ANC ‘neem kennis’ van Saru-besluit oor Israelse rugbyspan

Die ANC sê hy hoop die besluit om ʼn uitnodiging aan die Israelse rugbyklub terug te trek om later vanjaar in Suid-Afrika aan ʼn toernooi te kom deelneem, dien as ʼn “herinnering aan Israel dat sy onwettige besetting van Palestynse grond ʼn ongeregtigheid is wat nie geduld mag word nie”.

Suid-Afrikaanse Rugby (Saru) het Vrydag aangekondig dat hy die uitnodiging aan die Israelse klub Tel Aviv Heart terugtrek om in Maart saam met spanne van Spanje, Kenia, Namibië en Zimbabwe, asook ses Suid-Afrikaanse spanne, aan die Mzansi Challenge deel te neem.

Volgens Mark Alexander, president van Saru, is die besluit geneem nadat daar met verskillende belangegroepe beraadslaag is.

“Ons het die besluit geneem om te verhoed dat die kompetisie ʼn bron van verdeeldheid word, ten spyte daarvan dat Israel ʼn lid van Wêreldrugby is.”

Die ANC het Maandag gesê hy neem kennis van Saru se besluit om die uitnodiging terug te trek.

“Die ANC doen steeds ʼn beroep op alle progressiewe magte wêreldwyd om voort te gaan om druk op Israel te plaas om terug te keer na vreedsame dialoog oor ʼn oplossing vir die twee state, en ʼn uiteindelike einde [te bring] aan een van die mees uitgerekte konfliksituasies in die Midde-Ooste,” sê Mahlengi Bhengu-Motsiri, woordvoerder van die ANC.

Sy sê die “onwettige Israelse nedersettings op Palestynse grond” is ʼn oortreding van internasionale reg en resolusies van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad.

“Ons herhaal ons oproep vir ʼn einde aan Israel se voortgesette militêre besetting van Palestina en die hervat van gesprekke wat gemik is op die verwesenliking van die ideaal van ʼn onafhanklike Palestynse staat en ʼn lewe in vrede en veiligheid saam met die Israelse staat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

JohanR ·

Klomp hippokrates. Hulle le die rooi mat vir die Russe uit, en gee lekker geld aan Kuba. As ‘n ANC net 10% van die breinkrag van ‘n Israelite gehad het dink net waar SA kan wees!

Groen Ghoen ·

Aanskou SARU se ware kleure! Koebaai S.A. rugby, ek kyk eerder die sesnasies.

Phillip ·

Dan moet SA rugby ook terggetrek word want hulle is doenig met Rusland en China

Marius ·

“Practice what you preach” ANC .
Onthou dit twak wat julle nou kwyt raak as grond in SA beset word.

Wat gaan dit dan wees?????

Nie Verbaas ·

Verduidelik eers vir ANC wat beteken die term “high ground”.

Johann ·

Absolute absurd! Isrealmag nie hier kom.rugby speel nie, maar.die COMRADES mag hier kom rondhang en kuier en skepe by hawens aandoen terwyl hulle massa moord pleeg?

En IN YOUR FACE SARU!!!! Rugraatlose slapgatte.

Nie Verbaas ·

Waarvan Sia it was so hard Kolisi die “kaptein” van hulle span is. Lekker as alles in jou skoot val en ek hoop die groot rugby lande boikot SEB gedrewe SARU se spanne.

Jack ·

Wie kyk nog rugby /sport ?? Die ANC weet min van Israel en veral die Bybel.SARU ons sal nie naby julle toernooie ens kom nie.Soos krieket is julle ook polities gesaai.

Riaan ·

Ons sal dit waardeer indien die ANC hulle neus uit sport sal uithou.

kragaap ·

Ha ha twee peletons Israeliete soldate sal die hele ANC en hul oorgewig grap vir ‘n weermag van die aardbol vee. Soos gewoonlik skaar hul hul by die muishonde van die wêreld. Dis waar hul tuis voel.

Agie@toeka ·

Laat Israel kom speel en laat hulle sien wie is waarlik hulle vriende en wie hulle vyande is(ANC) wat nie bybel lees nie!!

Anel ·

Nou wat doen die Russe met wie julle so lekker hand om die blaas is???? Gelukkig het ons gesin al ‘n paar jaar terug ons lus vir rugby verloor. So ploeter maar voort.

Annelize ·

Maar hulle heul met die Russe en die Chinese! Wat kan ons anders verwag van Mammon aanbidders? Dis absoluut verregaande!

Nici ·

Toe die Romeine 2000 jaar gelede die Israeliete skade wou berokken het het, hul die naam van Israel verander na Palistina wat gebind is aan hul vyande die Filistyne. Paar arabiere het daar aanhou gewoon terwyl Israeliete verdryf is. Jare later het hul terug gegaan na Israel en die ou naam teruggeneem.

Kosie ·

Ja verwag dit van die tweegesig anc, vee eers voor julle vuil deure voor julle vir ander land preuk, Hier word witmense daagliks vermoor en julle praat nie met hulle nie, maar julle wil he Israel moet met teroriste praat, o vergeet julle is ook dieselfde stofasie.

