ANC-ondersteuners glo oor kleredrag weggewys

ANC-plakkaat tydens die 2011-verkiesingsveldtog

ANC-plakkaat tydens die 2011-verkiesingsveldtog

Die ANC in die Oos-Kaap het gesê hy het berigte ontvang dat kiesers met ANC-T-hemde glo by van die stempunte weggewys is.

“Ons het ʼn aantal berigte van ons party-agente en verkiesingstrukture in die provinsie ontvang dat die ANC-lede en -ondersteuners weggewys is omdat hulle ANC-hemde aangehad het,” het Mlibo Qoboshiyane, verkiesingskoördineerder van die ANC in die Oos-Kaap, in ʼn verklaring gesê. “Dit is ontstellend, omdat die verkiesingswette nie mense verhoed om party-klere aan te trek wanneer hulle stem nie.”

Volgens Qoboshiyane het dit veral in die plattelandse en afgeleë gebiede plaasgevind.

“Ons het die saak onder die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se aandag gebring by die provinsiale bedryfsentrum. Ons sal die situasie steeds monitor,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.