ANC ontstoke oor takleier se ‘sluipmoord’

Argieffoto

Die ANC in Nelson Mandelabaai het sy skok uitgespreek oor die beweerde sluipmoord van die takleier Mandisi Thando Xakaxa, van Zwide.

Volgens die polisie wil dit voorkom of Xakaxa se moord ʼn sluipmoord was en dat die motief met tenders verbind kan word.

Xakaxa is Woensdagaand in sy oprit doodgeskiet nadat hy van ʼn gebedsdiens teruggekeer het. Hy het ʼn skietwond in sy kop opgedoen. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Xakaxa (41) was ʼn adjunk-takvoorsitter van wyk 25 in Zwide en het ook ʼn konstruksiemaatskappy bestuur. Hy word oorleef deur sy pa, ma en seun.

ANC-streeksvoorsitter, Themba Xathula, het gesê die party betuig sy meegevoel met Xakaxa se familie. “Hy was ʼn sagte reus wat sy gemeenskap gedien het. Hy was ʼn inspirasie en verteenwoordig ʼn jong groep kamerade wat ontwikkel is deur die beweging wat ons gemeenskappe dien,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cas ·

Woede teenoor wie? Selfondersoek, erkenning en bekering is nodig. Nie woede nie !

Nico ·

Kyk wie het die tender gekry en hoe is dit gekry mense raak gatvol

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.