ANC-NUK bevestig steun aan Zuma

Mantashe tydens die mediakonferensie. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Mantashe tydens die mediakonferensie. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die ANC het Sondagaand tydens ʼn mediakonferensie die uitkoms van die vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) bekendgemaak.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het vroeg in die mediakonferensie die NUK se steun aan pres. Jacob Zuma toegesê. “Die ANC-NUK het ʼn openhartige en robuuste gesprek gehad oor die ernstige bewerings rondom die Gupta-familie en hul beweerde invloed in die aanstelling van ministers, hul adjunkte en ander posisies in sleutelstaatsinstellings in hul belange.”

Mantashe het gesê daar is geen plek hiervoor in die ANC of sy regering nie aangesien dit die potensiaal het om die geloofwaardigheid en vertroue in die ANC-leierskap en regering te ondermyn. “Ons verwerp die idee van ʼn besigheid of familiegroep wat só invloed op die ANC wil hê met die minagting wat dit verdien, terwyl ons ook die behoefte sien om op te tree ten einde die integriteit van ons regering en ons organisasie te beskerm.”

Mantashe het benadruk dat die aanstelling van ministers en adjunkministers die uitsluitlike prerogatief van die president is. “Vir hierdie doel gaan die ANC voort om sy volle vertroue in ons president te bevestig.” Volgens Mantashe het die NUK beamptes en die nasionale werkkomitee (NWK) versoek om alle inligting oor die bewerings in te samel ten einde die toepaslike aksie te neem.

“Die ANC doen ʼn beroep op lede wat inligting het om die sekretaris-generaal se kantoor te nader. Die NUK sal ʼn gedragskode opstel vir ANC-lede wat sake met die staat doen.” Die NUK het verder sy “uiterste walging” uitgespreek teenoor onder meer berigte in The New Age, ANN7, asook City Press en ander media wat die ANC gebrandmerk het as ʼn “groep faksies vir een teen pres. Zuma”.

Op ʼn vraag van joernaliste het Mantashe verder bevestig dat lede van die ANC wel die week met die Gupta-familie sal vergader. “Ons sal hulle konfronteer indien dit nodig is.” Hy het ook gesê indien Duduzane Zuma, Zuma se seun, se sakebelange met die Gupta-familie ʼn invloed op die ANC het, daar opgetree sal word.

Op ʼn vraag of Zuma “gaan doen wat die mense wil hê jy moet doen”, naamlik bedank, het Mantashe gesê die kwessie om Zuma te herroep of vir hom om te bedank “is nie eens bespreek nie”. Mantashe het gesê dat die kwessie van kabinetskommelinge ook nie bespreek is nie, maar het wel gesê dat die ANC se “top-ses” altyd sal verwag om in besluite geken te word.

Mantashe het oor die ekonomie gesê die NUK het ʼn gedetailleerde voorlegging van die komitee vir ekonomiese transformasie ontvang oor die stand van die ekonomie. “Die voorlegging het gefokus op maatreëls om vertroue te herbou en groei te stimuleer.” Die NUK het ook sy steun toegesê aan die implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan en die negepuntplan wat Zuma in staatsrede aangekondig het.

Volgens Mantashe het die NUK versoek dat daar ʼn vinnige oplossing gekry moet word vir die openbare onmin tussen die minister van finansies en ander openbare agentskappe. Die NUK het sy volle vertroue in die minister bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Oupa ·

Jislaaik! Die NUK het vertroue in álmal: dit lyk of die hele land se probleme sommer klaar opgelos is oor ‘n langnaweek by ‘n hotel. Hoekom klink dit vir my of kroeg-praatjies baie in gemeen het met dié storie?

Veritas ·

Oupa jy is doodreg. Die NUK is dronk van magsbeheptheid en hulle besluit is gemaak met net een doel voor oë en dit is die beskerming van hul eie posisies.

Tiger ·

Dit was net ‘n byeenkoms van al die top narre in die ANCircus.Jammer maar zuma wek geen vertroue by my op nie.Hy weet nie eers wat in die land aan die gang is nie!Kyk net waar staan die werkloosheid syfer teenoor wat dit was toe hy vir sy eerste termyn gekies was?Ag nee wat ,dis als ‘n mors van tyd.

Koos van den Berg ·

Sou graag wou weet hoeveel geld die Guptas, vir die ANC gaan skenk vir die plaaslike verkiesing.

Koos van den Berg ·

Sou graag wou weet hoeveel geld die Guptas, vir die ANC gaan skenk vir die plaaslike verkiesing.

JAN BRITZ ·

Dis net geld wat enigeen nog kan oorreed om die nar nog te ondersteun. Want die land se belang is wragtag lankal nie meer deel van hulle denkwereld nie. Ons gaan ten gronde maar hulle klou vas aan hulle strukture. Ongelooflik.

