ANC ontstoke oor oranje oorpakke by Luthuli-huis

Premierskandidaat van die DA in Gauteng Solly Msimanga (middel), DA-leier in Gauteng John Moodey, en DA se Team One SA-woordvoerder oor basiese dienste Makashule Gana (Foto: Bhekikhaya Mabaso/African News Agency/ANA)

Die Demokratiese Alliansie het Woensdag boeie en oranje oorpakke, soortgelyk aan dié wat gevangenes dra, voor die ANC se hoofkantoor Luthuli-huis, neergesit – as ʼn tong-in-die-kies voorbereiding “vir dit wat op die regerende party se korrupte amptenare wag”.

Solly Msimanga, premierskandidaat van die DA in Gauteng en voormalige burgemeester van Pretoria, het gesê sy party versoek optrede teen “korrupte ANC-lede”. “Die kriminele op julle lys hoort in die tronk, nie in die parlement nie,” het Msimanga gesê. “Ons sal nie stil bly terwyl ons geldkoffers geplunder word nie. Korrupsie in die ANC is al vir te lank aan die orde van die dag.” Hy het gesê die tyd het aangebreek dat die DA optree teen blatante korrupsie.

“Ons hoop die ANC sal hiervan gebruik maak,” het Msimanga gesê en na die oorpakke gewys.

Hy het gesê verskeie persone op die ANC se kandidaatlys vir die algemene verkiesing op 8 Mei word by ernstige misdade betrek. Hy het gesê hulle moet agter tralies wees, nie in die parlement nie.

“Die ANC kan nie vertrou word om die land om te draai met dieselfde groep karakters wat dit in die eerste plek vernietig het nie,” het hy gesê net voor hy en sy gevolg die perseel verlaat het.

Teen die tyd wat ANC-amptenare uit die gebou gekom het, het hulle net die hoop oranje oorpakke en boeie gesien.

Dakota Legoete, waarnemende nasionale woordvoerder van die ANC, het gesê dit is ʼn “desperate poging” deur die DA. “Ons voel jammer vir die DA en sy leierskap wat duidelik desperaat is, gegewe dat sy verkiesingsveldtog vol verkeerde inligting is.” Hy het gesê die ANC beskou die DA se optrede as “politieke onvolwassenheid” en “uiterste uitlokking”.

Legoete het bygevoeg die ANC sal ʼn formele aansoek by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) indien oor die DA se gedrag.

Veiligheidspersoneel van die ANC het die boeie en oorpakke van die sypaadjie verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Johanna Botha ·

Ag kan die dag nie net nou kom dat iemand aangekla word vir al die korrupsie van die laaste 9 jaar ! Goeie jimmel die anc is regtig nie erenstig oor verantwoording nie ….NIKS gebeur nie !

Spook op thaba ·

Whahahaha maar sal steeds nie vir die DA my x trek nie

Alida ·

As dit is wat jy wil doen moet dan nie stem nie. Ons gaan jou nie smeek vir jou X nie

Johan ·

Cape party lyk belowend. Goeie idees. DA is baie praat en min doen. ANC stink na korrupsie. VF+ weet nie so lekker by wie hulle moet vlerksleep nie, so hulle lyk na rondval sonder n ordentlike fondament. EFF en BLF is uiterste rassiste en het geen waarlike voorspoed vir SA in gedagte nie, net vernietiging op n massiewe skaal. Ek wonder daagliks hoeveel van die politikuste wat al hierdie praatjies praat gee werklik om, en hoeveel van die beloftes en plannetjies is moontlik, want amper almal se stories klink vir my net na leë blik orkes.

Piet parys ·

En Johan weet nie veel politiek nie . Kyk wat die Vryheids front se manifes dan sal jy weet wat aangaan en nie dink jy weet nie. Dis nie idees wat tel nie maar hoe jy optree in die politieke wanorde en wat jy doen .

Gert van Wierdapark ·

Die kripvreters en regstelende aksie brigade moet om elke hoek en draai kasty word. Hul nerwe gaan al hoe dunner raak en dan gaan die poppe begin dans! He-he-he!

Dries du Toit ·

Alida het jy gesien waar staan die DA met betrekking tot die Ghoema fiasko. Jy moet wakker skrik

AndrewL ·

Dis maklik. Watter party doen ooit iets vir Afrikaans, ek sal nie eers vra vir die blankes nie. Go figure.

