‘ANC moedig geweld in landelike gebiede aan’

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Ian Cameron, AfriForum-hoof van veiligheid, sê die ANC en pres. Cyril Ramaphosa moedig geweld in landelike gebiede aan deur “aanspraak te maak op grond vir ‘hul’ mense”.

Cameron meen uitsprake soos dié van die ANC kan moontlik lei tot meer grondbesettings wat gevolg sal word deur toenemende teenstand van wettige grondeienaars.

Hy sê die ANC wek die indruk dat grond gevat kan word ondanks wetgewing wat tans steeds veronderstel is om grondeienaars se eiendomsreg te beskerm. “Gemeenskappe moet eenvoudig in groepe organiseer wat hulle toelaat om, binne die raamwerk van die wet, hul eiendom te beskerm,” sê hy.

Cameron meen grondeienaars moet seker maak dat hulle weet wat hul regte kragtens die beskerming van hul eiendom is. Die burgerregte-organisasie sal voorts help om gemeenskapslede verder op te lei deur praktiese oefening met betrekking tot eiendomsbeskerming.

Afgevaardigdes by die ANC se grondberaad die afgelope naweek het onder meer besluit dat grondeise deur plaasbewoners onmiddellik afgehandel moet word en titelaktes aan die eisers gegee word.

Afgevaardigdes by die beraad het ook gevra dat plaasuitsettings onmiddellik beëindig moet word.

“Daar is minstens 22 000 eise van plaasbewoners. Daar word ʼn beroep op die regering gedoen om op te tree en plaasuitsettings te beëindig en te verseker dat dit nie weer gebeur nie, veral in gebiede wat erg daardeur getref word soos in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga,” het Ronald Lamola, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), gesê.

ʼn Paneel binne die presidensie sal op die been gebring word om namens die regering uitsettings teen te staan.

Intussen het pres. Cyril Ramaphosa glo weer Saterdag tydens die beraad herhaal dat grondonteiening sonder vergoeding ál manier is om die kwessies van ongelykheid en armoede te takel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Dom ·

Ek verstaan nie dat titeaktes aan “our people” gegee moet word maar hulle wil al die grond ontein nie

Ronel ·

ou CR tref darem duidelike onderskeid tussen alle Sui9d-Afrikaners! Dis mos ooglopend wie is sy “our people”!

Willie ·

Ek het nie n oog haar vir CR nie, hy is verwant van Zuma en Malema….

Nel ·

Beslis meer uitgeslape en slimmer as die ander twee – gevaarlik.

Jacques ·

Hierdie is my persoonlike mening , maar as hier n oorlog in die land moet uitbreek sal dit gaan oor grond en dit sal die regering se skuld wees . Die regering is besig om die vuur aan te help wat grond aan betref en die wetige eienaars gaan dit nie duld nie . Hier kom n groot ding aan .

jakes ·

Die agbare staatspresident moet n voorbeeld stel deurom van sy plase se grond beskikbaar te stel vir arm suidafrikaners. Ek stem saam met Willie dat CR maar net nog n pion is van die regering wat SA die afgelope 24 jaar in die afgronnd in regeer het.

Daan ·

Hierdie cyril man was nog nie eers innie stoel gewees toe het my nek hare al begin rys, nou weet ek hoekom. Wat ‘n kosbare les geleer met Piet Retief geval ….. So van die os op die jas my opupa het my geleer, wanneer jy vir’ n dier kos gee, sit die bak neer en loop agteruit, moet nooit jou rug op die dier draai.

Cherokee ·

Terwyl Ramaphosa na die stoel gemik het was daar nogal ‘n hele spul positiewe aanmerkings vanaf vele van hierdie forum-lede.

Riaan ·

Word wakker mense, die regering gebruik jou geld om homself verder te bemagtig.
Die hoofstroom media probeer julle stilmaak en julle te beheer.

Lerato ·

Dit is belangrik om indien n vreemdeling n skuiling op jou grond oprig, om dadelik n saak van betreding by die plaaslike polisie aanhangig te maak.

Moet hom of haar nie self verwyder nie.

MARETHA ·

Grond is nie gelyk aan rykdom nie, het Zimbabwe dit nie aan die wêreld bewys nie???

Lewies ·

Dit gaan nie makliker word nie. Dit is baie moeilik om dit te aanvaar. n paradys-situasie is nie moontlik nie. Die wat nie het nie sal dit makliker vind as die wat het. Laasgenoemde is diegene wat baie sal moet weggee. Bly net binne die wet wat julle ookal beplant.

Jaco ·

Wat se titelaktes wil hul aan die eisers gee as die staat alle grond wil onteien om te herverdeel? Mis ek iets of gaan net blanke grond onteien word en die nie-blankes wel nog eiendomsreg en titelaktes he?

