ANC, MRK bekommerd oor Afrikane in China

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

Die ANC en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het nou ook hul kommer uitgespreek oor berigte van beweerde diskriminasie en mishandeling van Afrikane wat in Guangdong-provinsie in China woon en werk. Die Chinese regering hou egter vol dat almal regverdig en met menswaardigheid en respek hanteer word.

Maroela Media het vroeër berig die Suid-Afrikaanse regering het verlede week sy kommer uitgespreek oor bewerings van diskriminasie teen Afrikane wat in China woon en werk. “As voorsitter van die Afrika-Unie (AU) is Suid-Afrika baie besorg oor berigte dat Afrikane swak behandeling in China ontvang, insluitend dat hulle sonder toestemming getoets word vir Covid-19, in kwarantyn geplaas word en ander onmenslike behandeling,” het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking in ʼn verklaring gesê.

Zhao Lijian, woordvoerder van dié land se ministerie van buitelandse sake, het in reaksie gesê alle uitlanders word gelyk behandel. “Ons verwerp ongelyke behandeling en ons duld nie diskriminasie nie.”

Die ANC doen egter steeds ’n beroep op die Kommunistiese Party van China om ondersoek in te stel na hierdie beweerde berigte en die toepaslike regstellende maatreëls te tref.

Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, het Sondag in ’n verklaring gesê die regerende party beskou die Kommunistiese Party van China as ʼn vriend en strategiese politieke en ekonomiese vennoot, aangesien China nie ʼn koloniale geskiedenis met Afrika het nie.

Volgens Mabe is die ANC ook bewus van die Chinese regering se verweer dat daar nie teen Afrikane in dié land diskrimineer word nie. “Ons doen ʼn beroep op die Chinese owerhede om die ondersoekproses te bespoedig sodat toepaslike stappe gedoen kan word,” het Mabe gesê.

Die MRK het intussen ook aangedui hy is bekommerd oor die berigte wat ʼn skending van menseregte soos menswaardigheid, gelykheid en ander verwante regte sou wees, sou dit waar wees, afhangende van wat werklik gebeur het.

“Die kommissie hoop dat regerings wêreldwyd sal voortgaan om mee te werk in die stryd teen Covid-19 en dat nie net sommige nie, maar almal sal erken dat stigma en diskriminasie niks doen om die stryd te bevorder nie,” het die MRK Sondag in ’n verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Boortor ·

Hulle kla by sjina oor diskriminasie maar in hulle eie land diskrimineer hulle teen almal wat nie swart is nie, en wat nie n lid van die anc is nie. So ek verstaan glad nie hulle( anc) se redenasie nie. Wat goed is vir die een is mos goed vir die ander, dan nie? Hulle moenie te veel lawaai opskop nie, sjina moet hulle nog geld gee na dese! In ruil vir wat sal ons maar moet wag en sien.

Fedup ·

Shame. It must be extremely hard to be a communist. They don’t make friends easily.
Lessons is hard to learn.

marius ·

Laat die verontregtes videos neem van die mishandeling en dan vir die mrk stuur . Hulle sal sekerlik vir sjina opfoeter ….

Althes ·

China is al lankal besig om SA en Afrika te koloniseer en is lankal nie meer ñ sogenaamde kommunistiese vennoot en vriend van SA nie – dis nog net die ANC wat met oogklappe na China kyk.

SomeOne ·

“Zhao Lijian, het in reaksie gesê alle uitlanders word gelyk behandel”, maar hy se nie dat sy mense en uitlanders dieselfde behandel word nie

Jacobus ·

Ons regering kan ook maar sy mede Afrikane beter behandel. Dit is nie nou die tyd vir politieke “posturing” en party bevoordeling nie. Dit is siek.

Jaco ·

china pas maar net die wet reg toe. as jy daar verkeerd doen, word jy behoorlik vasgevat. daars eintlik niks vreemds daaraan nie. dis hoekom dit n land is wat werk. niks ophemeling en verafgoding van “menseregte”nie.
Ek vermoed die Afrikane het gedink hulle sal in China ook wegkom met dieselfde kanse wat hulle so maklik in hulle eie lande vat.

Willem ·

Dis snaaks China is dan die held gewees. Dalk kan die SAKP help. MRK doen nie sulke groot gevalle nie ,Etsebeth is n goeie voorbeel. Anc slim vang sy baas.

Grassie ·

Hulle kla omdat hulle verplig word om getoets te word en onder kwarantyn geplaas word as hulle positief toets. Dit is mos op almal wêreldwyd van toepassing maar dit lyk vir my hulle wil uitgesonder word. Kla is endemies by die mense van Afrika. Kyk maar hier by ons op TV. Gee vir hom ‘n mirkrofoon en hy begin kla oor hoe onregverdig hy benadeel word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.