‘ANC moet leer om politiek uit sport te hou’

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

Die VF Plus het in ʼn verklaring gesê die ANC-regering se oordrewe beheptheid met ras, ook op die sportveld, is goed geïllustreer deur die minister van sport se oorhaastigheid om met die Supersport/Ashwin Willemse-voorval dadelik kant te kies en sonder meer van die voorval ʼn rasse-kwessie te maak.

“Supersport het nou self met ʼn ondersoek bevind die voorval het niks met ras te maak nie en die minste wat minister Tokozile Xasa kan doen is om aan alle Suid-Afrikaners om verskoning te vra dat sy Willemse se mede-aanbieders deur haar ondeurdagte optrede met die rassekwas bygekom het,” het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, gesê.

“Die regering se beleid oor sport is om minderheidsdeelname deur gedwonge kwotas eindelik uit te skakel en nie net te skei soos met apartheid nie. Die vorige minister (Fikile Mbalula) het nasionale sportliggame in dié verband selfs gedreig met onttrekking van akkreditasie en ʼn verbod aan internasionale deelname.

“Artikel 9(1) van Suid-Afrika se Grondwet stel almal is gelyk voor die reg. Artikel 9(2) maak voorsiening vir die regstelling van ongelykhede in ons samelewing. Daar is niks fout daarmee om ongelykhede te behandel nie, maar dit moet gedoen word deur die skep van gelyke geleenthede en nie gelykheid van uitkomste ten koste van minderhede nie.”

Alberts het verduidelik die terme “transformasie” en “demografiese verteenwoordiging” wil gelyke uitkomste verseker, en die VF Plus is van mening dit is ongrondwetlik, aangesien dit in stryd staan met artikel 9(2).

Dit kan aan die hand van ʼn Grondwethof-beslissing as volg verduidelik word:
• Transformasie vereis kwotas in die vorm van demografiese verteenwoordiging. Die Grondwethof het beslis dat ras slegs een van die faktore kan wees by regstellende aksie aanstellings.
• Die hof het ook bevind dat kwotas onwettig is.

“Indien ons kennis neem van die feit dat baie sportmanne en -vroue in diens van sportverenigings is, dan is enige optrede van die regering om kwotas af te dwing om demografies verteenwoordigend te wees, inherent ongrondwetlik.

“Ook van belang is dat artikel 9(2) diskriminasie in die vorige en huidige bestel aanspreek. Dit beteken dat enige diskriminasie deur die regering wat vandag plaasvind, ook reggestel moet word. Die implikasie is dat ‘n sportspan of sportsoort wat te veel swart deelnemers het, verander moet word om minderhede te akkommodeer. Sokker is ʼn voorbeeld waar wit, bruin en Indiërs meestal onderverteenwoordig is,” het Alberts bygevoeg.

“Die absurditeit van sosiale manipulering kan duidelik hieruit gesien word. Meriete moet die enigste maatstaf in sport wees. Persone wat om die verkeerde redes gekies word, is gedoem tot mislukking en dit is net hierdie mense en sport in sy geheel wat daaronder ly aangesien toeskouers wegbly en inkomste daal. Almal verloor in die proses.”

Alberts beveel aan dat gelyke geleenthede eerder geskep moet word. “Sportmanne wat presteer is geliefd en gewild onder alle toeskouers, ongeag hul kleur. Dit is daarom belangrik dat die regering daarop fokus om geleenthede te skep, veral in die arm gebiede waar bykans geen sportvelde of afrigters is nie. Ek het die vorige minister Fikile Mbalula gereeld gevra waar is sy sportvelde in die minder gegoede gebiede. Wat word gedoen met die geld wat die fiskus aan sport toewys? Ek wag steeds op ʼn antwoord.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

AD ·

Kan die minister aangevat word asb. Of gaan die Wereld maar ook meer bewus word van haar om druk op ons regering te sit. Ek dink dis n goeie idee. Altwee

Janneman ·

Afriforum, ons benodig n veldtog teen hierdie regeringsamptenare wat rassehaat aanblaas en hul bes doen om apartheid lewendig te hou.