Johann Marx ·

Nie net geld nie, Jan. Vrees is die beste vorm van motivering…

HvdW ·

Die sweer is net te diep. Zuma het al sy bondgenote in al die belangrikste sleutelposte rondom hom.

Michael ·

Ek het nie geweet die Guptas het soveel mag nie dit is skrikwekkend nou kan net die kiesers Zuma uithaal by die stembus maar almal weet dit gaan nie gebeur nie so finansiële swaarkry is ons voorland.

Andre ·

Hierdie kom geensins as ‘n verrassing nie. Die anc dink om ‘n front van eenheid voor te hou maak hul sterk….ongeag wat dit aan die land se ekonomie doen. Die stemproses en kieserstalle is ook nie meer bo verdenking nie. Dit laat ‘n wrang smaak en bittere teleurstelling. SA is nie lankal nie meer ‘n land van ware demokrasie nie. Hulle mikpunt is om mense te onderdruk en ongeletterd en arm te hou.

Gideon ·

Nou voel ek so verleë!! Ek het gedink hier kom dit nou!! Totsiens Zuma!! Eintlik moes ek geweet het- ANC eerste, en nie die SA en sy nense!

Gerd Lourens ·

Dis nes Zim. Die korruptes kan nie bekostig om stortkop te herroep nie, want terwyl almal steel, word hy gebruik as weerligafleier.

Hopelik kos dit hulle by die stembus.

Jaco ·

Julle almal wat so graag vir Zuma wil weg he, moet net onthou dat sy plaasvervanger PRESIES net soos hy sal wees:
korrupsie gaan dieselfde bly, hy gaan steeds R3miljoen per jaar betaal word, hy gaan steeds baie onnodige buitelandse reise onderneem, hy gaan steeds se rassisme is net rassisme as wittes lelik is met swartes, hy gaan affirmative action behou en hy gaan steeds teen Afrikaans diskrimineer.

Theo ·

Ek het weereens gefouteer deur te dink dat daar in die NUK tog moontlik iets steek wat die mense van SA hoop gaan gee vir die toekoms. Ek was verkeerd. My voorouers was 120% korrek. Alhoewel reeds bietjie laat, begin ek van vandag af my denkrigting te verander. Van hier af vorentoe is dit uiters noodsaaklik om finansieel te oorleef en sal sorg dat ek en my nageslag oor 22 jaar nogsteeds hier sal wees en sterker as ooit. Onse mense kan en moet n bydrae maak omdat ons die moed en wilskrag het om dit te doen. As ek dan van hier af geklassifiseer gaan word as n rassis omrede ek na my mense en myself gaan kyk, dan is ek maar. Die bietjie hoop en vertroue wat daar moontlik kon voortspruit uit die naweek se NUK vergadering is finaal die nek ingeslaan. Ons staan op ons eie, klaar. Ek is nie n negatiewe persoon nie, maar beslis ook nie n volstruis nie. Dis tyd dat almal groepeer waar hy of sy gemaklik voel. Ek voel gemaklik met Solidariteit en\of Afriforum.

anta ·

Aag niks gaan kom van zuma en sy trawante nie, hulle so slim om n storie te verdraai en al wat anc ondersteuners glo hom…maar hull grou daai gat net dieper….n swart Zimbabwer vrou my gese afrika soek geen wit nasie in afrika nie..nou begin ek haar te glo…as die moorde so aangaan, gaan hier nie baie oorbly….my seun vandag by lughawe in jhb mense gaan sien, wat mense help om werk in canada te kry, dis n suid afrikaner wat nou in canada bly wat mense kom toespreek,en hy vol moes kinders indruk…hulle het hom al gesien laasjaar, maar die finaale reelings word bespreek….ons blankes gaan al hoe minder raak…dan wil ek sien wie gaan eskom en municipality onderhou…en ons kinders moet uit skole en university en hul eie skole ding doen..dan wil ek sien vir wat wil hulle nog dans!

jaco ·

Maak DOODSEKER hierdie recruiter uit kanada is above board en legitimate. Baie van hulle is scams wat desperate wit mense van SA target en dan verdwyn sodra hulle R200000 en meer uit elkeen van hulle aansoekers gemaak het.

Veritas ·

Net soos ek voorspel het. Die Zuma-seekat het sy tentakels te wyd gesprei. Sy lakeie is in al die belangrikste ANC magsposisies ontplooi. Die NUK is tussen die duiwel en die diep see. Watter keuse hulle ookal sou maak, gaan verreikende gevolge inhou en dit was hulle deeglik van bewus. Hulle keuse was gemaak nie omdat hulle werklik glo Oom Jakob is die regte man vir die pos nie maar omdat hy vir hulle sakke sorg en hulle is terdeë bewus daarvan. Hoe dit ookal sy, dié besluit van die NUK bewys net weereens dat die belange van Suid-Afrika en sy burgers, maar redelik laag op die ANC se agenda is. Ou Julius glimlag egter breed. Hy is bewus daarvan dat dié besluit in sy guns tel. Selfs die DA, wat aanmekaar met hofsake dreig, besef dat hierdie besluit, hulle net tot voordeel kan strek.

