ANC ontken reusebedrag vir verkiesingsveldtog

Mantashe en Lindiwe Zulu het Sondagaand die media te woord gestaan. Foto: ANA (Jonisayi Maromo)

Mantashe en Lindiwe Zulu het Sondagaand die media te woord gestaan. Foto: ANA (Jonisayi Maromo)

Die ANC het ontken dat hy R1 miljard aan sy veldtog vir die munisipale verkiesing vroeër die maand bestee het.

“Ons het ’n verslag ontvang oor die verkiesingsfinansies. Ek kan vir julle sê dat ons nie R1 miljard bestee het nie. Ons het nie eens die helfte daarvan uitgegee nie,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Sondagaand na afloop van ’n vier dag lange vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee gesê.

“Ek wil dit daar los. Ons het nie R1 miljard aan die verkiesing bestee nie. Indien daar iemand daarbuite rondloop en dink ons het dit uitgegee omdat iemand so gesê het, wil ek aan daardie persoon om verskoning vra. Ons het wel baie geld aan die verkiesing bestee.”

Nomvula Mokonyane, die ANC se verkiesingshoof, het glo gesê die regerende party het meer as R1 miljard aan hul veldtog bestee. Mokonyane, ook ’n lid van die nasionale uitvoerende komitee, het volgens berigte gesê die geld is bestee aan byeenkomste, om vrywilligers te betaal, T-hemde te koop en kandidaatlyste voor te berei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

anna ·

al wat julle kan doen is lieg dit is waar dat julle daai geld betaal het julle het mense om gekoop met komberse hulle het dit hier uit gegee aan die mense julle is besig om te val ons God laat julle val

danie ·

Om vrywilligers te betaal, dan is dit mos nie meer vrywillig nie.

Lance ·

Wie glo julle nog …net julle self ….julle praat soos die wind waai …en julle weet dit …hoe julle nog kiesers het wat vir julle stem is net verbasend …wys mens eintlik hoe dom mense kan wees ..jy weet nie almal kan heeltyd verkeerd wees nie …so gaan die anc van skande na skande …week na week. En die rasistiese veltog wat hulle so aangeblaas het die afgelope tyd voor die verkiesing het geen vrugte afgewerp nie …duidelik in die resultate …snaaks na die verkiesing is rasisme skielik dood stil ….anc dryf wigte in tussen die mense in SA …hou op ras sien en lees weer waarvoor julle staan ….duidelik nie wat in die prakties gebeur die ….en begin asb die strate vee pta en jhb is vuil !

Frederik ·

Hulle het, volgens die berig, niks bestee aan komberse en kospakkies nie. Daarvoor het hul seker die staatskas verder geplunder.

Columbiana ·

Hoekom die moeite doen om nog artikels te publiseer hieroor. Ons almal weet mos nou al klaar wat die ANC se standaard antwoord sal wees. Lie lie and deny

Johann ·

Ergste is; so n konstante blatante lieg met selfregverdiging is niks anders as n psigologiese afwyking. VEEEERRRRR verby politieke truuks. En as die bedrag irrelevant is????? Van WAAR en WIE kim dit? Skelm blikstaters

Jan maak n Plan ·

Okay julle klomp liegbekke, ons glo julle. MAAR waar kry julle die geld??????? En moenie vir ons se dit was donasies nie.

Joann ·

As mens lieg dan kan mens steel ook. Hier waar ek woon het ek gesien die Vrydag voor verkiesing hoe word daar pakkies uitgedeel. My oe bedrieg my nie.

Se maar net ·

Joann, Jy bedoel seker- as jy kan steel kan jy lieg ook… Hahaha!! Beslis die ANC se geval.
Zuma kan nie eers tel nie, so hoe sal hy weet wat 1 miljard beteken…

Theo ·

Ek het erns in Die Boek van die Lewe gelees dat “satan is die vader van die leuen.” Is dit moontlik dat iemand hier leuens vertel?

Griet ·

Hulle het ook sekerlik gaan bakhand staan by Bill Gates … Nou ja toe!

Henk ·

Ek moet saam stem met die ANC as hulle se hulle het nie R1 miljard aan die verkiesing spandeer nie, want hulle het seker R2 miljard van ons belasting geld aan hulle verkiesingsveldtog en partytjies spandeer!

Maria van Dieweeck ·

Hul het ook alkohol gekoop om mense mee omtekoop!!

m ·

Dis mos nou net logies dat hierdie spul dit gaan ontken want onthou hulle gebruik die belastingbetaler se geld. Kan nogals dink dat dit waar is want hulle sal alles probeer vir stemme en dit kos geld, baie geld. Al hierdie kos en t hemde en wat ookal wat so uitgedeel word kos geld ne….

Jef ·

Julle wat so kla oor dat dit ons belastinggeld is wat so verkwis word, hou dan op om enige belasting te betaal en kyk wat gebeur, ek sou nie weet wat gebeur nie naar ek weet wel dat daar dan iets gaan gebeur.

NEL ·

Kyk net na die twee se lyftaal, duidelik soos daglig dat hulle besige is om die boeke te kook. Dis van lieg en bedrieg dat die ANC hulle alies gesien het in die munisipale verkiesing en dit sal nog slegter gaan met hulle in die 2019 verkiesing. Hoekom is Zuma so stil, seker besig om sy paty se wonde te lek.Het ook nog nie gehoor wanneer hulle die vernederings vure gaan aansteek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.