ANC ondersteun verwydering van standbeelde, maar…

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die ANC het Dinsdag gesê dat hy die verwydering van verdelende koloniale en apartheidsera-standbeelde ondersteun, mits openbare gesprekke eers daaroor gevoer word.

Keith Khoza, woordvoerder van die ANC, het gesê hoewel die party “versoeke vir versnelde transformasie” ondersteun, die verwydering van enige standbeelde en simbole eers deur gesprekvoering voorafgegaan moet word. Khoza het gesê dat die ANC nie vandalisme en die onregmatige verwydering van standbeelde sal ondersteun nie.

Dit kom nadat die standbeeld van Paul Kruger Sondag met groen verf geskend is en die perdegedenkbeeld in Port Elizabeth Maandag beskadig is.

Indien die standbeelde wel verwyder word, moet dit in ʼn museum geplaas word waar toekomstige generasies Suid-Afrika se geskiedenis kan besigtig, het Khoza gesê. “Hierdie verskuifde beelde moet met ʼn vertelling uitgebeeld word wat verduidelik wat hierdie persone gedoen het en hoe hulle optrede in teenstelling is met Suid-Afrika se vordering.”

In ʼn amptelike verklaring wat Dinsdag deur die ANC uitgereik is, het partywoordvoerder Zizi Kodwa gesê dat versoeke om koloniale en apartheidsera-standbeelde te verwyder ʼn aanduiding is van die onderliggende probleem van ʼn tekort aan transformasie in instansies en die samelewing in die algemeen. “Vir te lank is diepgewortelde en geïnstitusionaliseerde weerstand teen transformasie die kenmerk van baie dele van ons samelewing en hierdie onuithoudbare situasie moet verander,” het hy gesê.

Kodwa het verder gesê dat Suid-Afrikaners moet debatteer oor die wyse waarop standbeelde en simbole bewaar moet word sodat die land se geskiedenis en wat dit verskillende gemeenskappe beteken, nie vergeet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anton Smit ·

Wat van die feit dat daar van die standbeelde wat deur die anc opgerig is weer ander mense pla , gaan hulle ook verwyder word na saamesprekings

Jo ·

Kom ek raai. Vir die soveelste keer gaan daar gepraat word. Onderhandel, verklarings uitreik, plakate voor monumente swaai, briewe aan ministers skryf, onsinnige vrae in die parlement vra, gaan moan by die VN, dreig met verhoogde spanning in die land, vergaderings hou ens. ens. En raai wat gaan gebeur? Niks. Hulle steur hulle nie daaraan nie en verwyder die monumente want ons het onsself oor-en-oor bewys as te sleg om voet neer te sit en beheer te neem en ons dink steeds die toestand kan reg onderhandel word.

Peet Schabort ·

Jy is doodreg Jo, dis ook die definisie van ons liewe demokrasie waar die minderheid die kans gegun word om deel te neem aan hulle eie ondergang.
In Ingels: “A democracy in the RSA is where you give the minority a chance to participate in their own downfall”.
“Gesprekvoering” voordat jy doen wat jy buitendien sou doen. Kommunisme kruip weg agter demokrasie.
Wonderlik en inspirerend!

Jo ·

Peet jy kon dit nie raker opgesom het nie. As ek en jy dit weet, wil jy vir my sê ons is die enigste twee in die land? Dit begin so lyk.

Peet Schabort ·

Jo, ons opvoeding is ons ondergang. Die vertroue wat ons het in ander dat hy/sy nie agterbaks sal wees met jou. Die “moenie aan andere doen wat jy nie aan jou gedoen wil hê” bestaan nie in daardie opvoeding. Ons (ek inkluis) word telkens gevang waar ons nalaat om die naam, datum en tyd neer te skryf wanneer ons met iemand ‘n belangrike aangeleentheid bespreek het. Agterna het hierdie dinge jou ontglip want jy het vertroue gehad in die ander. Nog ‘n voorbeeld is ons liewe poskantoor waar koeverte nie ‘n datumstempel het en as gevolg daarvan het jy geen bewys wanneer jy ‘n belangrike posstuk laat ontvang het. Hierdie is alles slim plannetjies om die onbeholpenheid te verbloem. Waar in jou lewe het jy gesien ‘n land kan regeer word maar as voorbeeld kan die riool nie uit damme gehou word. Jy hoef nie insae te hê in ‘n land se geldkoffers om te weet hoe dit gaan, al wat nodig is is om na die vervoerstelsel te kyk. Ek glo dat ek nou besig is om af te dwaal.

