
Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC en woordvoerders Pule Mabe en Dakota Legoete na afloop van die vergadering. (Foto: Gertrude Makhafola/ANA)
Die ANC het sy Jeugliga (ANCYL) ontbind en ʼn taakspan aangestel om dié arm van die regerende party weer op te bou.
Ace Magashule, die party se sekretaris-generaal, het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie ná afloop van die vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gesê die Jeugliga se mandaat het verstryk.
Die NUK het die afgelope naweek in Irene in Pretoria vergader.
“Die nasionale jeugtaakspan moet die proses lei om die ANCYL weer op te bou, ʼn plan van aksie in werking stel en ʼn nasionale kongres vir die ANCYL te organiseer,” het Magashule gesê.
Lede van die Jeugliga het Vrydag wéér betoog en die verwydering van die ANC se ringkoppe, wat hulle “bejaard” genoem het, geëis.
Die ANCYL het gesê die top-leiers moet van hulle pligte onthef word, omdat hulle mandaat ook verstryk het.
Thandi Mahambehlala, ʼn ANC-LP, is die sameroeper van die nasionale taakspan, terwyl Sibongile Besani, hoof van die ANC-presidensie, die koördineerder is.
Die span sluit ook verskeie ANC-NUK-lede, provinsiale voorsitters van die ANC Jeugliga, asook sommige van sy nou ontbinde top-ses-leierskap, onder wie Collen Maine, Desmond Moela, Njabulo Nzuzu en Reggie Kabine, in.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Die jonges van die ANCYL begin nou met kampe om jonges te leer skiet. Raak nou militant.
Die troef A is in die kol = die a en see se mandaat se raklewe is verby!!! Finish en Klaar
Hulle word ontbind om weer opgebou te word? Ek verstaan nie ……
Word wakker julle, hulle ontbind die jeugliga sodat hulle nie hoef skuld te vat wanneer daai “jeugliga” ouens begin om mense aan te val na hulle militere training in Augustus nie.
jaag die “ouens” weg..hulle het jare tyd gehad om hulle sakke te vul…die jonges soek nou ook hulle luukse karre en mansions