ANC oor grondeise gekap

Argieffoto

Die DA het die ANC daarvan beskuldig dat dié party die oordrag van 1,4 miljoen hektaar grond van regmatige grondeienaars weerhou.

Annette Steyn, die DA se woordvoerder oor landbou, het Sondag in ʼn verklaring gesê die party is hoogs bekommerd oor die ANC-regering se gesloer om die grondherstelproses dringend op te los.

“Terwyl duisende grondeise nog nie afgehandel is nie, weerhou die ANC-regering die oordrag van 1,4 miljoen hektaar grond ter waarde van R8,6 miljard,” het Steyn gesê.

Sy het gesê in ʼn skriftelike antwoord op ʼn parlementêre vraag deur die DA het dit aan die lig gekom dat die ANC sedert 1996 nagenoeg R21 miljard bestee het om 3,4 miljoen hektaar grond te verkry. “Daar is egter net twee miljoen hektaar oorgedra, wat beteken dat slegs 59% van die grond oorgedra is terwyl 41 % nog oorgedra moet word,” het sy gesê.

“Die gesloer met die grondherstelproses is ʼn duidelike aanduiding dat die ANC nie ernstig is om te verseker dat ons mense hul grond kry nie. Grondkwessies word net deur die party rondgegooi om met mense se emosies te speel in ʼn desperate poging om stemme te werf. Hulle is nie regtig ernstig oor transformasie nie.”

Steyn het gesê buiten die politieke speletjies verdeel die party net grond onder sy lede en die Gupta’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

KP ·

Dit gaan nie vir hulle om grond vir die msssas te gee nie, grond is n goeie speelbal om die massas op te sweep en word eerder so gebruik.

Jakalas ·

En dis hoekom ek nie vir die DA stem nie. Hulle het nog grond herforming as een van hulle mandate. Verkies liewers die VF+ of Front Nasionaal.

Inge ·

Jakalas, ek stem saam met jou. Ek het besluit ek gaan ook nie meer vir hulle stem nie.

Hannes ·

En dis hoekom die DA die 2de grootste party in die land is en die VF+ en Front Nationaal nooit sal regeer nie.

lollie ·

Dis maklik om the besluit tussen die DA en die VF+. Die DA erken die onregte van die verlede, erken dat apartheid verkeerd was en dat daar restitusie en transformasie moet plaasvind. Die VF+ reken apartheid was maar reg en dat niks gedoen hoef te word om die situasie te verander nie. Ek het ‘n gewete, erken dat mense in die verlede benadeel is en dat die situasie reggestel moet word. Daarom stem ek DA, want dis die regte ding om te doen.

Awie Opperman ·

Lollie, betaal jy ook jou tv lisensie? Dis ook die regte ding om te doen volgens die SAUK:). Ek stem nie vir die DA nie, omdat hulle so hard vry na die swart stem dat hulle geen onreg wat die/’n Afrikaner beval kan kritiseer nie. Enige party wat nie plaasmoorde kan veroordeel nie is nie die moeite werd om te ondersteun nie.

Boerseun ·

Die DA huisves al die ou NP ondersteuners wat eintlik maar verantwoordelik was vir apartheid se langdurigheid. Nou is elkeen kastig n rainbow soldier want hy stem vir die DA, maar Helen het die waarheid gepraat en is nie n rasisties nie. Die ironie en eenvoud tog

Johan ·

@ lollie; die DA het nog nooit die ANC/EFF/BLF aangevat oor hulle alewige haatspraak teenoor die wittes nie. Die DA vorm in teendeel n koalisie met die EFF om Pretoria, Johannesburg stadsrade oor te vat. Pretoria se straatname is dan nog netso nadat die hof die anc in Pretoria gelooi het oor die verandering van die name. Die DA gee minder as niks om vir die wittes nie.

Leahim ·

Die DA kan net in die Weskaap regeer sonder die VF+ in die res van die land moet hy n koalisie vorm met onder andere die VF+ anders bly hy maar net die opposisie en dit is die ware feite.

