ANC nie ‘arrogant’, sê Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa op 7 Februarie 2016 by die ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo (Foto: ANA)

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa op 7 Februarie 2016 by die ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo (Foto: ANA)

Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, het Vrydag gesê die persepsie dat die regerende party arrogant, selfgesentreerd en ʼn selfdienende politieke organisasie is, is onwaar.

“Ons is ʼn organisasie wat luister,” het Ramaphosa aan verslaggewers by die Onafhanklike Verkiesingskommissie se nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê.

“Ons gaan na ons mense luister – sowel dié wat oorweldigend vir die ANC gestem het en dié wat nie vir die ANC gestem het nie. In die uitslag van die verkiesing lê ʼn belangrike boodskap waarna ons as die ANC moet luister. So dit was ʼn verkiesing waarin sinvolle politieke partye hulself die tyd gegee het om te luister.”

Ramaphosa wou egter nie vrae beantwoord oor hoe die ANC in die verkiesing gevaar het nie. Nadat Ramaphosa met Jessie Duarte, adjunk sekretaris-generaal, gesels het, het hy aan verslaggewers gesê dit is nog te vroeg om kommentaar te lewer oor die resultate.

“Die resultate vir die metro’s word steeds gefinaliseer. Ek dink nie dit sal wys wees om te voorspel hoe dit gaan uitdraai nie, Ek dink ons moet nog so ʼn paar uur wag om te sien hoe sake in Tshwane, Johannesburg en Ekurhuleni gaan uitdraai. Dit is nie ʼn cliché nie, maar die ANC bly hoopvol dat ons as die regerende party sal seëvier in die metro’s.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

dirk ·

die vraatsug en magsug was vir almal daar om te aanskou. mens wonder net hoe die bevolking verder gaan ontwikkel in ag genome dat daar net meer mense op maatskaplike toegawes gaan staatmaak

Grap ·

Arrogante klomp wat net na hulself en die guptas se belange omsien en belastingbetalers se geld mors om hulle hebsug te voed,hulle leier self ‘n baie swak geskoolde het gesê hulle sal in bewind wees tot Jesus kom…..ek dink toe nie.

Sheena ·

Druk maar julle koppe in die sand. Dit het nog altyd vir julle gewerk! ???

Frik ·

Waar wil jy meer arrogant kry as Zuma self Hy en sy kaders dink die wereld skuld hulle en dit is hulle reg om te se en te doen wat hulle wil Gelukkig is daar al meer mense ongeag van groep of kleur wat besef hulle is besig om hierdie land die afgrond in te stuur

Moeggepraat ·

Jammer Cyril, gaan bestudeer maar die syfers, julle kiesers begin julle arrogansie en selfgesentreerdheid raaksien. Jou antwoord opsigself is arrogant.

ss ·

Ek wil net graag iets weet…. soos ek verstaan hef is die Guptas nie SA burgers nie en doen hul net besigheidsake hier! Nou hoe kan hulle met hul ANC hemde en met hul wagte om hul hier gestem het? Het ek djt dalk verkeerd!!

Lance ·

Zuma moet as tot 2019 bly ons het hom nodig om verder stemme te kry asb

Jcwf ·

Ja, Lance, ek dink jy het reg. Dis hoekom Ramaphosa nou praat oor ‘luister na die volk’. Hy weet dat indien Jakob bly die ANC nog baie meer gaan verloor. Maar ek wonder of Zuma dit self ook wil sien. Dit gaan moontlik ‘n geveg binne die party oplewer.

Johanna Botha ·

Hulle is maar gewoond en maak staat op die dom stem ….sien mense raak nou slimmer en sien deur die korrupsie en mooi praatjies en die gegiggel van zuma

John ·

Waar in deeske land gaan ons ‘n president kry waarop ons trots kan wees? Die 2 kandidate in die tou na’ pres Zuma is ook so arrogant soos kan kom nes die’ voor hom. Magsbehepte, korrupte leiers, soos Hitler destyds, sal eerder dood as om te erken dat hulle aan die’ chroniese siektes ly. En die bevolking groei en armoede en woede gedy in so ‘n verstikkende klimaat.

boesmanlander ·

Cyril is heeltemal reg , Die ANC is n pary wat luister . Hulle luister slegs na Zuma !

boesmanlander ·

Cyril is heeltemal reg , Die ANC is n party wat luister . Hulle luister net na Zuma !

Jan maak n plan ·

Cyril is reg, die ANC is nie arogant nie nee hulle is “plain common” windgat!!! Self verryking is hulle hoofdoel.