ig ·

Wat sal gebeur as ons mandela se standbeeld omtrek dit gaan gebeur

Ig ·

Mooi ek dink mandela se standbeeld moet ook om getrek word wat dan oog vir n oog tand vir n tand

Alida ·

As die beelde verwyder moet word moet hulle sin ook verwyder word, ALMAL INSLUITEND MANDELA

Johannes ·

As ‘n standbeeld sonder ‘n geldige rede uit sy posisie verwyder word en in ‘n kampie geplaas word, het daardie standbeeld geen waarde meer nie, want dan is daar vir daardie spesifieke bevolkingsgroep gese julle kultuurerfenis het nie meer ‘n regmatige plek in “ons” (die EFF) se samelewing nie. Dit is verseker strydig met die grondwet en sal geensins tot versoening bydra nie. Dit sal eerder tot erger wrywing tussen die bevolkingsgroepe lei. Die EFF impliseer dat die land aan hulle en die ander swartes alleen behoort. Derhalwe matig hulle hulself aan om te besluit wat sal toegelaat word en wat nie. Hulle het ook reeds gese dis die blanke standbeelde wat verwyder moet word, want hulle interpretasie van die geskiedenis is dat alle blanke standbeelde aan apartheid of kolonialisme gekoppel word. Soos ons almal wat die geskiedenis ken, weet ons dit is nie waar nie. Dis net ‘n rookskerm om ons Afrikaners (en alle ander witmense) by te kom. My vraag aan hulle is: “vir wat?” Watter bydrae maak dit tot die land. Hoekom doen hulle nie liewer iets positiefs soos om die lot van hulle eie mense te verbeter nie. Wat het die EFF al op die tafel gesit, behalwe om telkens iets anders uit te dink om ander mense in die samelewing (ook die ANC) aan te val? Hierdie aangeleentheid sal nou die ware en sterk leiers in die land na vore bring (swart en wit).

Theresa ·

Ag siestog – En julle punt is………………………..???????????????????????

Jonie ·

Peet, met jou kommentaar oor ons opvoeding wat ons ondergang is, stem ek 100%+ mee saam. Dit is ook nie in ons opvoeding om oor elke dingetjie te staak en wegbly aksies te ondersteun nie, om maar net nog ‘n voorbeeld te noem.

Theresa, en jou punt is……….???!!!

Peet Schabort ·

Jonie, daardie GEWETEdeel waarmee jy moet saamleef wat ontbreek by plunderaars is ook prominent in ons opvoeding.
Theresa het wel ‘n punt, ‘n stomppunt . . .

Rynhardt ·

Natuurlik sal die Anc die verwydering van standbeelde ondersteun, want sy geliefde Vryheidsnanifes ondersteun dit! Dan wil hy eers daaroor praat? Kyk hoe speel hul die publiek! Vir 21jaar het Afrikaners nie n toekoms nie, ons mense word op plase en stedelike gebiede uitgemoor! Afrikaanse skole ens. moet verengels Alles gemik teen ons mense! De Klerk en Ferdi Hartzenberg, voormalige leier van die KP moet nie eens vandag hul gesigte in die openbaar wys nie! Die KP se taak was juis om verdeeldheid in afrikanergeledere te skep!Die Franse skrywer, Jean Raspail het in 1970 juis gese hoe vreemde volkere lande binnestroom en die wettige eienaars gaan ontroon met getalle! Is dit nie wat met SA en ander lande gebeur het nie? Boy, oh boy, hy was meesterlik in die kol met sy voorspelling!

Janine du Plessis ·

Daai beelde gaan nerens nie! Hulle staan daar vir ‘n rede. Jan was nooit in die Transvaal nie en oom Paul het in Pretoria gewoon. Die ANC is oor ‘n 100 jaar oud. Dis tyd dat hulle in die museum gaan staan met ʼn vertelling wat verduidelik wat hierdie persone gedoen het en hoe hulle optrede in teenstelling is met Suid-Afrika se vordering.” Die stanbeelde het nog nooit hul voetstukke verlaat om by huise in te breek, mense te verkrag of te vermoor of die land bankrot te steel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.