Nugter ·

Ek sê gladnie dat die DA reg optreë nie, maar al die moordenaars, rowers, hi-jackers, diewe en korruptes sorteer onder die anc.

Piet paryskk ·

En Johan weet nie veel politiek nie . Kyk wat die Vryheids front se manifes dan sal jy weet wat aangaan en nie dink jy weet nie. Dis nie idees wat tel nie maar hoe jy optree in die politieke wanorde en wat jy doen .

Clipper ·

Net soos die klomp wat vbs beroof het is niemand nog sedert die begin van die jaar in hegtenis geneem of selfs aangekla nie so dit is reg dat die DA die aandag daarop vestig

IK ·

Maar die verskoning skuldig aan die juffie van Schweizer is nog uitstaande? Indien wel, dan val my X by die VF+

Salomé ·

??? Heel gepaste humor nogals, vani grootste teenstander,teen anc,wat n verskil kan maak!!

Jerry ·

Die ANC woordvoerder is reg dat die DA desperaat is, maar so ook dan al die opposisiepartye van wie geen party oor die wetstoepassingsvermoe of mandaat beskik om enige kader te laat arresteer, laat staan nog om die mislukkings van die ANC ten koste van belastingbetalers te stop. Om tong in die kies te reken dat die ANC, die ANC moet uitsorteer, dui aan van hoe magteloos opposisiepartye teen die ANC is. Kiesers behoort slapelose nagte te he oor die magteloosheid van hulle partye!

aj ·

…ha…ha…ha… bietjie skerp humor in die bedrukte tyd voor die verkiesing!
Welgedaan Solly en kie!

Solly hulle het geukkig gou padgegee voordat die ANC se “rent a crowd” , “screamer platoon’ hulle kon intimideer!

Regtig? ·

DA, hoekom sit julle nie die energie en tyd eerder in ‘n plan om Pretoria se buite-werking straatligte (6 maande al) te herstel nie? Of slaggate in Pretoria se voorstedelike gebiede te herstel? Julle is soos klein stout kindertjies

riaan ·

@Regtig!

Ek stem 100% saam. msimanga was ‘n pateet as burgemesster en stevens is so besig om Hammanskraal se water te dring en vir kwaad inwoners in Soshanguve weg te hardloop dat hy ook niks uitrig nie.

Nie net is Pta vuil en afgeleef nie, maar sekere “City of Tshwane” beamptes maak hulle aan erge onetiese, rasgedrewe (anti-blanke) gedrag en “abuse of power” skuldig en nie die Hoof Finansiele Beampte of die Stads Bestuurder of die Burgemeester steur hulle aan klagtes nie!

Ons sal nou maar sien wat die PP doen ten opsigte van die klagtes?

Snowball ·

Hierdie is ‘n welberekende aanklag teen die ANC se korrupsie, maar gaan plak die name en foto’s van die slagoffers van plaasaanvalle, van die verkragte en vermoorde vrouens en kinders van SA ook op Loot- huli huis. Verf gerus die mure rooi, want dit is bevlek met die bloed van die slagoffers van plaasaanvalle en misdaad. ‘n Huis van gruwels; die hoofkwartier waar die ondergang van SA beplan is.

Melt Olckers ·

Net indien hulle dalk die idee kry dat niemand van die NP bewind tronk toe gestuur is vir korrpusie nie, moet dit sommer uitgebrei word na enige korrupsie deur senior amptenare, Ministers en Staatshoofde van die NP regering wat mos met die ANC saamgesmelt het.

Margaret ·

Nou lekker gelag? Mooi so DA, die ANC wil nie die waarheid sien of hoor nie….

Attie. ·

Ek stem nie vie enige van die groot drie nie maar ek dink dis oulik uitgedink deur die DA. As ek so rondom my sien dat dit hoofsaaklik die gebiede is waar die ANC nie in beheer is nie, wat onregeerbaar is agv opstande, dan gaan ek voorspel dat die ANC sy einde nader maar nooit sal terugstaan wanneer hy by die stembus verslaan word nie. Ek voorspel ‘n oorlog soos in meeste dele van Afrika nadat die regering verslaan is. Daarom pleit ek vandag dat die klein partye beskerm moet word deur ons as kiesers. Israel regeer deur ‘n koalisie en ons sal ook……eendag.

GES ·

As die ANC se hande skoon is, het hulle mos nie rede om ontsteld te raak nie. Dit blyk nie die geval te wees nie. Dit gaan ‘n salige dag wees as die korruptes op hok gesit word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.