ANC moet Kebble-geld terugbetaal

Brett Kebble

Brett Kebble

Die hooggeregshof in Kaapstad het die ANC beveel om miljoene rande wat die party by die vermoorde mynmagnaat Brett Kebble gekry het terug te betaal, berig die Sunday Times.

Die hof het die ANC se poging om die skenkings van R14 miljoen deur die Kebble Buitendag Investment-trust te hou, van die hand gewys. Ander politieke partye wat ook skenkings ontvang het, het reeds die geld terugbetaal.

Volgens die berig is die trust gebruik om guns te probeer wen by politici. Die ANC het talle hofaksies van stapel gestuur om te probeer keer dat hulle die geld moet terugbetaal. Die party het versoek dat die trustees moet bewys dat die boedel insolvent was toe Kebble die donasie gemaak het.

Volgens hofdokumente voer die trustees aan dat die ANC se aansoek ‘n vertragingstaktiek is, berig die Sunday Times. “Die aansoek is oneerlik, sonder enige meriete en ‘n misbruik van die proses. Dit is ‘n vertragingstaktiek wat gebruik om die finalisering van die proses te frustreer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Grassie ·

Miskien is dit nie omdat hulle nie wil nie, maar dat hulle nie kan nie. Daardie geld het moontlik, getrou aan Afrika tradisie, laaaankal in ‘n paar comrades se sakke verdwyn.

Peter Says ·

Mmmm, baie Diep sakke, die hande kan nie daarby uitkom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.