ANC oorspeel hand met nuwe grondvoorstel

huis eiendom

(Argieffoto)

Die ANC se poging om die waarde van onteiende grond te laat bepaal deur ANC-politici in kabinetsposisies het die regerende party in ʼn hoek vasgeverf met die volledige opposisie verenig en die ANC dus met te min stemme in die parlement om die Grondwet te verander.

Die jongste ANC-jakkalsdraai oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vereenvoudig was veronderstel om ʼn triomf vir die Magashule-Zuma-groep in die regerende party te wees, maar omdat sowel die EFF as die kapitalistiese opposisie (DA, IVP, VF Plus, ACDP en Cope) die planne as hebsug ervaar, sit die ANC nou alleen in tamatiestraat.

Die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC het naamlik besluit om voor te stel dat die grondwetwysiging moet insluit dat die hof se rol as bepaler van die waarde van onteiende grond oorgeneem word deur ʼn politikus van die regerende party, te wete die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming.

Dit is dus nou wat die ANC gaan voorstel in die ad hoc-komitee ter wysiging van artikel 25 van die Grondwet, het die komiteevoorsitter en ANC-LP, dr. Mathole Motshekga, aangekondig.

Daarmee het hy die skynbaar onmoontlike reggekry, naamlik om die opposisiepartye te laat saamstem oor ʼn aspek van die gronddebat. Hulle kan dalk nie saamstem oor wat hulle wil hê nie, maar hulle was soos een man verenig oor wat hulle nié wil hê nie, naamlik ʼn ANC-minister wat self kan besluit wat grond werd is.

Dr. Annelie Lotriet van die DA, wat enige grondwetwysiging teenstaan, het gesê benewens die feit dat dit ʼn onaanvaarbare idee is wat geen regstoets sal slaag nie, is dit ook heeltemal buite die mandaat van die ad hoc-komitee, wat spesifiek uitstippel dat die komitee slegs dit wat implisiet in die Grondwet is, eksplisiet moet maak.

Só ʼn drastiese ingryping gaan veel verder as die mandaat en is dus volgens Lotriet ongeldig.

Floyd Shivambu, onderleier van die EFF, het soos Lotriet gesê die nuwe ANC-voorstel is heeltemal van die spoor af omdat dit nie binne die mandaat van die komitee val om te bepaal dat ʼn minister nou skielik ʼn arbiter oor grondwaarde word nie.

Shivambu het gesê daar is geen manier dat die EFF hierdie ANC-voorstel sal steun nie. Die EFF sal trouens volgens Shivambu slegs ʼn voorstel steun wat strook met hul sogenaamde “eerste ononderhandelbare beleidspilaar”, naamlik dat die staat die voogdyskap oor alle grond in die land oorneem en dan 25 jaar huurpag toestaan aan diegene wie se boerderyplanne vir die staat aanneemlik is.

Suksesvolle boere sal dan ʼn tweede huurpag van 25 jaar ontvang.

Die totaal afwysende reaksie van die opposisiepartye het die ANC dadelik laat skarrel, met Motshekga wat skielik begin beweer het dat die howe tog nie hul rol as arbiter kwyt sou wees nie – grondeienaars wat verskil van die minister se grondwaardasie kan die saak op hersiening na die hof neem.

Hiervoor het Lotriet nie geval nie. Die DA-LP het uitgewys dat sowel die omvang van die regsremedie as die bewyslas skuif na die ontsetelde grondeienaar, wat waarskynlik pas sy grootste geldelike bate – sy grond – kwyt is en nou moet meeding met die diep sakke van die staat in ʼn peperduur hofsaak.

Die stukkie hebsugtige magshonger het die ANC dus suur bekom, want die party staan nou geïsoleer. Enige suksesvolle grondwetlike verandering het ʼn tweederdemeerderheid in die Nasionale Vergadering nodig, anders misluk dit.

Die ANC het egter net 57,5% van die setels.

In die praktyk benodig die ANC die steun van óf die EFF óf die DA óf beide daardie groot opposisiepartye, anders misluk die ANC-poging om die Grondwet te wysig.

