‘ANC moet ‘naelstring’ met Zuma knip’

Thabo Makgoba, Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad (Foto: ANA)

Die nuwe leierskap van die ANC moet pres. Jacob Zuma so vinnig as moontlik vervang, het die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, Sondagaand gesê.

Makgoba het tydens die Oukersaanddiens by die St George-katedraal gesê hy kan nie sien hoe twee sentra van mag – een in die party en een in die staat – saam kan werk as hul waardes direk teenstrydig is met mekaar nie.

Hy het gesê die enigste manier hoe die ANC “ʼn skoon breek kan maak met die verlede” is om van Zuma ontslae te raak en dit op te volg met “noukeurige skuiwe in die kabinet”.

“As mnr. [Cyril] Ramaphosa wil hê die ANC moet ʼn nuwe begin maak, moet hy en die nuwe leierskap die naelstring vinnig en beslissend sny wat hulle met die Zuma-era verbind. Ons ekonomie faal, werkloosheid styg en die groep korruptes wat sien dat hulle invloed verloor, poog desperaat om te plunder wat hulle kan voor die party tot ʼn einde kom. Die verdeling in die ANC het boonop tot ʼn verlamming in besluitneming en die implementering van beleide gelei. Dis nou die tyd om te sê, ‘genoeg is genoeg’.”

Ramaphosa is op 18 Desember verkies as die nuwe president van die ANC by die party se 54ste verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

Ek hoop nie hierdie biskop word ernstig opgeneem nie. Ons kan nie nou bekostig om JZ te “verloor” nie. Sy teenwoordigheid tot begin 2019 is van kardinale belang in die land se poging om ontslae te raak van ‘n “struggle organization” wat probeer regeer het, en klaaglik misluk het. Nou kort hierdie land ‘n “achievement organization” wat ekonomie vertaan, en weet wat gedoen moet word om SA te laat blom…………voordat ons verby gevat word deur Zim!!

Burger ·

Johann , ek dink die land kan Zuma nog langer dra nie. Die koste en vernietiging is net te hoog. Hy is gevaarlik en moet so vinnig moontlik ontwapen word.

Die DA begin ook al hoe meer populisme najaag . Daar moet n goeie oposisie wees , maar die krake begin ook wys.

En dan is daar nog die VF plus. Saam met die AWB het hulle seker 5000 lede.

Johann Marx ·

Burger, kom ek probeer weer: Ons kan nie nou bekostig om jz te “verloor” nie, want as dit gebeur gaan die A&C die 2019 verkiesing wen (omdat hulle van nou af tot dan hulle aansien gaan herstel met CR aan die hoof), en dan sit ons met die A&C tot in der ewigheid. As jz nou aanbly, en ons verduur hom vir nog 12 maande, gaan hy die oorsaak wees dat die A&C die 2019 verkiesing verloor……….en dan is SA verlos van die “struggle organization” wat probeer regeer, en kan ons begin bou aan ‘n “achievement organization” wat nodig is vir die ekonomie, werkskepping, infra-struktuur onderhoud, industriële ontwikkeling, uitvoere, produktiwiteit………en al die dinge wat van hierdie land die ekonomiese reus maak wat dit was, voor die voete van klei oorgeneem het. Verstaan jy nou? As jz bly……….raak ons in 2019 ontslae van die “pap battery” waarmee die land sit. As jz nou gaan, vervang ons in 2019 die “pap battery” met net NOG ‘n “papper battery”……

jaco ·

tydens die ANC se struggle jare teen apartheid, was Makgoba se kerk in ‘n groot mate die “godsdienstige” stem van die ANC. Waaroor kla hy dan nou? Wat hy en sy kerk dan altyd so graag wou gehad het, het dan toe gebeur. Waarom is dit dan nou skielik nie meer goed genoeg nie?

John ·

Die kerk het duisende rande vanuit die buiteland ontvang tydens die apartheidsjare. Waar is die geld heen? Kerklikes en sendelinge het nie eintlik ‘n skoon rekord in die Suid-Afrikaanse geskiedenis nie, inteendeel…

N Lourens Reitz ·

Burger ek verstaan glad nie jou punt van argument of nee dit kan nie as ñ punt van argument wees nie dalk net kommentaar m.b.t. die laaste paragraaf.

Jacques venter ·

Daar moet onderskei word tussen beleid en praktyk. Beide ANC en DA het inklusiewe gematigde beleide.
Die probleem is dat die ANC se beleid en praktyk vreemd is vir mekaar agv uitgebreide korrupsie.
Sou Zuma aan bly as president, sal hy die 2019 verkiesiing verloor
Dit sal die EFF se steun verhoog. En almal weet hoe die EFF oor blankes voel.
So as Zuma uit is, is dit goeie nuus vir SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.