ANC neem beheer van Nelson Mandelabaai

Nelson Mandelabaai se nuutverkose burgemeester, Eugene Johnson, aan die woord tydens die vergadering, (Foto: Yongama Zigebe/Twitter)

Die ANC se Eugene Johnson is Maandag tot burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro verkies.

Dit was ʼn naelbytstryd tussen die ANC en die DA. Johnson het haar teenstander – Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap – met slegs een stem geklop.

Geen party het ʼn volstrekte meerderheid stemme tydens die munisipale verkiesings verwerf nie en partye was dus afhanklik van koalisies om te besluit watter party se kandidaat die belangrikste amp gaan beklee.

ʼn Bittere leierskaptwis tussen die DA en ANC woed reeds etlike jare in dié munisipaliteit, met die DA wat die laaste keer in Desember 2020 die leisels by die ANC oorgeneem het.

Die ANC se Johnson het Maandag egter 60 stemme ontvang teenoor Bhanga, wat 59 stemme ontvang het.

Die raad bestaan ​​uit 120 setels en slegs een raadslid was tydens vanoggend se raadsvergadering afwesig toe die nuwe raadslede ingesweer is.

Die ANC beklee ook die pos van onderburgemeester nadat die ANC-raadslid Bulelwa Mafanya onbestrede tot onderburgemeester van Nelson Mandelabaai verkies is.

Gary van Niekerk van die Northern Alliance is intussen tot speaker van die metro verkies. Ook hy het die DA met slegs een stem geklop.

Die metro se raad is eweredig verdeel tussen die ANC en DA, wat elk 48 setels beklee. Die EFF beklee nege setels, die Nasionale Vergadering drie en die ACDP en VF Plus elkeen twee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

SirDikDeDunnerin ·

Daar dit n gesoute DA lid is wat nie die verigtinge by gewoon het nie – is dit heel moontlik die DA wat nie as minderheidsregering n stadsraad wou beheer waar elke besluit tot wanorde kon lei.
Eerder wanordelike ‘bestendige’ plaaslike reg. as wanorde. Die groot risiko is om n verkiesing af te dwing, dink die DA sal steun verloor.

Om 60 – 60 uitslag te kry meen van die EFF het vir DA gestem.

Dup ·

Die begin van die einde…..korrupsie en bedrog is terug in dié metro en dienslewering by die agterdeur uit.

Hettie ·

Happy Happy ! Daar trek die gravy train ! Hou die spasie dop , een skandaal na die ander begin binnekort !!

JACF ·

Ons geniet die kommentaar rondom die uitslag.
Het enigeen gedink of dalk vermoed dat dit anders sou gaan.
Elke burger van hierdie mooie land het sy laaste kruisie wat enigsins sou tel lank lank gelede getrek.
Hou dop, chaos aan die kom.
Die wat dit nie wil glo nie, dink maar terug na die voorspellings van daardie uitverkoop stemming wat plaasgevind het. Elkeen in die land was gewaarsku.
Sterkte met jul uitslag!!

Samuel ·

Port Elizabeth was eens ‘n trotse, mooi stad en nou is alles vervalle, in sy maai.

Blikkies ·

Die mense wat vir die ANC gestem het wat van nou af gaan kla oor alles wat verkeerd loop, Moet maar vir hulle kry…, ek voel g’n meer jammer vir een van hulle nie.

Misky ·

Sterkte Nelson Mandela Baai. Dis die begin van die einde vir julle en gaan net vrotter raak daar

Jannie van Niekerk ·

Vaarwel Nelson Mandelabaai. My innige simpatie met julle komende afsterwe.

Samuel ·

Andermaal vyf jaar van verval vir Nelson Mandelabaai. Ek hoop net die DA gaan ‘n goeie opposisie vorm en nie probeer om arrogant te wees nie.

Christo ·

Ag dis nou jammer, ek is baie lief vir PE. Face-it, alles waaraan die ANC raak raak weg of breek en die sal nie anders wees nie…

Johnny ·

Port Elizabeth was altyd “die vriendelike stad”.
Nou is Nelson Mandelabaai vir die soveelste keer in sy maai.

Dries ·

Die silwer randjie is dat 2024 verkiesing voorlê. DA VF+ moet nou inklim en die ANC se korrupsie daagliks uitwys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.