ANC ontstoke oor sluiting van Jhb-swembaddens

Argieffoto

Die ANC-koukus in die Stad Johannesburg het Vrydagaand gesê hy is teleurgesteld dat ʼn gebrek aan chemikalieë tot die sluiting van openbare swembaddens in Florida Lake, Sydenham, Eastbank in Alexandra, Roodepoort en Davidsonville gelei het.

“Die DA se versuim om die verskaffingsproses te bestuur om die swembadchemikalieë aan te koop, is ʼn duidelike teken dat dié administrasie nie in staat is om die Stad Johannesburg doeltreffend te bestuur nie,” het die ANC in ʼn verklaring gesê.

“ʼn Administrasie wat ʼn stad soos Johannesburg bestuur, moet ten alle koste voorkom dat foute gemaak word wat veroorsaak dat die mense van Johannesburg ontneem word van dienste wat aan hulle verskuldig is.”

Die Johannesburgse stadsraad het Donderdag gesê van sy openbare swembaddens moes noodgedwonge gesluit word weens ʼn tekort aan chemikalieë om die water higiënies te hou.

“Hoewel dit jammer is dat die inwoners in hierdie areas nou van toegang tot swembaddens ontneem word, wil ek inwoners verseker dat hierdie sluiting van die swembaddens gedoen word ter wille van die veiligheid en gesondheid van swemmers,” het Nonhlanhla Sifumba, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsontwikkeling, gesê. “Die aanskaffingsproses vir chemikalieë is byna afgehandel en behoort teen die einde van die week gefinaliseer te wees. Die vertraging in die verkrygingsproses is veroorsaak deur, onder meer, die oop tenderproses wat die departement volg om swembadchemikalieë aan te koop.”

Die ANC het egter gesê tydens die somerseisoen is die gebruik van swembaddens ʼn prioriteit vir Johannesburg en dit moet ook só hanteer word. “Kwessies rondom die aanskaffingsproses is kwessies wat die DA-geleide administrasie te alle tye onder beheer moet hê. Die sluiting van die swembaddens is ʼn gebrek aan voorsorg van die DA en is ʼn growwe nalatigheid vir die betrokke inwoners.

“As die ANC-koukus glo ons hierdie nalatigheid van die DA word gedryf deur die feit dat die primêre persone wat voordeel trek uit die openbare swembaddens, kinders is van voorheen benadeelde gemeenskappe, wat nie die luuksheid het van privaat swembaddens by hul huis nie en dus geen gevolg het vir die DA nie.

“Die ANC-koukus in die stad Johannesburg vra innig om verskoning vir alle inwoners wat geraak word deur die onbevoegdheid van die Demokratiese Alliansie en ons hoop die kwessie sal vinnig aangeroer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hanna ·

Ek stem saam. Die ANC moet eerder kyk na die gemors en “lack of funds ” wat hul na gelaat het en nie vingers wys nie.
Iemand anders is besig om hul “speeches” te skryf om simpatie te werf.
Net nog n manier vir hulle om te probeer terug kom.

FA ·

Dan is daar nogsteeds mense, wat dink SA sal beter daaraan toe wees, as die DA die land regeer.

Johan ·

Hulle sal altyd ras in die prentjie probeer inbring, dit het niks daarmee te doen nie. Ek weet van baie mense wat ook nie privaat swembaddens het nie en ook gaan swem by publieke swembaddens. Hulle sal altyd die raskaart speel, to hide their incompetence!

Danie ·

Lyk nie goed as hulle nie eers chloor vir ‘n swembad kan bestuur nie. En dan moet hulle sorg dat Kaapstad water het ? waarskynlik ook weer ‘n BEE verwante probleem.

Ronel ·

Vereeniging se swembad is ook toe. Lyk soos ‘n moeras nou daar. Dis nder ANC bestuur. Hoekom word geen woord daaroor gerep nie?

danie ·

presies, hulle kruip weg en wil vingers wys, maar is meer skuldig as ander en het geleer by hul korupte jz en travane.

