ANC, Nelson Mandela-stigting vaar uit teen Trump

Pres. Donald Trump (Foto: Alex Brandon, AP)

Die Nelson Mandela-stigting en ANC het uitgevaar oor die Amerikaanse pres. Donald Trump wat glo beledigende kommentaar oor oudpres. Nelson Mandela gelewer het.

The Washington Post het Sondag berig dat Michael Cohen, Trump se voormalige prokureur en vertroueling, glo in sy nuwe boek, Disloyal, skryf dat Trump meen Mandela was nie ʼn ware leier nie en dat Suid-Afrika onder sy bewind stadig maar seker verbrokkel het. Trump het volgens Cohen ook die land se apartheidsera geloof.

Die ANC het Trump se beweerde uitlatings ten sterkste veroordeel.

“Die beledigings kom van ʼn persoon wat self nie ʼn voorbeeld van ʼn bekwame leier is nie. Trump is die mees verdelende, vrouehatende en oneerbiedige persoon wat ooit die amp van president beklee het,” het Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, gesê.

“Die ikoon van ons struggle, pres. Nelson Mandela, staan in skrille kontras met Trump. Pres. Mandela, ʼn verenigende en beginselvaste leier, het na die wêreld uitgereik en gepoog om vrede en ʼn regverdige samelewing te weeg te bring.”

Die ANC sê Mandela het in die waarde van internasionale betrekkinge geglo en het ʼn sterk vriendskap met oudpres. Bill Clinton gesmee, interaksie gehad met politieke leiers oor die politieke spektrum en nooit sy beginsels vir pragmatiese korttermyndoelstellings laat vaar nie.

“Ons is vol vertroue dat Mandela na Trump sou uitreik om hom te help leer om die ingewikkelde uitdagings van die ontwikkelende wêreld te verstaan.”

Die Nelson Mandela-stigting het gesê hy glo nie dat leiers wat soos Trump optree in staat is om gesaghebbende kommentaar te lewer op die lewe en werk van Madiba nie.

“Madiba het eenkeer gesê: ‘ʼn Goeie leier kan openhartig en deeglik in ʼn debat betrokke raak, wetend dat hy en die ander party aan die einde nader aan mekaar moet wees en sodoende sterker daaruit kom.’

“Jy het nie ʼn idee van goeie leierskap as jy arrogant, oppervlakkig en oningelig is nie. Ons sal aanbeveel dat Trump oor hierdie woorde gaan nadink.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Dries ·

Party mense sal ook enige iets glo, net omdat dit hulle narratief pas.

Schalk ·

Die ANC en die EFF is die laaste wat oor Trump se woorde iets kan noem. Hulle eie suksesverhaal is eerder ‘n slompverhaal

Pompies55 ·

Wat Trump gesê het is in die kol!Ten minste kom Trump nie uit die tronk nie.Trump het ook nie mense laat vermoor nie.As Trump ons president was,wad SA nie n ashoop nie!!!!!!

Rod ·

Darem komies hoe die ANC kan kwaad word as iemand die waarheid praat en dit nie hul narratief pas nie.

Gerhard ·

Kruisig my……Mandela was ‘n moordenaar….. Ek is ‘n Trump aanhanger en die feit dat hy hom nie laat voorse nie, maar van hom ‘n goeie leier…hy het VSA tot die laagste werkloosheidsyfer in 30 jaar geneem, sy land groei, wat kan die Mandela stigting se, vandat Mandela destyds oorgeneem het, het ons land tot nou toe net agteruit gegaan….werkloosheid hoogste ooit, korrupsie, verbysterend, regstelsel, tot niet, grootste deel van ons parlement is oud tronkvoels, hoe op aarde…..iemand wat ‘n kriminele rekord vir iets kleins gekry het, kan nie werk kry nie, maar die skurke sit in beheer. Kinders leer by hul vader, Mandela was die “father of the nation”…..so, sy kinders het mooi geleer by hom. Klomp skelms……#VOERTSEK ANC EN DIE MANDELA STIGTING.

Cheryl ·

Gerhardus as ek kon het ek jou ‘n medalje gegee. Mandela was ‘n kommunis. ‘n Wolf in skaapsklere.

Sobymykoolkop ·

Lanklaas sulke WARE woorde gelees. Jy is in die kol.