Divan ·

Hannes , al verloor jou rugby span skree jy tog nogsteeds vir hulle nie waar nie , help nie jy stem DA want hulle is die 2 grootste nie , Maimane het ook ANC gestem die eerste keer , stem vir jou waardes nie om net van die ANC ontslae te raak nie ,Jakals en Inge ek 100% agter julle.

Boerseun ·

Sy soort sal dit nooit begryp nie. Koop Nike, want almal het dit en huisgenoot se so.

Pro VF + ·

En die DA sal ook nooit regeer nie, ek het geen twyfel daaraan nie. Tensy hulle al meer van die meerderheid stemme trek, maar dan is hulle ook maar net ‘n 2 de ANC. Alles tevergeefs, ‘n gejaag na wind. Stem liewer vir die VF+ wat ten minste vir my saak staan.

Sputnik ·

Hoewel die DA hoogswaarskynlik baie ondersteuners bygekry het, het hul my stem ook verloor. Die laaste strooi was hul reaksie op Zille se eerlike Twiet-mening.

Hans ·

Die enigste party wie se leier nie rassisties is nie is die VF en dis ook die regte party om voor te stem.——-Die enigste party waar God nog welkom is.

Jordaan ·

Die enigste grondhervorming wat nodig is, is om aan die mense in die tradisionele gebiede eiendomsreg te gee.

Vermeende ·

Wat is die verskil tussen die ANC en die DA rondom grontherforming?

Die ANC wil grond op enige manier steel en ruil vir steun, die DA wil grond wettig steel en ruil vir steun.
Enige gedwonge herforming benadeel iemand anders!

Arend ·

Lollie: Hoe kan ‘n stem vir die DA die regte ding wees om te doen? Hulle beleid is soortgelyk aan die beleid van die ANC. Gaan lees gerus op as jy dit nie glo nie. Waar op aarde kom jy aan jou stelling dat die VF+ apartheid goedpraat? Gaan lees gerus ook hier wat die werklike situasie is. En nou stem jy DA omdat hulle voorstanders is van ‘n nuwe vorm van apartheid en van anti-wit diskriminasie??? BEE? Grondhervorming? Hoe kry jy die kloutjie by die oor?

Fly on the wall ·

En dis presies hoekom die ANC in beheer sal bly..ons wit mense kan nie saam staan

Boerseun ·

Saam wie staan? Een klomp wil afrikaans wees en hulself regeer. Ander groep wil eintlik engels wees en dat ander vir hom besluit. Dink nie die 2 is versoenbaar nie.

Pop ·

Fly on the wall, jys doodreg. En daarby bedoel ek die ANC gaan aanhou regeer tot al die 7 % wittes uitgemoor, oorsee is en ophou bestaan het hier. En nou karring hulle met die VF. Die DA probeer darem nog reg laat geskiet. So hou maar aan stem vir die wit broers. Kyk waar gaan dit julle bring??. Ek hou maar asem op en hoop ek word n rustige dood gegun. My sandjies is amper uit. My Vader hou darem nog sy hand oor my en gesin.

Boerseun ·

Reg laat geskied. Lekker lag ek nou. Wat is hulle voeling oor regstellende aksie en kwotas en sulke rasse wette in n kastige nie rassige saamelewing. Dink jy het hulle met Afriform misgis.

Afrikaans Knaap ·

They want to give the land to the people… the people’s republic of China.

Pierre ·

Stem jare lank al VF+ en sal aanhou want hulle staan vir my taal, my mense en my God.

Piet ·

Johan dis min ouens wat hul flater sal erken. Waaroor ek egter worder is of die nie dalk die 2de maal is waar jy jou kop stamp nie. Het die NP nie maar dieselfde agenda gevolg as die ANC of die DA nie? Dit is n stelsel waar almal veronderstel is gelyke regte te he, waar die Afrikaner n vreemdeling in sy eie land sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.