ANC ontken hy wil vieringe sensor

Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovermentZA

Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovermentZA

Die ANC het Vrydag ontken hy beplan om die media te sensor om te verhoed dat enige negatiewe beeldmateriaal oor die party se 105de verjaarsdagvieringe Sondag uitgesaai word.

Die ontkenning volg nadat mediahuise en die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) hul kommer uitgespreek het oor die ANC se besluit om beeldmateriaal aan die media te verskaf met die party se eie buite-uitsendingsbussie.

Fikile Mbalula, die hoof van die ANC se organiseringskomitee, het in reaksie hierop gesê media-agentskappe “oordryf”, aangesien die party nie beplan om die uitsending of publikasie van enige beeldmateriaal of foto’s van die geleentheid te verbied nie. Mbalula het tydens ʼn mediakonferensie by die Orlando-stadion in Soweto gepraat in aanloop tot die geleentheid.

“Die ANC het so innoverend geraak dat hy die eerste party is om sy eie buite-uitsending beskikbaar te stel vir die party se eie argiewe en as ʼn skakel vir die media. Besware is geopper en ons hanteer daardie kwessies met julle op ʼn tegniese vlak,” het hy gesê.

“Niemand gaan verhoed word om in te gaan nie. Toe die kwessie van die muilband van die parlement afgehandel is, weet ons almal wat het gebeur. Al wat ons doen is om ʼn mate van beheer te bring en terselfdertyd ons eie storie te argiveer. Daar is geen rooi sone nie.”

Mbalula het gesê dit is nie die eerste keer wat die ANC dit doen nie, aangesien die konsep vir die eerste keer tydens die party se “Siyanqoba Rally” in Julie 2016 gebruik is en daar nie toe enige besware was nie.

Mahlatse Gallens, Sanef se voorsitter, was egter steeds ontevrede met die reëling en het die party versoek om nog ʼn vergadering met die mediahuise te hou om die kwessies uit te klaar. “Hulle sê uitsaaiers sal net toegelaat word om een kamera in die stadion in te bring. Sodra daar ʼn beheerde uitsending is, besluit die ANC waar om die kameras te fokus,” het Gallens gesê.

“Ons het gesien hoe dieselfde ding in die parlement gebeur toe die EFF aangerand is en die kamera het heeltyd op die Speaker gefokus, eerder as op dit wat in die parlement gebeur. Hoekom wil julle vrye toegang aan mediahuise beperk?”

Mbalula het uiteindelik ingestem om nog ʼn vergadering daaroor met die media te hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

Noudat die kronies by die ANC se SAUK minder word…word alles gedoen om.seker te maak die ANC boodskap word as propaganda verpak en aan die.massas verkoop as snert! Desperaat om.die ANC te red.ten koste van die land

Lance ·

Sal mens gladnie verbaas nie ….waar n rokie is , is daar n vuurtjie …hier begin die skandes en skelmstreke nou momentum te kry vir 2017.

Irene ·

Noudat Zuma hom uitlaat oor sy belangrikheid in vergelyking met Jesus, sien News 24, hoop ek dieKerklike Sinode gaan vir n slag amptelik reageer en kapsie maak!

Deon ·

Wonderlik dat elke persoon deesdae weet hoe om fotos en videos af te neem!! Niks sal geheim wees nie!!

John ·

Lyk om Zuma nog nie genoeg geskrik tydens sy vorige grootpraatsessie en die tentepisode op
16 Desember nie.

tom ·

Hoop dit reen so dat hulle nie eers by die stadion kan uit kom

Deon ·

Ek hoop daar kom weer ‘n fratswind en gryp die ANC ringkoppe en tiekie draai hulle dat hulle sien wie is in beheer!

zoom zoom ·

Zuma sal nog geslaan word met die witstok. Dit is hoekom godsdiens by skole nie meer gehou word want die regerende party sien hulself as die begin en die eiende met no1 as die verlosser

John ·

Soos tydens ‘n tipiese Griekse drinkgelag 700 vC wil Zuma die beskonke skare betower en van vooraf breinspoel en opsweep (tot wat?). Hy wil nie he die pers moet die orgiale brassery beeldsend nie ook nie wie dit bywoon en wie langs wie sit nie of wie nie daar is nie. Mens kan byna glo Zuma wil die wet nog meer dokter en armdraai. As hy kan sal hy vasbyt as president soos sy, glo, swaer Mogabe. Die hospitale moet gereed staan vir die nadraai van die groot geluk… ‘n Na-die-tyd-foto van die stadion sal insiggewend wees vir die ongenooides en ander…

Alida ·

Hulle sal in 1000e opdaag in die reen en koue vir gratis kos en drank. Die media moet daar wees sodat ons kan hoor wat se bollie stortkop kwytraak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.