is min.

Pietskiet ·

Nou verstaan ek ook dat ons nie meer kan tel nie want die regeering het wiskunde of geskaal.tot 20% die is n bewys want Suid Afrika is onregeerbaar alles moet brand en geplunder word

Boet Fasie ·

As ek nie ‘n ordentlike mens is nie het ek nou verskriklike skeltaal gebruik. Die arrogansie van die ANC en Minister van polisie ken net soos Zuma nie perke nie. Plaasmoorde , bende geweld en politieke moorde het seker verdubbel en die polisie se werksaamhede het seker met meer as helfde verswak

Nini ·

Ons almal weet hulle kan nie tel nie. Dis seker 18% op. What a joke!!!

Johanna Botha ·

Hoe werp dit vrugte af as al die syfers hoër is ….goeie jimmel geen wonder alles is n gemors want hulle verstaan nie eers die mees basiese syfers nie ! ….wat nog van n land se ekonomie probeer bestuuur. ASB anc die syfers is hoër so wat het verbeter …..WAT ?

Leahim ·

Werk slimmer registreer jou eie besigheid beveilig jou tot die beste van jou vermoë en trek die kostes van belasting af .

Johannes van Staden ·

O ja en SA is n wonderlike, veilige plek waar mens vrylik kan beweeg die ekonomie blom en almal in harmonie met mekaar lewe ….ja sure ….dis ook wat die dom anc sal glo as hulle dink dit gaan beter wat misdaad beref in SA.

Morné ·

Weet hierdie NARRE waarvan hulle praat… Ons pragtige land is nou ‘n “movie scene” waar gangsters mekaar op straat, lughawens en hospitale afmaai en sommer die wat hulle “uithaal” in karre los vir ons om te kry en ons kinders blootstel aan hierdie malligheid.

Toy ·

Ag asb. Baie gevalle word dalk ni eers aangemeld ni want baie mense voel daar kom net niks daarvan nie, nou lyk dit of misdaad in sekere gevalle afneem.

Magrietha ·

Julle is klomp regte nare wat ooplik steel (lieg) want leuns is n mooi woord vir julle en dan praat ek nie van moord nie dan lyk die styfers goed dan het dit weer hoog wel ek gaan nou beeste oppas dan trok en dan word ek die minster SA new Zim

Toeriste ·

Se hul dit nou vir toeriste wat sommer met aankoms geroof in die land geroof word

grap ·

Se niks van plaas moorde nie !!!! tel dit nie ook as misdastatistieke wonder oor daai een net

Rainbow ·

AG julle lieg, hoe werk die syfers? Een oomblik het dit met 77% toegeneem en dan kom julle met ‘n 1.8 % verlaging, julle lieg al so julle begin julle eie leuens glo. Erens kook julle die name en titels van die misdaad sodat dit lyk asof sekere misdade afneem, die enigste misdade wat “afneem” is die misdade wat mense nie eers meer gaan rapporteer nie omdat mense by die polisiestasies aangerand word of UITGELAG word .. ons almal weet plaasmoorde, gewapende roof en voertuigkapings het DRASTIES toegeneem .. moenie vir ons vertel perdebollie is vye nie .. julle het nou lank genoeg dit vir die Suid Afrikaners vertel en hulle het maar alles gesluk want hulle wil so graag GLO die REENBOOGNASIE werk so wonderlik!

Hendrik ·

Die paloekas is hoog in hul skik met 1.8%. Nou ma, kom ons gee hom en sy vrot ministers jaarliks n verhoging volgens dié prestasie…’n volle 1.8%! Dan kyk ons of die kwêlle nog so trots is op sy “prestasie”?

Schalk ·

Die persentasie moet seker lees 1.8 honderd miljoen ” He he Listen carefully people ” 1008 persent meer wees. Ek kan net dink dat iemand wat die statistieke uitreik letter en syfer getremd is soos ons weet wie?

Roelf ·

Bevelvoerders KOOK syfers of die stasie se misdaad prentjie “goed te laat lyk”. Sekere stasies het twee verwysings nommers. Klaer kry sy verwysing maar die misdaat word nie op hul MAS stelsel gereflekteer nie. Plaas aanvall word besigheids rowe om plaas aanvalle minder in voorkoms te laat lyk. Ek glo net 70% van die syfers. Hulle speel met ops koppe!!

Regtig ·

Dit sal daal…. want hoekom die moeite doen om enige iets te raporteer as asbsoluut NIKS daaraan gedoen word nie… so ja 3/4 van die mense wat deesdae deurloop onder “minder erge” geweld en roof doen nie eers meer moeite om dit aan te meld nie… mors van tyd… word wakker!

RB ·

‘n 1,8% verskil is statisties onbelangrik! Die syfer gaan nooit presies dieselfde bly nie, hier bietjie af, daar bietjie op. Dit is skandelik dat die Polisie wil voorgee dat hul “vordering maak”.

Vordering het slegs gebeur wanneer die eindbestemming op ‘n beter plek as die beginpunt is. Dit is duidelik nie die geval nie.

SYFERMAL ·

het Zuma die getal gelees????
want moontlikheid bestaan did verkeer total en al…..
nee minder dit raak erger…

Willie ·

Klink dit enigsins bekend?: “Seven-hundred and sixty-nine, eight-hundred and…seven-hundred and…listen properly, seven-hundred and sixty-nine thousand, eight-hundred and twenty and seventy members from one-hundred point two-million in 2012.”

Willie ·

Klink dit enigsins bekend: “Seven-hundred and sixty-nine, eight-hundred and…seven-hundred and…listen properly, seven-hundred and sixty-nine thousand, eight-hundred and twenty *clears throat* and seventy members from one-hundred point two-million in 2012.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.