NEO ·

Trump is een van die beste en suksesvolste presedent. Wat sal ‘n magtige ekonomie hom steur aan ‘n ANC komministise regering in ‘n land waar die werkloosheid 30 present is.

Alleen Wolf ·

Ek lees in ‘n berig hierbo, werkloosheid nou meer as 40%,

Jessey ·

“Jy het nie ʼn idee van goeie leierskap as jy arrogant, oppervlakkig en oningelig is nie”

Sjoe, van wie praat hulle hier?

It hits close to home as ek so om my rondkyk

Anoniem ·

Soos die spreekwoord sê “The proof is in the pudding.” Sedert 1994 het hierdie land agteruitgegaan. Indien dit nie die geval was nie, sou ek saamgestem het dat Trump nie ‘n idee het waarvan hy praat nie. Maar die bewyse is so duidelik. Ons kan nie anders as om met Trump saamstem nie. Ja, Trump is miskien nie die wêreld se beste leier nie maar hy is by verre beter as mandela.

Johann ·

Nee Melaney Die spreekwoord se The proof of the pudding is in the eating Maar nou ja Ons weet wat eet ons sedert 1994 en dit smaak nie soos pudding nie

Hoekom ·

Washington post is ‘n sensasie koerant. Michael Cohan, met sy korrupsie is ook nou nie iemand waarop ons moet vertrou nie. Om die waaruit te sê was Nelson nie ‘n goeie leier nie en het die land laat verbrokkel, en dit verbrokkel nogsteeds…

Jaco ·

Die stigting moet stil bly oor ander lande se sake. Probeer eerder die land van ons te red voor dit onder gaan.

Fedup ·

Blah blah.
Muppet may be a lot of things, but one thing i like him for.
He is straightforward. Not mincing any words.

Onnie ·

Nou kan hulle voel hoe dit voel as iemand slegs praat van jou en jou mense. En hulle kan niks daaraan doen nie want Trump en USA is nie hul “gevangenes” soos ons nie. Die ANC en EFF praat heeldag bollie van my en my voorsate en ek moet dit net vat en my bek hou. Kry vir julle!

ElizeK ·

Pule, nou hoekom het julle dan nou NIKS by Mandela, wie se lof en deugdes julle nou soooo besing, geleer nie.!!!
Instede van voortbou op dit wat JULLE glo hy na die tafel toe gebring het, het julle SA oor die afgrond bestuur en is die land wat julle verniet gekry het in sy maai!!!!!
Oooo ek het vergeet VERNIET—-MAHALA IS AL WAT JULLE KEN.

Hennie ·

Julle speel met vuur! Trompie kan hom dalk net vererg en dan gáán die poppe dans. Hý het die mag en die geld om hierdie bankrot en korrupte land te vernietig of te red!

Hennie ·

Daar moet nog duisende jare se sjampoo gemaak word voor die goed se oë sal oopgaan… En dan is daar nog steeds geen waarborge nie!

Johann ·

Komende van Trump…ja wel seker nie die beste voorbeeld van leierskap nie,MAAR, die verheiliging van die leier van ‘n terroriste organisasie wat verandwoordelik is vir talle bomaanvalle, DIS waar die waarheid seermaak.

Oomniklaassevriend ·

Die stigting moet oorlog teen die VSA verklaar. Hopelik sal ons as die verloorders by die VSA ingelyf word. Dis beter as onder die ANC.

capie ·

Ha Ha Ha, nou gaan hulle seker eis dat Trump die knie moet buig

Sarel ·

Hier sal ek liewer stilte handhaaf. Stilbek bly uit due gevsngenis

Nick ·

Trump jou doring,so bly jy sien dit raak!!!! Viva Donald Trump!!!

Blikkies ·

Wat ‘n Grap, Ek hoop die VSA neem kennis die ANC en Mandela Beweging praat vir hulle self en nie namens my nie. Ek stem nie saam met die ANC stellings nie. Miskien kan hulle meer duidelik gee aan die RSA President JZ se siening en misbruik van vrouens. Ek stem saam met die stelling van die VSA President Trump.

Piet Pompies ·

En weer eens is dit ook maar net hoor se – is daar bewyse – maar as dit waar was is dit defnitief die waarheid – mense hou mos nie van die waarheid nie

john ·

Wie gee om wat die Mandela stigting dink of se. President Trump gee defenetief nie om nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.