ANC ontken dat Sisulu bedank oor Nkandla

Max Sisulu. Foto: GCIS

Max Sisulu. Foto: GCIS

Die ANC het gerugte ontken dat Max Sisulu, voormalige speaker in die parlement, bedank het nadat hy glo na ‘n vergadering ontbied is rakende die ondersoek na president Jacob Zuma se Nkandla-woning.

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, sê die gerug is ongegrond. Daar word beweer dat Sisulu na ‘n vergadering by die ANC se hoofkwartier ontbied is oor die Nkandla-ondersoek.

“Die moedswillige bewering poog om twyfel te skep rondom die redes agter kameraad Max se besluit. Ons doen ‘n beroep op almal wat die leuens versprei om hulle daarvan te weerhou en sy besluit te respekteer.”

Sisulu het in April vanjaar ‘n ad hoc-komitee op die been gebring om ondersoek in te stel na voorleggings wat deur Zuma gemaak is in antwoord op Thuli Madonsela, openbare beskermer, sê verdoemende Nkandla-verslag. Die komitee is egter na sy eerste sitting ontbind en daar is voorgestel dat die saak na die vyfde parlement verwys word vir oorweging.

Kodwa sê Sisulu het ‘n bedankingskennisgewing by Stone Sizani, ANC-hoofsweep, ingedien en dat hy geen “substantiewe redes” vir sy bedanking aangevoer het nie. “Die ANC wil dit op rekord plaas dat ANC-lede ‘n keuse kan uitoefen om in die parlement te dien of hulle kan daarteen besluit indien hulle dit so verkies.”

Zuma het Sisulu met Baleka Mbete vervang.

Lees ook:
Max Sisulu bedank as ANC-LP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Sodra daar ontkening is, weet ons dit is die waarheid…Nee is Ja…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.