ANC ontwrig glo Kaapse raadsvergadering

Patricia de Lille. Foto: Twitter

Patricia de Lille. Foto: Twitter

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het die ANC daarvan beskuldig dat sy lede soos boewe optree.

“Die ANC het probeer om die raadsvergadering te ontwrig en is deur die speaker versoek om op te hou. Hulle het geweier en die speaker het hulle versoek om die vergadering te verlaat. Hulle het weereens geweier,” het De Lille gesê.

Volgens De Lille is die vergadering hierna na ʼn ander lokaal geskuif. “Hierdie is nie die parlement waar mense deur die polisie gedwing word om te gaan nie”. De Lille beweer dat ANC-lede weer die vergadering probeer ontwrig het maar deur wetstoepassingsbeamptes verhoed is om die nuwe lokaal binne te gaan.

“Die ANC se optrede is ʼn skande. Dit is deel van hulle veldtog om Kaapstad onregeerbaar te maak. Hulle het hul soos boewe gedra vandag,” het De Lille gesê.

Die ANC was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

RIENIE ·

Ja nee ANC, enigste provinsie wat ‘n sukses is en nou wil jul dit ook op foeter, soos met die res van die land. Maak jul oe oop en kyk die gemors in die ander provinsies. Wes-Kaap staan sterk moet asseblief nie dat hierdie nuttelose mense jul provinsie onder kry soos res van die land nie.

Anton Smit ·

Rienie onthou ons sukkel met n klomp onopgevoede insypelaare vanaf die ooskaap so dit neuk maar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.