‘ANC nie in staat om homself te reg te help’

Mmusi Maimane, leier van die DA.

Mmusi Maimane, leier van die DA.

Mmusi Maimane, die leier van die DA, het Sondag gesê die ANC het gewys hy is verby die punt van omdraai en pres. Jacob Zuma se toespraak by die ANC se verjaarsdagvieringe dui die “laaste asem van ʼn sterwende organisasie” aan.

Zuma het Sondag die jaarlikse 8 Januarie-toespraak by die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg gelewer as deel van die ANC se 105de verjaarsdagvieringe.

Maimane het gesê die ANC is uit voeling met sy ondersteuners en ʼn verdeelde party wat nie in staat is om homself reg te help nie. “Na die ANC se uitslae tydens die verkiesing in Augustus verlede jaar, sou mens ʼn nederige en introspektiewe terugskouing op die afgelope jaar verwag, asook betekenisvolle toewyding om werklike en ingrypende interne verandering te bewerkstellig,” het Maimane gesê.

“In teenstelling daarmee is ons weer ʼn rooskleurige ‘goeie storie’ gevoer deur ʼn president wat die party se uitdunning oor die afgelope sewe jaar gelei het. Terwyl die res van die land vorentoe kyk, kan die ANC net liefdevol terugdink aan sy voormalige glorie.”

Maimane het gesê die ANC het vandag in luuksheid fees gevier terwyl nege miljoen mense in die land sonder werk sit en geen hoop meer het om werk te kry nie. “Ons woon in ʼn diep onregverdige en ongelyke samelewing, waar die kleur van jou vel steeds bepaal of jy suksesvol sal wees in die lewe. En dit word net vererger deur die ANC wat ʼn oneerlike regering bestuur, wat hul vriende eerste stel en die mense van Suid-Afrika laaste.”

Volgens Maimane vertrou Suid-Afrikaners nie meer die ANC nie en verlede jaar se verkiesingsuitslae is bevestig dit. “Die omdraaipunt is nou vinnig op pad vir Suid-Afrikaners van alle rasse, wat begin besef waar die DA regeer, is geleenthede en ʼn beter lewe vir almal. Terwyl die ANC praat, dóén die DA.”

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, die leier van die EFF, het ook Sondag na die ANC gekap en gesê die party is besig om ineen te stort en moet sy ondersteuners met busse van ander provinsies aanry om ʼn suksesvolle geleentheid in Gauteng te hou.

Malema het buite die Westville-gevangenis in Durban gepraat, nadat hy ʼn #FeesMustFall-student besoek het wat nog in aanhouding is. “Gauteng is weg [vir die ANC]. Die aankoms van die EFF het hulle uit die provinsie verwyder. ʼn Groeiende party [die EFF] het nie nodig gehad om [vir sy manifes-bekendstelling] ondersteuners met busse aan te ry of om ʼn kleiner plek te kies nie. Die EFF het geen ondersteuners van ander provinsies aangery nie, want die party het nie die geld om dit te doen nie,” het hy gesê.

Hy het voorspel die ANC se volgende verjaarsdagvieringe sal by die King Zwelithini-stadion in Umlazi gehou word, waar die stadion slegs sitplek vir 10 000 mense het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Spieeltjie, spieeltjie in die hand, wie is die mooste en mees korrupste in Zumaland.

Se ek ook mos ·

Dit wil ek ook graag weet want hulle is almal korrup regdeur!Maak net lee beloftes aan almal!

lw ·

Malema voel seker bedreig deur wit mense om na ons te kap in sy toespraak deur te se wittes voel bedreig as swartes geleerdheid kry. Wat hy nie besef nie is dat die wittes net stabiliteit soek en gun swartes geleerdheid, ja as swartes opgevoed word, daarom te beter!
Die ANC sal al die truuks uithaal met nog beloftes uit hul hoed te haal om tanende stemme terug te kry.
Die DA is al wat voorspoed in die land kan bring.

Nico ·

En halftwaalf vanoggend beveel Hlaudi RSG om oor te skakel na Zuma se gebabbel.. Wel, dis hoe dit vir my geklink het.