Baie water moet nog in die see loop, maar soos dinge staan gaan die ANC sy posisie moet wysig en op nederige en aangename wyse met sy twee sterkste opponente, die DA en die EFF, onderhandel as hy enige grondwetlike verandering wil deurkry.

Die volgende skuif is dus die ANC s’n, want soos sake staan, het hy homself in ʼn hoek vasgeverf en is geen grondwetwysiging moontlik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Frm ·

Dis net n tydelike terugslag vir hulle. Hulle kan nie bekostig om nie hul doelwit te bereik nie. Hoe ookal .

Leon ·

Ek dink nie ons moet oorspeel gebruik nie. Ek dink ons moet die kaartspel term “Speel hulle hand” gebruik. Dit bewys presies wat hulle is en waarvoor hulle staan. Hulle staan vir ‘n Kommunisties Sosialistiese Diktatuur.

Gert ·

Hulle hoef net die EFF te oortuig, dan het hulle twee derdes. Om die EFF te oortuig, is maklik: Maak die wysiging se bewoording so dat dit lyk asof dit ‘n eerste stap na die EFF se plan van grondnasionalisering is (wat dit inderdaad is), en hulle is dadelik aan boord.
Dan is ons doppie finaal geklink.

Dries ·

As ons blankes wakker skrik is dit te laat. Ons moet by die mense van hong kong gaan leer hoe neem jy standpunt in

Wilhelm ·

Ons blankes is duidelik nog nie hard genoeg gedruk om wakker te raak en iets te doen omtrent hierdie nonsens nie. Met ons belasting geld gee ons die mense mag wat ons onderdruk. Ons laat ons self en ons kinders in die steek deur nie terug te druk nie.

Koos ·

Nee wat janjan jy droom die anc kan maak wat hy wildis net n kwessie van tyd hulee het alles aan hul kant insluitend trump..

marous ·

Hulle sal maak net soos wat hulle wil , en geen hof of onderhandelaar sal hulle keer nie .

Werner ·

Wel die DA droom weer wilde drome dat die ANC hulle sal nader ons kan maar regmaak vir die EFF voorstel

JP ·

Hierdie saak sal nie slaag nie, die ANC en vennote het bewys dat hulle te swak is om die land te bestuur, wat nou gesê as hulle ons kos opi tafel moet sit

Humor ·

En waar is ons gebiefde VF + party. Ons wag dringend. Le seker in staatsie.

Cherokee ·

Dit klink asof jy ‘n blik soutvleis vir ontbyt oopgemaak het. Heel deurmekaar nè.

Maljan ·

Die ANC en eff hoef net te gaan kyk hoeveel van die begunstigdes van RDP huise is nog in besit van daardie RDP huise. Daar is van die begunstigdes wat al n gratis RDP huisie in menige dorp het. Die huise, moet julle weet, kom met GRATIS munisipale dienste,GRATIS lopende water, GRATIS krag wat dan verkoop word vir sowat 25% van wat hulle werd is. Hoe die munisipaliteit wat tog internet toegang het, nie agterkom sommige mense is al oor en oor en oor begunstig nie, gaan my verstand te bowe. Beste was nog, een gesin met minderjarige kinders, was elkeen van die vyf gesinslede begunstig met n RDP huis. VIVA ANC. Ek hoop om van die begunstigdes my eie plasie te kan bekom. EASY COME, EASY GO! Gaan dit ook net 15 hektaar wees?

Hoe nou? ·

Bewys waarom die opposisie alewig besig is om die ANC van agter af te probeer pootjie wanneer hulle lankal oor die wenstreep is. Ken na 26 jaar nie hul opponent nie of werk eintlik met hul saam, weet nie, want hoe staan mens ENIGE wysiging regstreeks teen maar wil onderhandel oor hoe so wysiging moet lyk? So skuif hulle die doelpale en kry dan wat hulle oorspronklik wou gehad het.

Filosofie van Vergryp ·

I think, therefore I am – Descartes
I take (what is yours) therefore I am – ANC

Martin ·

As eeue se blootstelling aan die Christendom en die blanke beskawing nie die bos uit hulle kon kry nie, waarom sal die verandering van die grondwet op onwettige wyse hulle afskrik? Die (blanke) wettiese stelsel is maar net nog ‘n hindernis op hulle weg na sosialistiese oorheersing. Hulle sal dit uiteindelik net ignoreer en wie gaan hulle keer? Die slapende Boer? Die Verenigde Nasies? Trump? Nee wat. Word wakker, Boer, jou gesnork skreeu ten hemele! Gee jy nie meer om vir jou nageslag nie? Het jy nie die gene van die Bittereinders in jou nie?