Al ·

Ek stem saam met jou! In die proses word probeer sy Mallett en Botha se name te beswadder. En joernaliste wat die morsdooie apartheidkoei probeer uit die dode wek wil sy 15 sekondes van ‘roem’ op die seepkis hê.

Rabes ·

Die sogenaamde minister van sport is volgens my onbevoeg om daardie posisie te beklee. Ek wet julle vra ‘n paar eenvoudige vra oor sport en sy kan dit nie beantwoord nie. Hoe kan onbevoegde en onbekwame persone die poste beklee? Dit sê vir my die persoon wat hulle in die poste aangestel het is ook maar pateties.

Johan ·

Dis nie net die Minister van Sport wat onbevoeg, onbekwaam en pateties is nie. Daar is ‘n paar Ministers wat in daardie kategorie val. Maar ja, jy is 100% korrek.

thinus ·

Groot debat vanoggend op RSG oor die verkleineering van AW, na bewering die oorsaak van die spektakel. Snaaks nie een van die sprekers het enigsins verwys na swak werksprestasie nie, het hulle dit dan nêrens gehoor of gelees dat dit die eintlike rede is nie? Wel dit is ook net hoorsê – maar so ook die storie oor rassistiese meerwaardigheid.
Nou wil ek net weet, as dit waar is dat AW se werksprestasie nie na wense is nie, moet hy verskoon word op grond van sy velkleur?

Pieter ·

Die enigste politieke party wat nog sin maak en nie te bang is om n graaf n graaf te noem nie is die VF+,volgende jaar sal ek die eerste keer in my lewe vir hulle stem nadat die DA leier my ernstig teleurgestel het met sy white priveledge nonsens.

Koos ·

Dis oor kiesers soos jy wat blindweg die NP/PFP/DP/DA gesteun het dat ons sit waar ons sit vandag.

Boland ·

Sal my eerste keer ook wees.DA leier is n grap.Ook maar n verkleurmannetjie.

Bonnie ·

Net so Pieter en Boland – van my ook nog een stem by vir die VF+. Wat die ANC se minister van Sport betref-sy stel blykbaar glad nie belang in feite op die tafel, voor sy uitsprake maak nie. Nou wonder ek net … hoe neem sy ingeligte besluite ?

Henk ·

Hierdie minister het ruiterlik erken dat kwotas in sport afgedwing word. Die IOK sowel as die IRB verbied ondubbelsinnig enige vorm van politieke inmenging in sport. Gaan SA se sportspanne nou weer geskors word om die regering te dwing om sy inmenging te staak ?

SjN ·

Kry die sport(s) minister nie skaam oor haar eenoog besluit alvorens die ondersoek afgehandel is nie, dit reflekteer haar integriteit en gebrek aan bevoegdheid. Resperk word verdien. Met die verkleining van die parlementslede is sy en n paar ander kandidate hopelik op die kortlys.

Willem ·

Ek het vanaand die fliek “Hairspray” met John Travolta in nogal geniet, en toe bring hulle politiek is, toe kom sit ek maar weer voor die rekenaar!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ben ·

My insiens is sport ‘n nauurse onstspanning. Dit is dus privaat. Ek voel sterk dat die pos van Minister van Sport geskrap moet word. Dit is ‘n onnodige staats uitgawe. Dit is ook waarom daar soos in die artikel hierbo nie bewyse van hulle besteding is nie asook geen bewyse van enige sport wat bevorder is nie.

Jaap ·

Asb asb asb vat dit verder.
Mask seker sy vra omverskoning vir Mallett en Botha.
Sy weet nul van sport,hoe sy minister geword het sal net die man op die maan weet.

Jaap ·

Dankie ek sal ook nooit weer enige donasie of kaartjie koop of gee vir enige instansie nie.
Vra eerder die wat oral ingedruk word.
My stem en geld is nie meer goed genoeg nie.
So cheers

Pietman ·

Het ons werklik ‘n logiese, gebalanseerde, deurdagte, objektiewe mening van ‘n Minister verwag? Dis gewoonlik ‘n skiet eers sonder om die feite te evalueer” benadering.

