“Ons wil dit boekstaaf dat die Sunday Times–berig nie waar is nie en dat Yengeni nooit skuldig bevind is aan enige skending van wetgewing of verkeerde behandeling van haar werknemer nie,” het Mthembu se kantoor in ʼn verklaring gesê.
“Daar is geen beslissing deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) of straf teen haar nie. ʼn Meningsverskil het tussen Yengeni en haar werknemer ontstaan en Lucia Dlephu het die KVBA as neutrale geskilbeslegtingsliggaam genader. Dit is onvermydelik in ʼn werkgewer-werknemer-verhouding dat ʼn meningsverskil sal ontstaan.”
Volgens Mthembu is die geskil tussen die twee partye vriendskaplik opgelos deur bemiddeling, ʼn proses waarin die KVBA informeel die partye bystaan om maniere te kry om hul geskil op te los. Hy het gesê sulke tipe ooreenkomste is vertroulik van aard in ooreenstemming met die Wet op Arbeidsverhoudinge.
Mthembu het gesê die Sunday Times se bewerings dat die KVBA bevind het dat Yengeni “verskeie wette oortree” het, is dus onakkuraat, heeltemal ongegrond en opsetlik misleidend.
Volgens mediaberigte het Yengeni die regte van haar huishulp geskend deur haar af te dank sonder om aan die grondvereistes van die Indiensnemingswet en ander arbeidswetgewing te voldoen. Yengeni het onder meer nie ʼn aanstellingsbrief of kontrak aan haar huishulp verskaf nie. Die huishulp het nie ʼn salarisstrokie ontvang en geen verlofdae gekry nie. Sy is ook nie meer betaal wanneer sy gedwing is om op vakansiedae te werk nie.
Die berigte lui verder dat die huishulp nie ingelig is dat sy vir werkloosheidsversekering geregistreer is nie, dat daar nie werkloosheidsversekering van haar salaris afgetrek is nie en dat die huishulp nauurs aan diens was. Die huishulp is glo ook ʼn uniform en skoene beloof wat sy nooit gekry het nie. Sy was van 15 Julie 2013 tot 14 Februarie 2016 in Yengeni se diens waartydens sy geen verlof gekry het nie. Sy is sonder kennisgewing summier afgedank.
Die DA het intussen geëis dat Yengeni ontslaan word.
Hi raai nou GLO ons dis waar. Sien ons hoe vol hulle van hulsself is. Ons sien ook dat die mense wat bedel langs ons roetes langs ons paaie net fooitjies kry van witmense die swart bevoorretes kyk anderpad en skud hulle koppe in n besliste nee
Nou het ons die ANC se kant van die storie, die Sunday Times se kant van die storie……maar waar is Lucia Dlephu se kant van die storie? Die KVBA skuil agter “die wet” sodat hulle nie hoef te bevestig of ontken wat daar gebeur het nie……en nou is net die “waarheid” nog uitstaande. En dis blykbaar ‘n baie “westerse konsep” vir Afrikane…..
Lucia se kant van die storie het wonderbaarlik verander na daar n betalinkie in haar bankrekening gemaak is
My liewe mense jul weet mos hul sal als wat verkeerd is ontken. Dit gaan so van oom Jan se tyd af,my en jou oupa en pa se tyd af. Hulle is nooit skuldig nie,maar slu.
Yes Jackson ONS GLO jou onvoorwaardelik net omdat jy so se jys mos vir die reine waarheid ne
Ja en gans s…t is fudge, ek sal dit glo, maar ek sal beslis nie daaraan proe nie ou Jackson.
Ja Jackson, n meningsverskil word n geskil en dit word in die arbeidshof opgelos. En die verontregte agbare minister is nie skuldig aan 1 of ander wangedrag nie. Apartheid se skuld??