Willie ·

Al verloor die anc ook by die stembus sal hulle net soos robert mugabe nooit mag afstaan nie. Ek spel spesiaal sekere woorde en name met kleinletters want hulle is nie hoofletters werd nie.

Theuns ·

Ons het die NUK se uitslag verwag. Ons volk het die vermoe om vir situasies te lag en sommer so in die lag en proes kom ‘n mens agter die waarheid van dit wat gebeur! Ek kyk die naweek na Toks en Tjops en net daar ondek ek ‘n nuwe speletjie vir Ministers en ander parlementariers. Dit spel se naam is “GUPTA’S EN JOBS”. Die spel is ‘n sielkundige spel van Monoplolie, Skaak en tata ma chance! Dit werk so: Die “Aanbieders”(Gupta’s) bied op ‘n slinkse manier vir No 1(Zuma) en sy kinders mooi jobs en gekenke aan. Zuma val vir die grap. Die volgende stap is om gunste van No 1 te kry, maar dit moet ongesiens gedoen word. Die paket word deur die Zupta’s op die tafel geplaas.( Hulle wil die volgende he: Die vlugroete tussen SA en Indie, Die Optimum myn, Eskom kontakte ens. Zuma kan nie weier nie. Zuma is bang hy word uitgevang. Die besonderhede van die plan word bespreek. Basies behels dit die volgende. Die (Aanbieders) Guptas bied jobs aan geselekteerde Parlementariers. Zuma stel aan.(Hy kan dan met reg verklaar dat hy die enigste person is wat Ministers kan afdank en aanstel.) Die persone wat agterna se dat die Gupta’s hulle werk aangebied het word as leunaars uitgemaak. En walah,” Zuma seevier weer en regeer tot Jesus Kom”!! Hy maak egter een mistykie! Jesus kom dalk gouer as wat hy Zuma dink!

Henry ·

Is tog voor die hand liggend dat die ANC nie op die vooraand van die plaaslike/munisipale verkiesings van hul leier – Zupta – ontslae kan raak nie.

Nietemin. Dat sy doppie na alle waarskynlikheid reeds geklink is, is moontlik waar.

Indien die ANC wel groot verliese tydens die komende plaaslike verkiesings sou ly, is die kanse beter dat hulle voor die algemene verkiesing in 2017 wel van hierdie meulsteen om hul nekke ontslae sal raak.

Maak ondertussen vrede met die feit dat Zuma vir die huideige steeds in posisie sal bly. Weliswaar met heelwat minder steun en met allerlei ‘kontroles’ in plek om verder skade vir die ANC party te verhoed.

sue ·

Ja zuma praat die waarheid. Net hy stel ministers aan. Maar met di guptas se invloed. Dit is n diktator regering. Ministers word nie aangestel wat bevoeg is nie, maar wat spring as hy sê spring. En ja al daai onbevoegde ministers sal hom steun. Want as hy val dan val hulle saam. Waar sal hulle met hulle onbevoegdheid weer sulke goeie posisies kry.

Adri ·

Die Afrika Kultuur en die gebrek aan oordeelsvermoee, gaan die ANC vernietig. Die meuel maal verseker, dit is net ‘n kwessie van tyd, Van een pappot tot die volgende, so word alles venietig en opgevreet. Kyk na Afrika. Suid Afrika is deel van die bakhand staan. Die ANC sal Altyd na ‘n Baas soek. Kyk na hulle gevryery by die BRIC”S lande

Dries ·

Adri,ek stem saam. Ongelukkig sal die Anc uithou so lank daar stemmers is. Sodra die land se rug finaal gebreek is val alles en almal saam deur die planke. Die staat se planne kan en mag in elk geval nie verder ondersteun word nie. Rebelleer dus deur sanksies. Sorg dat jy gebuffer is. Dit beteken vir elkeen van ons om te beplan ,spaar,buitelandse beleggings, buffers en planne vir selfbehoud. Mens staan weerloos. Skaal dus af en fokus op planne vir jouself en ons mede genote.. As al die boere ophou boer is daar geen voedselsekerheid.oorweeg dus ook aksie om boere meer te beskerm of ondersteun op enige manier soos via solidariteit. Net soos die swart brotherhood staan ek bankvas agter my mense.die enigste verskil is dat lg. tot nou te ordentlik was. Ek se weg met BEE, weg met bemagtiging.weg met alles wat die Anc regime verder volstop

Nonnie ·

Al die brakkies het saam gekef…….. ha ha ha Die hele NUK is Zuma se selfaangestelde keffiertjies!!!

Christo ·

Stem net Ja dan sal alles regkom! Daar is wigte en teenwigte!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.