ANC onderneem om ‘verdeling’ te takel

ANC-hoofsweep Jackson Mthembu (Foto: GCIS)

Die ANC se topleierskap het Dinsdag onderneem om faksies binne die party te beveg en toegegee dat faksies die party nadelig kan beïnvloed tydens die nasionale verkiesing in 2019.

ANC-hoofsweep Jackson Mthembu het ná ʼn koukusvergadering in die wetgewer aan verslaggewers gesê LP’s het die leierskap van die party versoek om beslissend op te tree teen faksies. “As ons onderling verdeel is, sal ons mense nie vertroue hê nie en dit sal ons verkiesingsveldtog nadelig beïnvloed,” het hy gesê.

ANC-sekretaris-generaal Ace Magashule, wat daarvan beskuldig word dat hy met voormalige pres. Jacob Zuma en ander senior lede teen Ramaphosa saamsweer, het by Mthembu aangesluit tydens die perskonferensie. Magashule het die afgelope naweek aan verslaggewers gesê die ANC se NUK het bepaal dat alle leiers deursigtig moet wees oor hul bewegings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

IK ·

Toentertyd 60 jaar gelede het mnr. ‘Shorty’ in die Engelse klas ons iets geleer wat my bybly:
‘You can fool all the people some of the time; You can fool some of the people all the time; BUT you can not fool all the people all the time’.

Neels ·

Mnr Mthembu was besig om verskagewers toe te spreek en hier kom staan sy edele Ace langs hom . Hoekom seker om hom te intimideer dat hy nie uit sy beurt praat nie , hoekom anders . Faks maar julle faksie heen en weer tot vervelens toe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.