ANC ontken dat Zuma uitgejou is

Een van die plakkate waarmee Zuma begroet is. Foto: @LubabaloNgcukan/Twitter

Een van die plakkate waarmee Zuma begroet is. Foto: @LubabaloNgcukan/Twitter

Die ANC het Sondag ontken dat president Jacob Zuma in Port Elizabeth uitgejou is.

“Die ANC verwerp die leuens soos getwiet deur Lubabalo Ngcukana van City Press dat president Zuma uitgejou is deur inwoners van Jacksonville in Port Elizabeth,” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, in ʼn verklaring gesê. Volgens die City Press is Zuma Saterdag tydens ʼn deur-tot-deur-veldtog in Jacksonville uitgejou deur woedende inwoners. Hulle het die regerende party gekritiseer vir sy versuim om by sy beloftes te hou. Mthembu sê egter Zuma is hartlik verwelkom deur inwoner. “Dit is ʼn feit dat daar ʼn handjievol raserige inwoners was en dat van hulle onder die invloed was en handgeskrewe plakkate rondgedra het.” Mthembu sê die groep is deur ʼn plaaslike DA-raadslid aangehits. Hy sê verteenwoordigers van die groep het later met Zuma gesels en vir ANC-T-Hemde gevra. Mthembu sê die groep was ʼn fraksie van diegene wat Zuma ontvang het. “Dit is on mening dat die vlak van roekeloosheid die edele beroep van joernalistiek ondermyn en nie geduld moet word nie. Ons doen ʼn beroep op die joernalis om die rekord reg te stel en nie diegene wat hom op Twitter volg te mislei nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.