ANC moet Kaapstad derduisende betaal oor plakkate

Argieffoto: isdei.blogspot.com

Die ANC moet opdok vir byna R400 000 se onbetaalde dienste in die Stad Kaapstad. Dit nadat hulle nie hul verkiesingsplakkate verlede jaar verwyder het nie.

Die Wes-Kaapse streekshof het vroeër vandeesweek in die guns van die Stad Kaapstad beslis nadat die Stad hom vroeër na die hof gewend het oor ʼn yslike bedrag van R396 380,94 wat die regerende party aan hom verskuldig is.

Ian Neilson, adjunkburgemeester van Kaapstad, het Vrydag aan Maroela Media gesê die Stad moes ná verlede jaar se algemene verkiesing ʼn kontrakteur betaal om die ANC se verkiesingsplakkate reg oor die stad te verwyder nadat die party versuim het om dit te doen. Neilson sê die regerende party is die enigste party wat nié hul plakkate ná die verkiesing verwyder het nie.

Volgens Neilson het partye etlike weke om dit te doen.

Die Stad het die rekening aan die ANC gestuur nadat hy die plakkate namens die party verwyder het en daar is ooreengekom dat die party sy skuld in paaiemente van R50 000 per maand sou vereffen. Die party het egter nie dié betalings nagekom nie, waarna die Stad hom na die hof gewend het.

Die hof het Woensdag beslis die ANC moet die bedrag plus rente ten volle vereffen. Die ANC moet ook die Stad se regskoste dek.

“Ten einde ʼn stad doeltreffend te bestuur, moet almal by die reëls hou en hul verantwoordelikheid nakom. Indien dit nie gebeur nie, moet hulle die gevolge daarvan dra,” sê Neilson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mienks ·

Net nog ‘n rede hoekom mens nie vir die ANC moet stem nie, hulle kan nie eers hulle eie gemors skoon maak nie, maak net meer gemors

Andre ·

So gaan dit.’n Kultuur van doen wat jy wil en betaal wanneer jy wil.

Koos ·

Regso! Vatso! Baklei met alles wat ons kan teen die korrupte verrotte ANC onderdrukkers en misdadige beleidmakers en hou hulle verantwoordelik.

Leon ·

Glo dit, maar Pretoria het nog steeds verkiesings plakkate op sommige pale.

Scalla ·

So maklik soos val uit die boom, laat die werkloses dit afhaal en vergoed hul per plakaat, dit is immers werkskepping!!!

Genis ·

Pretoria is ook nog besmet met sulke placate…dink as mens soek sal mens nog Neson Mandela en Thabo Mbeki plakkate nog kry..

JM ·

Sit liewer in die parlement en kerm oor die verlede in plaas daarvan om hulle bepaal by dít wat werklik van belang is.

Toy ·

Is reg dat hulle begin betaal, kyk hoe lyk dit waar hulle die oorhand het.

Wondermaarnet ·

En stad kaapstad dink regtig hulle gaan die geld ontvang van die ANC??? LOL hulle sal uitstel en uitstel en dan is dit weer die een kommissie op die ander wat moet ondersoek instel en so word miljoene se regskostes en ondersoek kostes gemors.

Niklaas ·

Goed so, laat hul betaal . Daai plakkate moet met dieselfde ywer afgehaal word as die vasmaak aksie.
Laat die mense leer.

Pieter ·

R400 000. Dit vereis weer ‘n transitorooftog om die geld sonder terugbetaling verpligtinge te ontvang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.