ANC ondersteun OB

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Ondanks talle hofuitsprake teen haar, het die regerende ANC Dinsdag gesê hy ondersteun die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, en sal haar nie vra om te bedank nie.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, en sy adjunk, Jessie Duarte, het die media toegespreek oor die uitslag van die nasionale uitvoerende komitee se vergadering wat die afgelope naweek gehou is. Duarte het gesê die regerende party het nie enige opdrag aan sy koukus in die parlement gegee wat betref Mkhwebane se toekoms nie.

“Die ANC ondersteun die Openbare Beskermer se kantoor. Ons het haar nie versoek om te bedank nie. Wanneer sy ʼn bevinding maak, het die betrokke persoon die reg om die bevindings te daag en dit te laat hersien. Die president [Cyril Ramaphosa] het reageer deur haar bevindings te hersien; net soos met [minister van openbare ondernemings] Pravin Gordhan, kan die OB se bevindings nie geïmplementeer word terwyl dit hersien word nie,” het Duarte aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

Jessie Duarte, adjunk- sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

“Ons het nie bespreek of sy moet uittree nie. Ons primêre fokus is om die wet te gun om sy gang te gaan. So, ons ondersteun haar steeds en sal dit steeds bly doen.”

Regter Sulet Potterill in die Pretoriase hooggeregshof het Maandag ten gunste van Gordhan beslis in ʼn dringende aansoek om ʼn interdik te bekom teen Mkhwebane se aanbevelings. Potterill het gesê Mkhwebane se regstellende aanbevelings teen Gordhan was “vaag, teenstrydig en maak nie sin nie”.

Mkhwebane het Potterill se uitspraak veroordeel en gesê sy sal appèl aanteken.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Mkhwebane telkens in die hof ondersteun en gesê hulle sal die saak na die konstitusionele hof neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

John ·

Jessie en Ace is twee baie interessante dog ingewikkelde karakters. Skynbaar hang die hele ANC-bestuur en die sowat 5 000 vollede aan hul lippe; wat om te dink en wat om te doen. En diè twee bestuur die gang hetsy ondergang van SA. Hierdie twee en hul geliefde oompie Z en antie x-Z is ‘n skat wat vir die nageslag bewaar moet word… eendag… in glaskaste in die parlement soos ware goeie burgers uit die dae van die dierbare Egiptiese Faraos… gebalsem en omring deur al hul skatte en katte… in watte…

Johann cb ·

Die President het sélf daaraan gewoond geraak dat die howe die land namens hom regeer!

Waldo ·

Natuurlik doen die ANC…
En wanneer hulle die Hoëgeregshof geïgnoreer het, en Afriforum hulle daarop uitroep, en wanneer daar ‘n “internal investigation” is, én wanneer hul die OB afdank sal sy nét weer ‘n ander pos kry… Cyril het nie ‘n sê hierso nie

Adam ·

Tipiese ANC gedrag: Aanvaar korrupte optrede en wag vir die lawaai wat volg om te bedaar. Wat ‘n moreel korrupte en verotte lot.

Ander Koos ·

Al hierdie onsinnige hofsake is mors van tyd en geld. Besef hulle dit nie?

Gert van Wierdapark ·

Kan mens die arrogansie glo!!! Lyk my die Soustrein moet ten alle koste beskerm word! Skynbaar speel harde feite nie ‘n rol in besluite nie!!! Eish

Gert van Wierdapark ·

Moenie vergeet nie! Die OB ondersteun self (sekeres) in die a en see, maar die prez en mini-ster Gordhan tel nie onder die uitgesoektes nie!

George in Bloem ·

Asof enige iemand iets anders verwag het……en hulle(die ANC) en die EFF stem saam in die geval,soos mens natuurlik van sulke groot tjommies verwag. Dumb & Dumber.

JV ·

Haar volgende kruisie sal vir die EFF wees as dit nie al was nie.

Johanna Botha ·

Huh dit nadat die hof se sy het gelieg en onbewaam is …nee kyk ek dink ek moet nou my kop laat lees met die anc!

Ben Parsons ·

Hoe kan ñ skelm soos (ace) sy groot mond rek. Wonder of daar iemand in die land is, waarteen reeds bewyse van bedrog en en en is, wat niks oorkom nie.
Ai!!!!!!! Wat nog.

Moenieklanie. ·

Haai Julle, Julle vergeet die woord “struggel hero’s”
As jy nie ge”struggel” het nie is jy nie n “hero” nie. En ook nie “Un-touchable” nie. Die mense het nie n morele kompas nie en SAL nog die land verwoes. He he he he “watch this space”

Schalk ·

Julle blikskottels SUID AFRIKA en sy mense bloei en bloei en julle weier om te erken die party het kern vrot.Onbevoegde aanwending van fondse,misleiding twee vorms van kern vrot.Erken dat julle nie meer weet watter kant toe nie.Slegs onbevoegde mense gee ander die skuld.

Saint ·

As ‘n ace betrokke is hoef jy nie baie ver te soek van waar die stink vandaan kom nie.
Mens kan vra hoe lank moet die tou wees waaraan ‘n klag van sedisie aangehangkan word

Sarel ·

Nota aan die regerende party.
Ons ondersteun nie die ob nie.

ne ·

Ja ondersteun haar want sy moet die kaders beskerm! Wat van die R70,000 vanaf die Guptas??????????

A Mac ·

Nou wat het die mense gedink? Dat die anc ontslae sal raak van iemand wat hul skeidsregter is? Jy stuur mos nie jou comrades van die veld af as daar ander is wat dinge net moeilik kan maak vir jou span nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.