Juffrou ·

Ook na rsg geluister vanoggend. Heelwat bruin mense (selfs in die ateljee) het gesê hulle voel ook ander sien hulle as “kwotas” ens. Ek probeer eerlikwaar verstaan waarom hulle so voel. Ek wonder of bruin, pienk, swart en oranje mense besef dat ALLE mense soms “minderwaardig” voel. Dis normaal. Altans, dis wat ek daagliks ervaar waar ek letterlik elke dag met meer as n duisend jong volwassenes werk. Is dit nie eerder n geval van n individu se eie onsekerheid (soos wat elke liewe mens op aarde met tye ervaar nie) wat nou aan n ras gekoppel word nie? Ons het nog heelwat te leer by en van mekaar, maar solank almal dadelik rasgekoppelde vingers na mekaar wys, gaan ons beslis nie brûe bou nie.

Fanie ·

Sodra politiek by sport ingebring word is dit klaar nie meer die beste span wat verkies word nie spelers moet gekies word uit prestasie ongeag die ras maar alles is net n groor korupte rasistiese gemors in suid afrika en ramaposa hits net nog meer geweld en rasisme aan hy is nie n president se ou skoene werd nie

stephen ·

Willems moet die eerbare doen en bedank , want hy het sy mede aanbieders en werkgewer in verleentheid geplaas . Hoe kan hy langer saam met hul kommentaar lewer. Ons lykers sal in elkgeval skepties wees met sy kommentaar . Hoekom moet Mallet en Botha afgedank word minister ? net omdat hulle wit is ?

Oubaas ·

Ons voel vir Rassie jammer wat ‘n Springbokspan sal moet saamstel om die ANC tevrede te hou en dan verwag ons van hom om die wedstryde te wen met so ‘n span.

henk ·

Ek sal nie ‘n woord glo wat Willemse uiter nie – hy suig dit uit sy duim omdat hy nie ‘n dag se werk kan insit nie.

Dennis ·

Minister van sport…rerig??…hoe het jy gedink jy kan in so n pos sit en sin maak?? Jou uitlatings is rasisties gedrewe en baie partydig…… want jy het duidelik nie na al die feite gaan kyk nie. Doen jy die regte ding en tree liewer uit jou pos asb! En Willemse jy kon jouself nie keer om geintimideer te voel deur die apartheidsjare nie….Jy is immers n kans gegee om jouself te bewys en jy kon uiteindelik net 19 wedstryde volhou….hoekom so min?? Is dit ook iemand anders se skuld….?…wat is fout met jou en jou uitlatings….tyd het aangestap en dis lankal verby man. Doen die regte ding en bedank asb.
Vat vir Mallet en Naas weg en kyk wat gebeur met die kykers syfer……….oppas!!

Anoniem ·

Kom ons wag en kyk wat die bevindings is. Een ding is egter vir seker, Nick Mallet sal nie sy mond hou as hy nie saamstem daarmee nie. Die waarheid sal wel êrens uitdop.

theo ·

ek is so bly, oor die debakel, maar dit is die anc wat ashwin willemse die naam van kwota speler gegee het, maak nie saak wat die minister van sport sê nie, hierdie naam- kwota- is deur die anc gegee. dieselfde geld vir heirich van rsg waar hy gesê het dat hy ‘n bee aansteling is en dat hy die job kan doen, maar daar was persone wat die job beter kan doen, as heinrich, maar wat nie genooi is na die onderhoud nie. Die enigste manier waarop mense kan roem dat hulle die beste is, is wanneer almal na die onderhoud genooi is en jy is beter as almal.

Wilma ·

Minister seke gn kennis van enige sport. Mos ma net da vi salaris soos so baie vandag in SA

Sophia ·

Trots op die VF+ en hulle repliek op dié simpel debakel, Mooi So! Ek het met die vorige verkiesing vir hulle gestem en was nog nie een dag spyt nie! ‘n Party om op trots te wees!!