Eugene ·

Anc. Wat weet julle van rugby af? Bepaal julle liewers by suid afrika se onopgeloste problem Soos Eskom.

Gerra ·

Hierdie arme regering het nog steeds nie agter gekom dat hulle n verlore oorlog voer nie.
Die oogappel van God!

domheks ·

Ons het darem wonderlike regering. As die skoen pas trek hulle hom gou gou aan voordat iemand anders dit kan kry!

Althes ·

Die ANC is klein vissies in die magtige see van sterker lande. Hulle is hipokraties om die minste te sê. Hul wil ander lande oordeel terwyl hulself verantwoordelik is vir burgers se hoë werkloosheid, armoede en misdaad, besighede wat swaar trek onder loadshedding. Sies, hul arrogansie het geen skaamte nie. Red ons van die politieke narre, Amen.

Yolandie ·

Die Here het ‘n verbond met Israel gesluit baie baie lank gelede. ANC moet hulle monde eerder toe hou wat dit aan betref, vat aan Isarael en jy vat aan God se oogappel. Jy sal die gevolge daarvan voel – kan julle dit waarborg.

Manie ·

Ek hoor wat jy sê Yolandie, maar ek het soms vrae. Hoekom sal God ‘n nasie beskerm wat Sy Seun Jesus nie erken nie en gekruisig het? Tog is hulle meer as gewillig om lekker geld te maak uit die besoekers aan Jesus se graf.

Jr ·

Hiermee ek en my gesin distansieer ons selves van hierdie besluit. Dit is die kommunis anc en saru se besluit nie myne en menige mense se besluit. As u saamstem druk die smiley

Chris ·

Dit terwyl die Russiese inval in Oukraine nie veroordeel word nie!!! Wel wel wel

Nie Verbaas ·

“herinnering aan Israel dat sy onwettige besetting van Palestynse grond ʼn ongeregtigheid is wat nie geduld mag word nie”. Hoe lank probeer die “super intelligentes” van die ANC al die grond van ons wegvat? Daarmee is egter niks fout nie. Die kapasiteit is soos n emmer sonder n bodem.

Republikein in die Wes Kaap ·

Maar Afrikaners kyk heerlik rugby en krieket…

Parmantige samaritaan ·

Goed gestel. Gelukkig kyk ek geen spansport nie, want dit is nie verteenwoordigend van ware talent nie

Jacobus ·

Blote twak! Ons assosiasie met muishond regimes raak by die dag meer bespotlik. “Neem kennis!” !!!!!!

Gert ·

Ek het persoonlik 100% meer respek vir Israel, as wat ek ooit vir die ANC sal he

Fanie ·

Nou se my, hoekom het julle hulle dan in die eerste plek genooi?

Jannie van Niekerk ·

Nou sê nou maar die Palestynse terroriste wou met ‘n rugbyspan kom sal daar gevra word dat hulle ook nie moet kom nie?

Renier ·

En kwota speler reels,dit is blatante rassisme. As die beste speler wat ookal kleur vel het,kies hom,maar as hy daar is omdat die reel so se,dan is dit net so verkeerd.

BenA ·

ANC is n klomp twee gesig skelm jakkalse…
Hoekom spreek hulle nie ook hul mening oor die oorlog in Oekraïne…. Waar onskuldige Vroue en kinders vermoor word

Meerkat7 ·

As ons na die werklike feite kyk is Israel die vrede makers en Palestyne die agressors, hang maar af wat se bril jy ophet.

Ronel ·

Ag asseblief – hoe lekker lag ek nou – HIERDIE REGERING VAN ONS MOET LIEWERS NET VOOR HULLE EIE DEUR VEE!!!!!!!!

Haan ·

Klomp mense hier wat glo die land Israel het enigsins enige verwantskap met die Bybelse volk Israel… Ai

Hermann ·

Dis nou weer die moslems in die regering wat druk uitoefen. Wat as al die mense wat teen Rusland se beset van die Oekraine is begin druk uitoefen? Niks sal gebeur nie wat Israel het destyds die wit regering gehelp en Rusland het soos meeste can die tyd die terrorists gehelp. Liewe regering, maak oop julle oë, Rusland en China doen niks sonder om iets terug te verwag nie, ongelukkig gaan julle nie betaal nie maar die mense van Suid-Afrika gaan betaal. Julle spring op julle vliegtuie en gaan na Cuba wat julle ander drinkebroer land is en die wat hier agterbly moet die gemors skoonmaak

Jaco ·

‘n eie staat vir die Palestyne is blykbaar reg, maar ‘n eie staat vir Afrikaners en afskeiding van die Wes-Kaap is rassisme en apartheid. Hoe dan nou?

Astrain ·

Nou is daar plek vir Rusland….3 hoeras vir die rugby Unie!

Piet parys ·

Watter land wil in elke geval deel wees van Afrika rugby alles net n korrupte vuilspel waar geld die afgod is . Israel stuur julle dalk n ou dronetjie so pasop met wie julle sukkel .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.