ANC neem DA-wyk in Limpopo af

Bela Bela-verwelkomingsbord (Foto: lovetour.co.za)

Die ANC het ʼn wyk in Limpopo by die DA afgeneem en die DA het twee ander (in Mpumalanga en die Vrystaat) gemaklik behou in vandeesweek se munisipale tussenverkiesings.

Boetie Maname (ANC) het Bela-Bela, wyk 9 (die buurte Spapark, Radium, Noodhulp en Masakhane in die voormalige Warmbad), by die DA afgeneem met ʼn swaai van 7 persentasiepunte na die ANC en ʼn meerderheid van 49 stemme nadat DA-gesinde gebiede se kiesers nie in dieselfde getalle as in 2016 gaan stem het nie.

Maname het 866 stemme getrek teenoor 817 vir die DA, 96 vir die EFF (dit is ʼn marginale verbetering) en 19 stemme vir Cope.

ʼn Bekende gesig het ʼn groot DA-oorwinning in Lekwa-munisipaliteit se wyk 10 (die middedorp van Standerton in Mpumalanga) behaal. Rosier de Ville, voormalige KP-LP vir Standerton, het 937 stemme gekry teen 150 vir die ANC en 20 vir die EFF.

Dit verteenwoordig ʼn swaai van 11 persentasiepunte na die DA, met ʼn baie kleiner aantal kiesers as in 2016 wat gaan stem het. Opmerklik is dat daar geen kandidaat van die VF Plus was nie.

Daar was ook geen VF Plus-kandidaat in Metsimaholo se wyk 18 (die woonbuurt Vaalpark in Sasolburg) nie.

Ruanda Meyer (DA) het 995 stemme gekry teenoor 76 vir die ANC en 25 vir die EFF. Dit verteenwoordig ʼn swaai van 8 persentasiepunte na die DA vergeleke met 2016, maar te midde van ʼn veel laer stempersentasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Henk du Toit ·

Niks gewen nie. EEN Verloor maar twee behou. Ons jubel oor? Jaaaaay! Goeddan klaar gejubel oor die ANC-lite.

Vincent ·

Opmerklik inderdaadgeen VF+ kandidate nie. Die verkrampte regses sit seker en Maroela Media en dophou eaaroor hulle volgende kan moan….

bollie ·

Jy vat dit raak. Negatiewe klomp wat gou veroordeel maar hul eie party skitter in hul afwesigheid. Useless.

Hansie Slim ·

Vincent, as jy so moan oor Maroela Media, hoekom lees jy dit?

Japie ·

Die wat so kla oor verkrampte regses en ‘n negatiewe klomp. Al ooit daaraan gedink dat daar mense is wat nog nooit gestem het sedert 1992 nie, na die onkonstituele magsoorgawe aan die ANC nie? Hierdie bestel is ‘n groot korrupte, bedrogspul waar geen seën in opgesluit lê nie. Ek en my huis sal die Here dien en korruptes vervolg en die waarheid verkondig buite die politiek. Om aan die politiek deel te neem beaam ‘n mens hierdie nuttelose sirkus.

Griet ·

Diegene wat ni stem ni, het geen reg om kommentaar te lewer of te kla nie. Elke persoon wat nie stem ni, is inderwaarheid n stem vdi opposisie. Enige persoon wat di basis van rekeninkunde verstaan, sal dit besef.

Inus Bester ·

Hoe de hel is dit moontlik dat ‘n voormalige parlementslid van die Konserwatiewe Party, Rosier de Ville, hom nou in die DA bevind? Van “regs” na “liberaal”? Genade! Geen integriteit nie… of is dit ook maar vir die aansien en om die pot aan die kook te hou? Dis soos destydse Nuwe Nasionale Party (NNP)-minister André Fourie wat tydens die 1992-referendum gal gebraak het oor die regses en Konserwatiewe Party, maar na die NNP se dood, sluit hy hom by die Vryheidsfront Plus (VF+) aan en word hy proporsioneel aangewys as die VF+ se stadsraadslid in Kaapstad!! Was daar géén regsgesinde geskik genoeg vir die posisie in Kaapstad nie… en was daar géén persoon liberaal genoeg om as DA-kandidaat in Standerton te staan nie? Behoede my!! Feit dat Rosier de Ville gewen het, is ‘n klinklare bewys dat ‘n meerderheid van Rosier de Ville se steun kom van oud KP-lede. Dis tyd dat die Konserwatiewe Party moet herrys en sy plek volstaan in Suid-Afrika!

volla ·

Hy’t die lig gesien en wegbeweeg van verkrampte politiek. Geen wonder hy doen nou so goed nie.

Koosamon ·

Oom Rosier het meer integriteit as meeste mense in politiek op die oomblik. Daar is baie mense wat voorheen KP gestem het wat vir die DA moes stem sodat die ANC nie oor alles en almal loop nie. Daar is te min blankes in SA om die ANC aan te vat. Soveel as wat die DA my grief, is daar nie ‘n beter opsie in Standerton nie en ten minste is daar iemand aan die stuur wat bietjie verstand en integriteit het!

Kaapenaar ·

Vincent
Pasop moet nie Maroela nuus lees nie, jy kan dalk van jou gevreesde siekte genees raak!!!??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.