ANC ‘onthuts’ oor gebeure in Zimbabwe

Gwede Mantashe (Foto: ANA)

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die party was onthuts oor die militêre oorname in Zimbabwe wat Robert Mugabe se 37 jaar lange bewind tot ʼn einde gebring het.

Daar was geen gesprekke of waarskuwings tussen Zimbabwe se Zanu-PF en die ANC oor die verwydering van Mugabe nie. “Ons het nie geweet wat gebeur nie. Enigiemand wat dink iemand anders het in ons oor gefluister dat Mugabe verwyder gaan word, moet weet dat dit glad nie gebeur het nie,” het Mantashe aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

“Ons was onthuts, maar ons het die ontwikkelings binne die Zanu-PF dopgehou, vandat [voormalige visepresident] Joyce Mujuru uitgeskop is. Daar was ʼn reeks gebeure in Zanu-PF wat ons bekommer het, maar ons het geen beheer daaroor gehad nie, want dit is ʼn sustersparty.”

Adjunkpresident Emmerson Mnangagwa se afdanking was ook ʼn verrassing vir die ANC, het hy bygevoeg.

Pres. Jacob Zuma het vroeër met Mnangagwa in Pretoria vergader. Hy het uit Zimbabwe gevlug nadat hy vroeër vandeesmaand afgedank is en sal na verwagting later Woensdag terugkeer na die land. Die 75-jarige is deur die Zanu-PF genomineer om die presidentskap oor te neem en sal Vrydag ingesweer word.

Jacob Mudenda, speaker van die Zimbabwiese parlement, het Mugabe se bedanking Dinsdag bevestig toe die parlement vergader het, met ʼn mosie om Mugabe te vervolg. Hy het gesê hy het ʼn brief van die 93-jarige ontvang om die beplande aanklagproses te staak.

Mugabe is al sedert 1980 president van Zimbabwe toe die land onafhanklikheid bekom het. Nuus oor Mugabe se bedanking het tot feesvieringe in Harare gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

'Fool' ·

As dit al was wat ek in 1959 in my engelse matriekklas geleer het en onthou dan is dit die moeite werd nl.: ‘You can fool some of the people all the time; You can fool all the people some of the time; But you can not fool all the people all the time’.
So, neem kennis.

Andre ·

Ja Grootmenere anc mense kan jou in ‘n posisie indruk maar dieselfde mense kan jou weer uitskop.

Chrisjan ·

Dis NOU Zuma se beurt om in ‘n staat van beskuldiging geplaas te word in die parlement.Hy was nog nooit ‘n leier nie.Net ‘n vernietiger.

jan_alleman ·

die anc was onthuts want hulle weet hulle beurt kom en dit kom vinniger as wat meeste mense dink

Cherokee ·

Jan, ek weet nie so seker of daarop gehoop moet word nie want die vraag bly oop as die anc in Zimbabwe se spore volg, ten gunste van wie dit sal wees. Dit DA-lede tussen ons, wat ooglopend stiller geword het die laaste jaar of ietwat langer, kan hoop dat dit ten gunste van hul party sal wees maar dit sal ‘n koalisie-konkoksie wees met toegewings in die duisternis van donker afrika in.

Freud ·

Wat se jy nou eintlik Gwede? Dat alles wat in ander Afrika lande gebeur eers die die ANC goedgekeur moet word? Moet julle eers ingelig word oor dinge in n ander land? Hoekom raak jy nie bietjie bekommerd oor jou eie land en sy mense nie?

Countryboy ·

Ek het al gelder…sodra die anc iets se dan is dit net mooi die teenoorgestelde van wat die waarheid is….”Fool” , jy Kon dit nie beter gese het nie…ek dink die anc kan nie regtig meer die massas fool nie…en hulle is bang dieselfde gebeur nou hier…

Jacob Britharius ·

Die ANC se gewone taktiek – vestig die aandag op iets anders terwyl ons SA plunder. Vee eers voor julle eie deur voordat julle julle neuse indruk waar dit nie hoort nie.
Vir al die jare het die ANC stilgebly oor die onreg in Zimbabwe maar nou wil julle inmeng? Los Zimbabwe uit sodat hulle kan herstel en daardie land kan genees. Ek glo regtig die regering van Zimbabwe gaan nie julle korrupte spul se raad en advies benodig nie.

Ouma ·

Met goeie rede is dit geheim gehou. Anders het dit nooit gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.