ANC muilband LP oor Zuma-uitsprake

Mondli Gungubele. Foto: Flickr/GovernmentZA

Gautengse leiers van die ANC het die LP Mondli Gungubele opdrag gegee om nie verdere uitsprake teen pres. Jacob Zuma te maak nie.

Dié verbod kom te midde van versoeke van Luthuli Huis dat Gungubele gedissiplineer moet word. Hope Papo, die ANC se provinsiale sekretaris in Gauteng, het gesê Gungubele het die geleentheid gekry om homself te verduidelik.

“Hy is hierna versoek om nie verdere uitsprake in die openbaar te maak nie. Hy het die advies aanvaar en homself daartoe verbind om dit nie weer te doen nie.”

Volgens Papo het provinsiale beamptes ʼn beroep op alle ANC-lede gedoen om nie openbare uitlatings te maak oor kwessies wat intern bespreek en hanteer moet word nie.

Gungubele, ʼn voormalige burgemeester van Ekurhuleni, het in die openbaar gesê dat hy die mosie van wantroue teen Zuma sal steun. Hy het gesê hy het geen vertroue in Zuma nie. Die mosie word op 8 Augustus aangehoor.

Gungubele se uitlatings kom kort nadat LP Makhosi Khoza soortgelyke uitsprake gemaak het en dit haar ʼn tugverhoor op die hals gehaal het.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het leiers in Gauteng gemaan om op te tree teen Gubgubele vir sy “onaanvaarbare” gedrag.

Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, moet nog besluit of die wantrouemosie deur middel van ʼn geheime stemming hanteer gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cas ·

Toesmeer-pogings gaan nie help nie. Daar is nou soveel veraaiers in die ANC dat jy nie meer weet wie is vriend of vyand nie. Omstandighede waarmee almal in SA blootgestel is, sedert 1994. Die wiel draai!!

Leeutjie ·

Ek dink ene mnr Mantashe self is nie inskiklik oor die Zuma sage nie maar hy gooi ‘n front. Ek dink as jy rerig ‘n stemming in afsondering moet he gaan jy verbaas wees hoeveel anti-Zumas onder die ANC lede is. Net te bang om te praat!!

Alida ·

Hoekom mag hy nie se hoe hy voel nie? Lekker hond eet hond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.