ANC ontken Fransman is terug in sy pos

Marius Fransman. Foto: Facebook

Marius Fransman. Foto: Facebook

Die ANC het Maandag gesê Marius Fransman het nie die party se goedkeuring om terug te keer na sy pos as Wes-Kaapse leier nie en die ANC sal sy hofaansoek in die verband teenstaan.

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het beklemtoon dat Fransman nie weer terug in sy amp is nie en dat die party tans ʼn waarnemende voorsitter in die Wes-Kaap het. “Ons sal [Fransmans se hofaansoek] teenstaan en onsself verdedig.”

Fransman is daarvan beskuldig dat hy in Januarie ʼn 21-jarige vrou van Stellenbosch seksueel geteister het gedurende die ANC se 104de verjaardagviering in Rustenburg. Die saak is na die Noord-Kaapse direkteur van openbare vervolging verwys, nadat die vervolgingsowerhede in Noordwes besluit het om nie daarmee voort te gaan nie weens ʼn tekort aan bewyse.

Die Noord-Kaapse direkteur van openbare vervolging het die saak na die ondersoekbeampte terugverwys met ʼn lys vrae wat beantwoord moet word en die saak het sedertdien nog nie verder gevorder nie.

Fransman het tydelik uit sy amp getree hangende die uitkoms van die polisie en die ANC se onderskeie ondersoeke, maar het deurentyd die vrou se bewerings ten sterkste ontken.

Intussen het Fransman die Wes-Kaapse hooggeregshof genader met ʼn aansoek om toegang te kry tot ʼn kommissie van ondersoek se verslag oor die seksuele aanklagte teen hom.

Donderdag het Fransman ʼn onverwagte verskyning gemaak tydens pres. Jacob Zuma se aanklop-tuisbesoeke in Philippi op die Kaapse Vlakte in aanloop tot die munisipale verkiesing. Oor die naweek het Fransman ʼn verklaring in die verband uitgereik en beweer die ANC “dra kennis daarvan dat hy terug is op sy pos”.

“Daar is geen verwarring nie; ek is die Wes-Kaapse ANC-leier,” het hy gesê. “My lang afwesigheid is die resultaat van swak bestuurde interne prosesse.”

Kodwa het Fransman se stelling ontken en gesê die party moet eers die verslag oor hom en die seksuele aanklagte oorweeg voordat hulle ʼn besluit oor sy toekoms by die ANC kan neem. Op ʼn vraag wanneer dit sal gebeur, het Kodwa geantwoord: “Ek weet nie. Daar is baie dissiplinêre sake, ek kan nie sê wanneer hierdie een sal voorkom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anti DA ·

Dit wys jou hulle kan nie eers beheer vat van hulle weskaap kantoor nie wat nog van ‘n land soos Suid-Afrika al het dit al verval na piesang status onder hulle leierskap.

zahn ·

Ja ou marius, as jou kop groter is as jou instansie se begroting moet jy maar voel ou mater. Jou gifbek word nou deur jou base toegemaak. Hoog tyd.

christine ·

Die enigste waarheid in die berig is die baie disiplinere gehore. Weet in elk geval nie waarom op die man steun nie die bruinmense van die Kaap kan hom nie uitstaan nie.

Pieta ·

En so weet die een nie wat die ander doen nie, maar sal moor vir n posisie, want die geld is reg.

Klong ·

Ja ou Marius nou kan jy maar uitkom van wat jy weet van jou ex base,miskien bied eimand vir jou n joppie aan . Jy weet hoekom jy gaan sukkel , oral waar jy geloop het agter jou dood gegaan

Minx ·

Was hy nie die perd wat die plaaswerkers so opgesweep het nie? Hy moet maar hoor of een van die boere hom nie maar ‘n job op die plaas het nie….of was dit nou daai Tony perd nie seker nie

snoefie ·

ja nee ou fransie die ander “aangeklaagdes” is almal terug op die job.

snuffels ·

En dat die twee so saam tuisbesoeke doen, het die vrouens seker baie vrees…een is van verkragting aangekla, en die ander teistering! Klink vir my na n swak kombinasie, maar so staan en doen hulle ander goed ook saam

Frederik ·

Hy moet maar by die DA aansluit. Hulle is oop vir almal – rowers, moordenaars, seksuele teisteraars, verkragters – net nie vir rassiste nie. En dan beteken dit hulle sal self besluit wie was rassisties en wie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.