ANC olie op georganiseerde misdaad se vuur – drukgroep

(Foto: Unsplash)

Die drukgroep Action Society sê rowers teiken al hoe meer polisiebeamptes en -stasies landwyd vir vuurwapens te midde van vrese dat onwettige wapens geweldsmisdaad in Suid-Afrika aandryf.

Volgens die Global Initiative Against Transnational Organised Crime is Suid-Afrika negentiende op ʼn lys van 193 VN-lidlande op die internasionale georganiseerde misdaadindeks.

Onder Afrika-lande lê Suid-Afrika in die vyfde plek, met net die Demokratiese Republiek van die Kongo, Nigerië, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Kenia wat vrotter gevaar het.

Ian Cameron, woordvoerder vir Action Society, waarsku al hoe meer Suid-Afrikaners gaan weens misdaad sterf omdat die ANC se “monopolie op wetstoepassing” gaan beteken georganiseerde misdaad hou aan toeneem.

“Die ANC is ʼn korrupte organisasie wat teer op georganiseerde misdaad in Suid-Afrika. Hoe kan daar van hom verwag word om te regeer en wet en orde te handhaaf as hyself by misdadige bedrywighede betrek word?” sê Cameron.

Bheki Cele, minister van polisie, het onlangs bevestig 289 polisiebeamptes se vuurwapens is buite polisiestasies van hulle gesteel. Oor die afgelope twee jaar is minstens 10 polisiestasies boonop van vuurwapens of ammunisie beroof.

“Die polisie is vinnig besig om een van die grootste verskaffers van onwettige vuurwapens in die land te word – terwyl min. Cele steeds probeer om wetsgehoorsame burgers se reg om vuurwapens vir selfverdediging te besit, te skrap.

“Cele moet ophou om die veiligheid van Suid-Afrikaners te politiseer,” sê Cameron.

Duisende Suid-Afrikaners het reeds beswaar aangeteken teen die vuurwapenwysigingswetsontwerp.

Een van die mees omstrede wysigings is die skrapping van “selfverdediging” as rede om ʼn vuurwapen te besit. Ander besware sluit in die beperking op die getal vuurwapenlisensies wat toegewyde en beroepsjagters mag besit en die verwydering van die vermoë om vuurwapens en ammunisie in private versamelings te hou.

Cameron sê Action Society steun die desentralisering van die polisie en glo dit gaan lei tot beter bestuur, aanspreeklikheid en prestasie.

“Action Society het groot simpatie en empatie met die goeie manne en vroue in blou wat hul beste doen met min of geen hulpbronne van die polisie nie.

“Ons salueer hulle en bedank hulle vir hul onbaatsugtige dapperheid terwyl hul leierskap gebrekkig is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SomeOne ·

jo,
nou wat wou jy dit gemaak het, lees net en verstaan, begryp en dis al wat jy moet doen

annie ·

Eintlik is ons nou in pas met die wêreld. Waar gaan dit beter? Roelf en Frikkie was so bang dat die land se rus en vrede versteur sal word deur terroriste dat hulle dit toe maak aan die terroriste oorhandig het. Slim. Iemand onder hulle was soos Zuma ook nie goed met somme-maak nie, maar hy kon planne maak…

Friedrich ·

Dit is hoekom ek vir die UIM gaan stem, want hulle gaan dinge reg doen en nie net praat en praat nie.

Willem ·

“Good luck” om ‘n dubbelle verraaier te vertrou met jou toekoms!

Keith ·

The new (anti) gun laws are designed for one purpose only – to disarm the whites. No other reason.

Nie Verbaas ·

Wonder elke dag of Cele homself aantrek in die oggend?

Frank John ·

Bheki Cele, is die hoof van die “SA Mafia” wat die “crime” in die land bestuur. Onskuldige mense word meer gevang en vervolg as die skuldige kriminele. Klein mistrappies is vir hom erger as die groot kriminele georganiseerde kriminele optredes en dade.

Jack ·

As ons net kyk wie die anc verteenwoordig sou ek se dat die anc georganisserde misdaad is en nie teen hulleself kan optree nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.