Willem ·

Niemand weet op hierdie stadium regtig wat daar gebeur het en waarom Willemse uitgehaak het nie. Ook nie julle hier bo nie! Willemse het nie na kwotas verwys nie, waar kom julle daaraan? Lees gerus Barnard Beukman van Beeld se ewewigtige en rassionele rubriek vanoggend. Dan lees julle Llewellyn Prince se artikel in vanoggend se Die Burger, wat sekere aantygings maak en raai, myle van mekaar verwyder is, dan sal julle verstaan wat ek sê.

Die kommentators en sekere rubriekskrywers, ook die ANC en ministers, is verantwoordelik vir die rassesituasie wat hulle deurlopen opblaas. Hulle wil dit eerste aangryp om ras in ons kele af te druk. Dan weet hulle nie eens wat aanleiding gegee het nie!!!!!!!!

Prince ·

LYK EERDER ASOF JY DIE VIDEO GEMIS HET. Ashwin HET na homself as kwotaspeler verwys en na Naas hulle as APARTHEIDS spelers, so gaan sit nou weer voor die tv en REWIND die video en KYK HOM weer. GEEN rassisme kon by Nick of Naas opgespoor word nie terwyl die ministers steeds reken hulle was rassisties . .. GAAN KYK EN LUISTER DIE VIDEO ..

Willem ·

Van wat ek gelees het in Beukman se rubriek, ook self ervaar en kon hoor, het nie Naas of Nick na Ashwin as ‘n kwotaspeler verwys nie.

Kobus ·

Het niemand hier kinders wat sport doen nie. Kwota sisteem is deur die regering ingebring en word toegepas reg deur ouderdoms groepe en span sport soorte. Kinders word in posisies verkies bo wit kind omdat ras verteenwoordiging moet klop. Hulle veroorsaak die gruwel en dan kla hulle as hulle dit genoem word. In proewe vir krieket moet spelers van kleur(swart gewoonlik en omtrent die helfte) nie net meer span kry nie maar moet ook dan onder eerste drie kolf en bowl sadat hy nie voel hy is daar vir sy ras nie. Nee wat!!!!!! Regering bat nou vir altwee kante soos dit hulle pas. AW is nie meer welkom in my huis nie.

Thinus ·

Sport is daar vir ontspanning en ek waardeer dit dat die VF+ ook toegetree het oor die rassistiese debakel. My bekommernis is egter dat die minderheid blankes in die Staatsdiens ook op ‘n kwota aangestel en bevorder word. Die kamstige demografiese verteenwoordiging word toegepas om blankes te verhoed vir aanstelling en bevordering en verskeie kere as rede vir verweer gebruik. Die statistieke wat deur gegee word is volgens my vals en ek weet daar is verskeie staatsdepartemente wat basies geen blanke werkers het nie. Verder word blankes ook geensins bevorder nie en sal dan eerder bedank om ‘n beter heenkome te probeer vind. Dit is tyd om op te hou om behep te wees oor sport en eerder te kyk na ongeregmatighede wat die blankes indirek laat verarm en werkloos laat.

SKANDE ·

KLA DIE MINISTER EN MMUSI MAIMANE BY DIE MRK AAN … hulle het Nick en Naas onmiddellik as rassiste uitgemaak terwyl daar GEEN bewyse gevind kon word dat hulle enigsins rassisties was nie. Om iemand ‘n apartheidspeler en rassis te noem is OOK ‘n aantasting van sy menswees en regte .ROER HULLE!!

karel ·

Ons almal weet egter wat die waarheid is – ene Willemse wil graag krediet he vir werk wat hy nie doen nie.
Hy het homself ge’lable’!

