ANC neem voorlopig die voortou

Verkiesingbeamptes begin Woensdagaand die eerste klomp stembriewe tel by ʼn stemstasie in Manenberg net buite Kaapstad. Foto: AP Photo/Schalk van Zuydam

Verkiesingbeamptes begin Woensdagaand die eerste klomp stembriewe tel by ʼn stemstasie in Manenberg net buite Kaapstad. Foto: AP Photo/Schalk van Zuydam

Die ANC was teen vroeg Donderdagoggend die voorloper in die 2016 munisipale verkiesing met meer as 1,1 miljoen stemme wat reeds ten gunste van die regerende party getel is.

Die eerste stemme het kort ná 21:00 Woensdagaand begin inkom nadat die stembusse om 19:00 gesluit het. Teen Donderdagoggend het die ANC voorgeloop met 49,79%, met die DA in die tweede plek met 30,11%.

Ver agter die amptelike opposisie was die EFF met 6,34% van die stemme, gevolg deur die Inkatha Vryheidsparty met 3,59% en die Vryheidsfront Plus met 1,14% van die stemme.

Teen Donderdagoggend het die DA egter voorgeloop in baie van die metro’s, onder meer die Kaapstad-metro (73,2%), die Tshwane-metro (43,33%), die Nelson Mandelabaai-metro (55,88%) en die Ekurhuleni-metro (49,12%). In die Buffalo City-metro was die ANC die voorloper met 56,13%, asook in die Mangaung-metro met 48,47%.

Die meerderheid van die groot politieke partye het Woensdagaand saamgestem dat dit te vroeg is om oor die uitslag van die verkiesing te bespiegel en dat die telbord nog aansienlik sal verander voor die finale uitslae bekendgemaak word. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het vroeër gesê die finale uitslae sal waarskynlik eers teen Saterdag gereed wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anoniem ·

Van Suid-Afrika se mense sal ook net nooit leer nie……..

Jef ·

Moet nou maar wag wat die uitslag is want alle stemme is nog nie getel nie

Cindy ·

Ja en more strike hulle almal weer wat vir die ANC gestem omdat hulle nie gekry het wat vir hulle belowe was nie…… Sal nooit leer nie

Cherokee ·

En volgende jaar ontken al die blankes wat DA gestem het dat hulle dit gedoen het.

Marie van Niekerk ·

Sal hierdie speletjie nooit veestaan nie. Wat gaan met die mense aan? Leer hulle nie?

Hettie ·

Dis jammer ANC twee gesig vir SA mense en het belowe genoem! So sal jaar sien of dit verbeter of erger as voor! Bid sonder ophou!

annoniem ·

Politiek moenie beheer word deur kiesers wat stem nie want hul dink nie positief nie,hul glo aan lee beloftes en is baie onkundig. Daar moet gekyk word na n beter regering/munisipale stelsel deur profesionele instansies

Spook ·

Al stem die hele land DA/EFF/VVF sal die ANC nog steeds die meerderheid he. Hoe kan so verkiesing ooit regverdig wees met n korupte regering en n komunistiese diktator as leier wat se hulle sal altyd in bewind bly maak nie saak wat nie!

John ·

Daar is chaos in Johannesburg se telstasie. Dit voorspel moeilikheid as die DA wen. Die krisis is dalk juis om ‘n sogenaamde DA-konkelry aan te voer as rede vir ANC se swak syfers. Ek sou versigtig wees in die nadraai tot die ANC se swak vertoon op plekke. Nog ‘stormweer’ kan dalk op ‘n mooiweersdag oorstromings bring.

Jef ·

Hoe lank gaan die tel van al die stemme vat…..10 mense wat tot 10 kan tel dan weer 10 mense wat tot 100 kan tel en 1 persoon wat tot 1000 kan tel……..dit kan nog baie laaaaaank vat.lol

CHARMAINE ·

Maak nie saak wat ons stem – Het wel gestem my vraag is net sal ons OOIT weet of dit regtig tel
met die regering ! Stem saam met spook!

Richard ·

Ek is bly die DA doen goed. Wat beteken die oorgrote meerderheid wit, bruin en Indiërs stem vir hulle en ‘n al groeiende swart middelklas. Die DA is die enigste veelrassige pary in die land. GO DA!!!

Loeis ·

Die DA ondersteun swart bemagtiging, Verkeerdstellende Aksie… As jy wit, bruin of Indier is, Richard, en jy het gister vir hulle gestem, het jy teen jou eie belange gestem, en verdien jy wat na jou kant toe kom. Dit is die eenvoudige waarheid, en enigiemand met iets tussen sy ore behoort dit te kan insien.

Richard ·

Loeis, Regstellende aksie in beginsel is niks mee verkeerd nie – ook net vir ‘n tydperk, maar die manier waarop die Anc dit doen is net vir hulself. Jy is in die minderheid (van die wittes) wat nie vir die DA stem of gestem het nie. Wat stel jy dan voor Loeis?

hans brits ·

Met 156000 kriminele in die tronk wat kan stem maak dit beter vir die eff.

m ·

Da sal verseker ongeruimdhede wees want die ANC kan nie bekostig om te verloor nie. Hulle hou ma net aan huise/werk./grond en wat ook al belowe en die dom mense bly dit ma net glo en bly vir hierdie spul stem. Tragies………………

Blondi ·

Laat een ou nou weer vir my se “jou stem maak n verskill” gaan ek n oorval kry!! Weereens die vraag: Wat beteken jou “stem” as dit verswelg word deur n massa van oningeligte , meerderheid??
Of jy nou stem en ” die reg he om te kla” en of nie – die feit bly staan dit gaan nog n hele lang pad wees voor daar n volvaardige teenstander vir ANC sal wees.

piet pompies ·

Dink daar moet n nuwe stem stelsel wees iets soos wat jy belasting betaal kry jy punte en dan kyk ons wat gebeur en waar gaan die one man one vote dan heen dat die mense wat iets vir die ekonomie beteken beheer

Kobus ·

In watter kamer word die stembusse oornag toegesluit en wie almal het sleutels.

Wilma Potgieter ·

Asb. DA. Nou moet jul rerig wys dat jul omgee en ook in di agtergeblewe gemeenskappe verandering teweeg bring. Ek haat lee beloftes. Weet jul kan. Laat almal trots wees op DA kandidate

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.