ANC-ondersteuners gaan burgemeester glo te lyf

Midvaal se burgemeester, Bongani Baloyi, het geringe beserings tydens die aanval opgedoen. Foto: Facebook

Midvaal se burgemeester en twee amptenare is vir geringe beserings behandel nadat ANC-ondersteuners hulle glo tydens ʼn Boomplantdag-geleentheid aangerand het.

Mmatshepo Chiloane, woordvoerder van die burgemeester, Bongani Baloyi, sê die geleentheid het heel vreedsaam begin in Savanna City, 10 km noordwes van Meyerton, die setel van die enigste Gautengse munisipaliteit wat die DA met ʼn volstrekte meerderheid beheer.

Baloyi en van sy amptenare was veronderstel om bome in ʼn nuwe behuisingsontwikkeling te plant. “Maar die boomplantery is ontwrig toe ʼn groep uitgevat in ANC-klere en met ʼn amptelike partybanier die burgemeester en lede van die burgemeesterskomitee begin teister het,” sê Chiloane.

Volgens haar het die groep die burgemeester toe na bewering te lyf gegaan en met ʼn klip aangeval, voor hulle glo munisipale eiendom begin plunder en skade van R62 000 aangerig het. “Klanktoerusting wat aan die munisipaliteit behoort, is ook tydens die voorval gesteel.”

Nadat hy behandel is, is Baloyi na die De Deur-polisiekantoor geneem, waar ʼn klag van opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die opset om ernstig te beseer ingedien is.

“Maar intussen het dit aan die lig gekom dat die hoofverdagte in die aanranding die burgemeester na die polisie kantoor gevolg het,” sê Chiloane, “en ʼn teenklag van aanranding teen hom aanhangig gemaak het.”

Baloyi is toe ook in hegtenis geneem en op borgtog van R500 vrygelaat.

Chiloane vertel die twee amptenare wat glo aangeval is, is deur die hoofverdagte aangesê om “inkriminerende bewyse” van die voorval op hul kamera uit te vee. “Albei amptenare is ook behandel nadat die een weens die aanranding ʼn angsaanval gekry het.”

Midvaal se burgemeesterskantoor veroordeel die aanval op Baloyi, burgemeesterskomiteelede en munisipale amptenare. “Midvaal respekteer elke inwoner se reg om vreedsaam te betoog,” sê Chiloane in ʼn mediaverklaring, “maar geweld van dié aard, wat nie net die burgemeester nie maar ook amptenare en honderde inwoners, onder wie kinders en bejaardes, se lewe in gevaar stel, kan nie aanvaar of geduld word nie.”

Sy vra enigeen wat tydens die voorval beseer is, moet met die munisipaliteit in verbinding tree of ʼn klag die De Deur-polisie indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Thinus ErasmuS ·

Met die wettiging van dagga, moet ons seker die BOOM blameer.

Johan ·

Dis nét in Suid-Afrika waar die slagoffer gearresteer word. ONGELOOFLIK!

Ronel ·

Ek moes myself al teen n verkeerskonstabel verdedig. Hyt my met sy boekie geklap en ekt myself verdedig. Ek is toe gearresteer op aanklag van aanranding en “obstrucrion of justice”.

Mrs H ·

Duidelik probeer ANC baie hard om DA bestuurde gebiede te saboteer, dis duidelik in Wes-kaap ook. Bv: trein trokke wat so uitbrand en ook in Meyerton area op die R59 hoëweg, waar gereelde proteste gehou word. ANC moes ook agter gekom het, dat die tronke oorloop met ANC lede…. Ivm hierdie artikel, wat was die rede vir die protes? Vir die aanranding, met klippe nogal? Die plant van bome? Is daar nie n verskil tussen protes en net blatante terroristiese, moeilikheid opstokery en bende aksies nie?

Jaco ·

Sjoe! Proeflees ‘n bietjie julle artikels voordat julle dit plaas. Julle begin net so sleg raak soos NetNuus!

Morné van Rooyen ·

Dagsê Jaco! Dankie vir jou terugvoering. Ons het twee tikfoute in die voorlaaste paragraaf reggestel. Laat weet gerus as daar nog is. Groetnis, Morné nms. Maroela Media.

Jerry ·

Slagoffers wees gewaarsku dat die radikales en hulle wetstoepassingspelle julle gaan teiken en dan treiter met gemenespel! Julle moet maar body cameras begin dra!

E.K. die eerste ·

Kommin, kommin, kommin. Sore loosers. Ag ek kan baie goed sê…

Antjie ·

Een ding verstaan ek nie: Die skelms volg hulle na die SAPD, maar, SAPD laat toe dat die inligting verwyder word?? Waar is die OPOD? Het die burgemeester nie sekuriteitstoelae nie? Dis dalk belangrik vir die res van SA…

willem Botha ·

Sê die DA wen n algemene verkiesing die anc sal nooit die mag oorgee nie soos de klerk en sy kaders gedoen het nie.

Cherokee ·

2 (uiteenlopende) punte wat ek wil uitwys op jou stelling.
1. De Klerk en sy ja-stemmers het nie geveg vir ‘n oorwinning nie, maar die oorwinning
op ‘n skinkbord aangebied aan die opposisie. Of dit verkoop is of weggegee is sal min
mense weet. Of daar kon bekostig word om ‘n kortbroek met ‘n langbroek te
vervang, sal nie eens die Ja-stemmers weet nie.
2. Daar is geen hoop ooit dat die DA ‘n algemene verkiesing sal wen nie. Hierdie is
Afrika. Dit sal slegs ‘n selfs meer kommunistiese Donker Afrika party wees wat die
touleiersposisie uit die anc-hande neem.

Elna ·

Ek dag lyfstraf is heeltemaal verbode in Suid Afrika? Nou lees ek dat die cANCer n burger meester te lyf gegaan het? Eish man kan net lag vir hierdie sirkus mense.??

Cherokee ·

Elna, ek geniet jou sin vir humor. My ouboet, wat 6 weke gelede absoluut onverwags na ‘n ander dimensie beweeg het, het gesê hy sal nooit emigreer nie want ander lande het nie sulke interessante politiek soos Suid Afrika nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.