Johann ·

Whahhahahhahaaaaaaaaa. die ANC kla oor dienslewering? Nou nie dat die DA juis trots kan wees op hul chemikal fouki nie, maar die ANC met hulle LEGACY kla?

Trevor Dell ·

Dit is nie die DA se skuldiges nie. Dit is die romps lom wat die ANC agter gelaat het.

Aitoggie ·

Hierdie dinge gebeur, ongelukkig moes dit nou gebeur het, wat dit so warm is, en met die vakansiedae. Sou die ANC inbeheer was, was die swembaddens al in n erger toestand. Hulle kan darem vinnig hul monde rek.

Ja Wat ·

Kom ons tel al die ANC se onbevoegdhede by mekaar my sakrekenaar kan nie by daai getal kom nie

Johann Marx ·

Gee vir ons asseblief die lys van “openbare swembaddens” wat onder ANC bestuur PERMANENT gesluit is………en nou so verval het dat dit NOOIT WEER herstel kan word nie, dan praat ons weer.

Koos ·

….dienste wat aan hulle verskuldig is! Regtig! Niemand is iemand ‘n swembad verskuldig nie! Dis hierdie houding van demand sonder om iets terug te gee wat die probleem is!

Marius ·

Nee Koos jy is verkeerd
Hierdie is n basiese diens wat aan die gemeenskap gelewer word waarop belastingbetalers geregtig is. Werk self vir n Stadsraad in Australie en so iets sal nie hier geduld word nie. Hierdie is n onbevoegdheid in die Stadsraad. Geld word wanbestee met die gevolg dat daar niks meer oor is om basiese infrastruktuur suksesvol in stand te hou nie. Tragies!

Marius ·

Nee Kobus
Jy is verkeerd. Hierdie is dienste waarop belastingbetalers geregtig is. Dit is die verantwoordelikheid van elke Stadsraad om ook ontspanningsfasiliteite aan die gemeenskap Te voorsien. Hierdie is net n bewys van die totale onkunde Om fondse behoorlik Te bestuur Om infrastruktuur behoorlik in stand te hou. Ek is bekommerd oor die toekoms van ons paaie en dreinerings/riool netwerke wat nie behoorlik instand gehou word nie. Hierdie netwerke is baie duur en ek is bevrees dat met die huidige kundigheids vlakke gaan stadsrade nie hul infrastruktuur volhoubaar in stand kan hou in die toekoms nie.

Tinus ·

Randfontein se swembad is al vir die afgelewer 5jaar + gesluit na dat 5miljoen bestee is

Tinus ·

Randfontein se swembad is al vir die afgelewer 5jaar + gesluit na dat 5miljoen bestee is deur Ancient beheerde raad

Johannes van Staden ·

En onthou hulle sit nog met die vrot onkundige mensw wat die anc aangestel het wat niks van niks weet nie.

Vonkprop ·

Ag tog dis so pateties. Die ANC beskuldig die DA en die DA beskuldig die ANC en so gaan dit aan en aan. Die meeste partye is onbevoeg punt. Die DA is nie beter nie maar hulle doen bietjie meer as die ANC, en kyk bietjie waaroor maak die DA geraas en waaroor nie. Die DA is tjoepstil oor plaasmoorde maar het iets te sê oor grondhervorming. Nou is swembaddens belangriker as enigiets anders. Kan ek net een dag opstaan en my dag geniet sonder om met politiek voor die kop gegooi te word.

hens ·

Bla bla bla…. im from randfontein (anc run munsipality) the munsipality pool has been closed for years….

YF ·

Mbombela swembad word gereeld gesluit vir dieselfde redes. Dis nie ‘n DA munisipaliteit nie

Marius ·

Dit maak nie saak of dit DA of ANC is nie. Feit is die vlak van kundigheid by Staatsinstansies het so geval en dit is die rede vir die verval in die toestand van alle Infrastruktuur. Jy Kan nog sonder n swembad klaarkom maar wat as die paaie netwerk nie meer behoorlik toeganklik is nie wat alreeds op verskeie plekke gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.