Oom Gert Snr ·

Evalueer in konteks. My belewenis hoe ongegrond ookal, my kundigheid hoe beperk ookal, my toegewydheid hoe emosioneel ookal, en so kan mens aangaan om die “in dinge van die tyd” te gebruik. Wat van onderwys? Gesondheid? So kan die lys onbeperk uitgebrei word. Die vraag is hoe evalueer mens die “KONTEKS” Selfs die wat nie ‘n saak het daarmee nie. Wie gaan daaruit baat?

kas ·

Nie AW of NM of NB is op die veld nie.Ek kyk wat op die veld gebeur em maak my eie gevolgtrekkings en kyk objektief na die twee spanne se vertonings.Ek geniet my sport op die kassie maar ek weet een ding verseker AW het baie vyande gemaak met sy kinderagtige optrede.Hy kon na die tyd na SS toe gegaan het en ‘n klag ingedien het teen sy mede aanbieders en geen haan sou daaroor gekraai het nie.My beskeie mening is dat hy Naas en Nick wou verkleineer.Daarin het hy nie geslaag nie en dit lyk my die twee here is onskuldig.

Wonder net ·

nee kyk sonder om die artikel deur te lees wil ek net graag weet: Wil die ANC die rugbyspan nou ‘n tweede Bafana Bafana span maak? Kyk na ons sokkerspan! En kyk dan na ons krieket- en rugbyspanne. Wanneer om hemelsnaam gaan iemand besef dat Bafana Bafana hulle sokkies moet optrek as hulle op ‘n internasionale vlak wil deelneem?

Casper Labuschagne ·

Soos Langenhoven eens gevra het, “Hoekom is my politiek altyd rassisme en jou rassisme altyd politiek?” kan ons vandag sekerlik ook vra, “Hoekom is ons sport altyd rassisme maar hulle rassisme altyd sport?”

Erika ·

Mense word nie meer op Meriete / gekies nie.. Eerder grond van Ras weens inmening van ANC politiek. Want die Quota moet mos reg wees – Polities Korrek want daar moet mos meer van n sekere groep gesien word in rugby. Gevolg Rugby is nie op vlak wat hy moet wees nie. Sport is daar om geniet te word vir ontspanning sonder inmening van Politiek Kies mens op grond van Meriete Talente/Skill nie ras nie

Net weer ·

Het op radio gehoor NM het AW blykbaar o.a. oor sy taalgebruik (die verkeerde gebruik van “is/are”) reggehelp en dit is deur AW as “vernederend” ervaar. Dis een van die (anderste) eienskappe van die sogenaamde “wit” mense. As onnie ervaar ek hoe hard (lees: vol kritiek) ons “wit” mense is. Ekself is n vb daarvan. Ons dryf onsself, ons kinders en ons verwag dit van diegene wat dienste moet lewer, ens. Dus, as NM vir AW reggehelp het, wil ek net vir AW sê: “Wees bly jy is nie in mý huis nie.” As onnie help ek maklik iemand reg, want dis uit voordat ek myself kon keer – al bedoel ek dit hoé goed, word dit dikwels nie goed ontvang nie (en ek verstaan dit regtigwaar). Met ander woorde: wees dalk minder sensitief vir iemand se “reghelp”. Leer eerder iets daaruit en beweeg aan.

Oom Kalahari ·

NM en NB is heel onskuldig asook die dame wat kommetaar gelewer het was skoon verbaas oor AW se optrede en dit op ‘n wereldwye ope sport program. Hierdie twee here se rugby kennis is wyd en AW het baie te leer asook mense verhoudinge en om na die program dit met die twee individue en of SS te kon opneem. AW het waarlik swak stellings gemaak en rassisties opgetree en dit wat hy vir hul genoem het. Die jong dogter wat as Sport Min dien asook Maimane se uitlatings was ook ongevraag en bewys klaarblyklik met hul optrede hoe die munstk gegooi word. Op skole vlak kan mens al waarneem onder die kannetjies waar wit kinders goed in sport deelneem, maar weerhou word om die kwota stelsel toe te pas. Dankie VF vir jul dryfkrag.

Piet Smit ·

Ashwin Willemse moet maar met sy stert tussen sy bene onverskoning vra… Baie gerieflik gewees vir hom om rasse kaart te speel en almal wat daai rasse kaart speel aanboort te kry… Emotioneel en onnodig wat rugby ‘n sport wat die land gebind het te vernietig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.