ANC ontken hy is bankrot

anc-vlagDie ANC het Vrydag berigte ontken dat die party ernstige finansiële probleme het.

“Ons verwerp die bewering dat die ANC bankrot is,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, gesê. Volgens hom word die ANC grootliks deur donasies befonds en is die party nie ʼn “winsgewende organisasie” nie.

Mail&Guardian het Vrydag berig dat die regerende party finansieel in die moeilikheid is nadat sy verkiesingsbefondsing glo met R20 miljoen gesny is nadat die party minder setels in die parlement gekry het na vanjaar se verkiesing. Die koerant het berig dat nagenoeg die helfte van die party se personeel afgelê kan word.

Kodwa het gesê die ANC het ʼn aansienlike bedrag geld spandeer op sy eeufeesvieringe maar het geweier om kommentaar te lewer rakende die beweerde afleggings. “Die kwessie rakende salarisse en die ANC se personeel, soos berig in die Mail&Guardian, is tussen die ANC en sy werknemers,” het hy gesê.

“Die ANC se rekord praat vir homself. Die ANC het vir die afgelope 10 jaar nie enige personeel afgelê nie. Ons waardeer die opofferings en bydraes wat ons personeel gemaak het. Ons is ʼn organisasie wat omgee.”

Die Mail&Guardian het berig dat Gwede Mantashe, die ANC sekretaris-generaal, ontken het dat daar ʼn “behoefte” was vir afleggings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Francois ·

Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie….LMGA!!!! Hulle is so bankrot hulle salweer sker die belastingbetaalers se geld steel!!! Hahahahaha

Meyer ·

Dis onmoontlik vir die ANC om bankrot te gaan! Hulle hande is dan tot by hul skouers in die belastingbetalers se geld.

PR Mackay ·

Ek’n jy’t nog n jop , so die perrisaaits se boeke klop

CAV ·

Bankrot ? Nooit……Nie die ANC nie, want bankkrotskap is mos n Westerse ding, nie n Afrika ding nie

neels ·

As jy jou party bestuur soos jy die land bestuur kan jy seker niks anders verwag nie… Indien dit waar is sal die belasting betaler se bydrae verhoog moet word om die party te finansier. Die groot probleem is dat die lyn tussen staat en party baie verdof het.

Anton ·

So die staat is ook bankrot so wat is snaaks dit ontken hulle ook in elk geval

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.