TDW ·

Ek is bietjie outyds en het nie facebook of twitter nie, maar ek is op quora. Op die oomblik lees ek oor mense van Israel, Duitsland, Amerika, ens. Die probleme is wêreldwyd. Die dubbele standaarde. Die grond kwessies, ens. Ek leer baie van mense se opinies en quora gee Suid Afrikaners ook ‘n kans om hul griewe te stel en so leer die ander lande ook van ons griewe waarvan hulle nie bewus was nie. Dis nie die rondslinger van dreigemente soos op twitter nie, maar intelligente gesprekke. Al die lande het hul probleme. Partymaal voel ek beter om te weet ons is nie alleen in die gemors nie. Baie meer mense beweeg na “regs” want die ekstra probleme wat ‘n regering kan uitrig deur in te meng in die sosiale aspekte van ons lewens maak mense se oë oop. Moenie bekommerd wees nie, dinge sal wel nog draai. En dit gaan nie net hier draai nie, maar reg oor die wêreld.

Joshua ·

Wat doen hierdie patetiese onbevoegde korupte regering met die reeds 4000 plase in hul besit?

Mrs H ·

Cyril, we’re also your people with SA birth certificates! What would you like us to appologise for? For being born in a country just like you, where many people from all races made big mistakes? Where does your hate come from? Did we all not work toward reconciliation succesfully? Why are you dammaging it all that we’ve worked so hard for? You’re making huge mistakes sir. To fix and reconsile after THIS mess, will be impossible if you continue implementing anti-democratic laws and actions. It motivates unwanted racism sir. Please don’t???!!! You’re an old man, but informed, experienced, successful and rich. Please think of all races’s innocent, young, uninformed and inexperienced leaders of the future you are teaching hate and resentment which is the opposite of Mandela’s democratic ways, that we all gave cooperation with great results. Why break it? Is this negative hatefullness truely your legacy that you would like to leave behind Cyril? We actually expected you, because of our respect for you, to fill a man like Mandela’s shoes. Is it too much of a tall order? It really doesnt matter how we got here, but what matters now, is where we’re going and how to get there. Please Cyril, it is not too late for you to make SA the true democratic rainbow nation it once was?! You have all our support in helping you to get there sir, but don’t lead us to war plse?

Vegter ·

Ek weier om dit wat ek betaal en hard voor gewerk het net weg te gee
Ek brand my plaas self af

Ronel ·

Ek ook Vegter, ek steek eerste my huis se plankvloere aan die brand en laat net ‘n murasie oor! Ek het my huis nie verniet gekry nie, ek betaal elke liewe maand my lening af!

foxi ·

Hulle kan maar my grond kry, my huis en my skuld. As hulle dit kry, gaan my huis in elk geval afgebreek word om n pondok langs die huis te bou. Grondbelasting, water en ligte gaan nie betaal word nie. Daarna gaan daar n getoi toi word hulle het nie krag en water nie. Gemors sal sommer op die straat gegooi word en wat voorheen n mooi tuin was, sal n spaza winkel aanmekaar gekap word. Jammer, maar dit is feite.

Grassie ·

Ramaphosa is ‘n groter bedreiging vir die voortbestaan van witmense in die land as wat Zuma ooit was. Zuma was bloot ‘n magsbehepte plunderaar wat homself verryk het waar hy kon. Ramaja is ‘n perd van ‘n ander kleur – hy is uitgeslape en listig Hy skep ‘n front van ‘n goeie leier wat die land gaan regruk, gaan flikvlooi selfs by die Kwien en me May (en word ‘n paar miljoen pond in die hand gestop daarvoor), die groot redder. Maar op die tuisfront lyk dinge anders. Hy het homself onomkeerbaar verbind tot ‘n beleid van grondroof sonder vergoeding, wat hy in die grondwet gaan verskans. Kritiek uit die buiteland gaan afgemaak word met “dit staan in ons grondwet, dit is dus nie onwettig nie.” Hy sê openlik dat die doel van die wetgewing gaan wees om grond by witmense te vat en aan “our people” te gee. Ons is dus nie meer “our people” nie, ons is indringers wat soos onkruid uitgeskoffel moet word.
Dankie aan Afriforum. Hulle is op hierdie stadium die enigste organisasie wat aktief baklei vir ons voortbestaan. Daar is ‘n paar ander ook maar hulle is meer bek as binnegoed.

Blue Butterfly ·

Ek stem 100% saam met jou Grassie. Ek wens meer blanke afrikaansprekende mense wil finansieel bydra tot Afriforum wie ten minste baklei vir eiendomsreg. Ek self voel soos ‘n onwelkome gas in my eie land en is al keelvol vir wat hier aangaan. Ekself sal ook my eiendom tot die grond toe afbrand as die ANC regering dit wil onteien.

Rynhardt ·

Geen verrassing dat Anc agter gewld in land sit nie.Anc streef na sy droom van Azanie!!Afrikanertjies julle bly in ontkenning leef.Cyril en Anc gaan jul van alles stroop,soos wat jy n mielie-stronk stroop vir sy pitte!Gaan doen n studie oor kommunistiese lande sodat jul kan sien wat daar gebeur het,gaan ook in SA gebeur.

Ben ·

Hoe is dit moontlik dat jy vir meer as tien jaar tweede in bevel is en nie weet wat die top ou doen nie? Jy is of blind of totaal en al onbevoeg. Hoe se hulle – Die deler is so goed soos die steler, daarom het regstelsel so ‘n konsep van medepligtig. Dieselfde geld ook in Zimbabwe.

Sakkie ·

As die eiendom nie op die mense se naam geregistreer word nie hoe gaan hulle grondbelasting betaal en ander dienste betaal of gaan dit afgeskaf word vir almal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.