Rynhardt ·

Ongelooflik hoe die DA homselfverklaar as redder en engel van almal! Maimane en DA, die Anc is uitvoeling volgens jul met almal? DA, wat van julle goedkeuring van regstellende aksie teen Afrikaanssprekendes wat vir 23jaar nie n toekoms mag he in SA nie? Nou kan julle skielik n beter lewe aan almal verseker? Julle is beslis die grap van die eeu en kom nie eens agter hoe julle julself in die voet skiet nie.

bendons ·

Etienne ek stem in die kol.
Dit raak tyd dat ons opstaan en rug reguit maak in die land. Ons sluimer te veel. Ons moet nou doen vir almal se onthalwe sonder die ras aksies.
Bid vir almal.

Etienne ·

Die Da is die spreekwoordelike wolf in skaapwagtersklere, hul belowe ‘ n beter toekoms vir al SA se inwoners, nes die ANC, maar is besig om verteenwoordiging in sy leierskapsprofiel vgl ‘ n demografiese grondslag deur te voer.Boerevolk moet nie vergeet dat lede van die DA topbestuur (blank) , lede van Black Sash was en individue skuldig aan tereurdade in hul huise versteek het nie…

LB S ·

Etienne, kom ons wees nou realisties en eerlik. Die Black Sash het ontstaan a.g.v. Apartheid en alles wat daarmee gepaard gegaan het. Ons moet ophou terugkyk en bou aan vrede vir almal vir die toekoms.

Ek moet egter sê ek stem nie met Mmusi saam deur te beweer dat die kleur van jou vel bepaal of jy suskesvol sal wees in die lewe nie. Daar is te veel blankes ook sonder werk, geleerde en opgeleide mense! Gaan kyk bietjie in Sandton, waar ek diè vakansie ook besoek het en sien wie is die “suksesvolles” vandag. Hulle is volop in Jhb. Ongelukkig is die meerderheid ongeletterd agtergelaat.

Divvie ·

Wie het betaal vir gisteraand se party wat ek seker miljoene gekos en en vir vandag? Belasting betalers? En dit terwyl miljoene sonder werk sit en honger ly. Hulle se mos 90persent van geld is in wit hande? Ek sou eerder se dis in die ANC en Gupta sakke wat defnitief nie te wit is nie. Wat sou van die land word as die mense nie belasting betaal, want uit wie se sakke kom die belasting. Ek is seker dit sal baie beter onder die DA gaan al is ek nie lid van sy party nie,

Pietie ·

Wat bedoel Mnr Maimane as hy sê dat “die kleur van jou vel bepaal nog steeds of jy ‘n werk het in Suid-Afrika”? Bevraagteken hy die sukses van regstellende aksie? Moet hy nie liewer meer klem lê op die gebrek aan ekonomiese groei nie? Waarom ras betrek hierby? Lui die DA se klokke dan nou teen die wat werk het? Pleks van om meer werk te help skep. Sal bly wees as hy dit opklaar.

Waghond ·

Die begin van die einde vir die ANC wat besig is om hul relevansie as politieke party in SA te verloor.

Alida ·

Ek wens die mense wil ophou om die DA te veroordeel. Hulle het maar tot onlangs meer mag gekry deur die verkiesing en Rome is nie in een dag gebou nie. Onthou hulle moet eers 24 jaar se gemors uitsorteer en van onbevoegde werknemers ontslae raak voordat ons ‘n radikale verandering gaan sien. Kyk maar na al die munisipaliteite waar die DA al geruime tyd regeer is alles onder beheer. Gee hulle net kans asb. Dit is maar 5 maade sedert die verkiesing en onmoontlik om in 5 maande 24 jaar se gemors skoon te maak.

Manie ·

Die DA is slegter vir my as wit Afrikaner as die ANC. Hulle is net so agterbaks soos die NP om wit mense te gebruik om hulle party te help bou. Daardie wittes gaan n groot skop kry van die DA wanneer die tyd reg is.

Alida ·

Ai Manie jou onkunde spreek vanself. Die DA leier is met ‘n blanke vrou getroud en sy hele skoonfamilie is blank. Kom tog by man. Gee die man kans om homself te bewys asb tog.

Kobus ·

Maak dit nou die DA leier n Superwese as hy met n Blanke vrou getroud is….lyk my jy wil kleur in bring waar dit regtig nie nodig is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.