Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, sê die gerug is ongegrond. Daar word beweer dat Sisulu na ‘n vergadering by die ANC se hoofkwartier ontbied is oor die Nkandla-ondersoek.
“Die moedswillige bewering poog om twyfel te skep rondom die redes agter kameraad Max se besluit. Ons doen ‘n beroep op almal wat die leuens versprei om hulle daarvan te weerhou en sy besluit te respekteer.”
Sisulu het in April vanjaar ‘n ad hoc-komitee op die been gebring om ondersoek in te stel na voorleggings wat deur Zuma gemaak is in antwoord op Thuli Madonsela, openbare beskermer, sê verdoemende Nkandla-verslag. Die komitee is egter na sy eerste sitting ontbind en daar is voorgestel dat die saak na die vyfde parlement verwys word vir oorweging.
Kodwa sê Sisulu het ‘n bedankingskennisgewing by Stone Sizani, ANC-hoofsweep, ingedien en dat hy geen “substantiewe redes” vir sy bedanking aangevoer het nie. “Die ANC wil dit op rekord plaas dat ANC-lede ‘n keuse kan uitoefen om in die parlement te dien of hulle kan daarteen besluit indien hulle dit so verkies.”
Zuma het Sisulu met Baleka Mbete vervang.
Lees ook:
Max Sisulu bedank as ANC-LP
Sodra daar ontkening is, weet ons dit is die waarheid…Nee is Ja…