Gideon ·

Ek hoop die DA se blanke kiesers verstaan dit dat die meerderheid werk nou gedoen moet word in die swart gebiede!! Dit sal maak dat die DA dan beslis in 2019 aan bewind gaan kom!! Ek is bewus dat dit vir die afgelope 22 jaar die geval is, maar die gehalte en kwaliteit laat veel te wense oor want die kontrake was gegee vir mense wat nie die werk kon doen nie!

Veritas ·

Die ANC het die sukses van die NP raakgesien en daarna gesmag. Hulle het nooit kon dink dat dit harde werk en deeglike beplanning van die NP gekos het om dit te bereik nie. Toe hulle dmv ‘n terreur-oorlog teen burgerlikes en simpatie van die buiteland, daarin geslaag het om die bewind oor te neem, het hulle doodeenvoudig die buit onder hulle verdeel en daartoe gewerk om nog meer in te palm. Van dienslewering wou hul niks hoor nie. Hierdie waansinnige gejag na selfverryking het die ANC op die pad van selfvernietiging geplaas. Die ANC sal, in sy wese, nooit iets anders as ‘n kriminele terroriste-organisasie wees nie. Hulle reaksie op die verkiesings-uitslae sal dit bewys. Maak nie saak hoe jy dit spel nie maar moeilike tye lê vir ons voor.

Nico ·

Die ANC sal ten alle koste aan bewind probeer bly. Verwag ‘n radikale skuif na links om die EFF te akkomodeer – en verskerpte korrupsie en besteding om plattekandse kiesers te koop en die beursies vol te maak voor die soustrein finaal ontspoor.

Rynhardt ·

CYRIL RAMAPHOZA,u en Anc het SA ekonomies vernietig!Florerende regstellende aksie/transformasie het SA se kundiges verdryf!Cyril,u is $700miljoen dollar sterk,het groot belange by Lonmin en Macdonalds,en u kry R226000p.m.,maar blankes mag nie n toekoms he nie,ek noem dit arrogansie van u en u geliefde Anc!Korrupsie kos SA miljoene jaarliks,maar u Anc keer dit nie,ek noem dit selfverryking en arrogansie!In VSA versleg dinge drasties!Die groot nuusnetwerk,CNN asook die New York times is finansieel in moeilikheid!!Wanneer dollar val,gaan daai “trigger”- effek n groot impak he op Europa en veral SA wat se ekonomie reeds dood is!Dit beteken die chaos war kom,gaan politieke bestel van Anc induie laat stort!Cyril geniet solank jou en Anc se arrogansie,voordatdie groot skok kom!

Maria van Dieweeck ·

Die in die stede, sal hopelik nou stadig families in platteland begin beinvloed?

Inez ·

Die ANC het staat gemaak op die “ons het julle bevry van Apartheid” storie, en jammer om te sê ons land se swart mense is in ‘n swakker posisie as voor die ANC aan bewind gekom het – en die ouer garde onder hulle sê dit hard en duidelik! You can fool some of the people some of the time, but not all of the people all of the time! Die DA was nog ALTYD die oposisie – selfs toe hulle die DP was! Zuma moet sy politieke geskiedenis gaan oplees voordat hy sy mond oopmaak, en regtig wys dat hy strooi praat… en die voorvaders sou hom ook mooi netjies vertel het wat hy met sy kommentaar oor hulle kan doen…

Columbiana ·

ANC wie is hulle nou weer? Or ja dis mos die GUPTA party. Hulle kan netsowel hul naam verander na GP (Guptas party) en hul beleid verander na “we bow to the highest bidder”. OK ons sal nie meer se julle is Arrogant nie ons sal net se julle is korupte arrogante Gupta dienaars

Fanie Minne ·

Om te se julle is nie arrogant is opsig self arrogant. Julle se julle luister na julle mense maar toe hulle se raak ontslae van Zuma, het julle nie. Toe hulle se E-toll gaan julle seer maak, het julle steeds nie geluister nie. Toe hulle PTA afbrand met die Didiza plan, het julle ook nie ore gehad nie. Wie se julle gaan nou luister? Nee wat Cyril, luister doen julle beslis nie.

Andre ·

Muishonde!! Kyk maar net wie en wat die ANC nog enigsins ondersteun en vetvoer. Dit is nie individue, lande en organisasies wat enige ordentlike mens mee wil assosieer nie.

Bielie ·

Met sê goed soos “We will govern until Christ returns” en “God chose the ANC to govern”. Wat is arrogansie dan?

Zirk ·

Tog opmerklik hoe ANC leiers hul nou, ná hul bloedneus met verkiesing, hulself wil verontskuldig. Môre of oormôre sal Gwede seker sê die ANC is nie korrup nie. Daarna sal Zuma dalk sê die die ANC is nie hebsugtig, magsugtig, despoties of lui nie.
M.a.w. hulle het nog NOOIT die boek Spreuke in die Bybel, of enigsins, die Bybel gelees nie. Punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.