Deon ·

100% Martin. Daar is nie meer n boervolk met murg in hulle pype nie. Ons geniet die vertrapping.

Anoniem ·

Wat stel jy voor moet ons DOEN, Martin? Behalwe nou om wakker te skrik? Gee asb konkrete voorstelle.

AndrewL ·

Die persoon wie se handtekening op dokumente verskyn sal naderhand maar moet pa staan vir sy party se besluit.

Gehasie ·

Hierdie is totalitêre diktatorskap en rou kommunisme! Die plebs gaan glad nie hierby baat nie!

Feite ·

Enige Suid Afrikaners wie nog getwyfel het aangaande die ANC se intensies, hoef nie meer te twyfel nie. Dit maak nie saak wie die president van die ANC is nie, gematig of radikaal, die ANC bly n magshonger hebsugtige “struggle organisasie” (failed state). Die ANC kan dus net gekeer word deur opposisiepartye wat saamstaan, daar waar gemeenskaplike belange ter sprake is en wanneer opposisiepartye baie duidelik die streep trek van tot hier toe en nie verder nie. Kom ons hoop dat opposisiepartye nou sal besef dat niks teen die ANC gaan werk terwyl elke party op sy eie eilandjie bly nie. Opposisiepartye is saam beter en sterker as die ANC en dus instaat om die ANC te stop. Opposisiepartye en die se ondersteuners gaan moet hande vat en die stryd teen die ANC saam tot nuwe hoogtes voer! Opposisiepartye kan dus nie langer mekaar vyandiggesind wees nie, nie terwyl die ANC tans die vyand is wat die vryemark en vooruitgang vir alle Suid Afrikaners bedreig nie!

Martin ·

My vriend, Feite, jy redeneer logies, maar dis die logika van ‘n eerste wêreld land en van die blanke westerse beskawing. Dit werk nie in donker Afrika nie. Hulle kan die grondwet by die deur uitsmyt en wie gaan hul keer? Woorde op papier?! Hulle is arogant genoeg om dit te doen, want agter die skerms maak hul staat op Sjina om hulle te ondersteun, daarom gee hul aan die geles al hoe meer geleentheid hier. Dat dit tot hulle (en ons) ondergang kan lei, pla hulle nie, want die swartman dink nie verder vooruit as sy volgende salarisdag nie. Hy leef vir nou. Daarom doen hy dinge ondeurdag en selfgesentreerd. Word asseblief wakker en besef jy kan nie ons westerse waardes en beginsels by hulle verwag nie. Hulle sien dinge anders. Opposisie wat hulle kan in toom hou? Watter opposisie? Die DA is ‘n blanke-selfmoord party en die VFP is ‘n grap. Die EFF? Maar hulle is net die ANC se swartskapies ~ wanneer dinge gaan lyk of dit die witman (Boer) kan bevoordeel, sal hulle saamstaan! Hou op om te redeneer asof ons ‘n blanke westerse regering oor ons het, dis fataal! Boer SKRIK WAKKER!

Abraham Lincoln ·

This country, with its institutions, belongs to the people who inhabit it. Whenever they shall grow weary of the existing government, they can exercise their constitutional right of amending it, or exercise their revolutionary right to overthrow it. Abraham Lincoln

Pietverdriet ·

As julle manne (en vroue) hierbo klaar wakker geskrik het en wonder wat kan gedoen word….
Gaan na VVA skakel hieronder en voeg julle stem by ñ onafhandlike Kaap. Dis nou as jul kans sien om julle lepels uit die vleispotte van Gauteng te trek en ñ begin te maak in die Kaap. Moenie weer vra wat kan ons doen nie……

https://www.ulacongress.com/

gatgogga ·

Onthou, Cyril het wereldwyd verkondig dat die hele kwessie van grondonteiening streng volgens wet sal deskied. M.a.w. die politiek-onafhanklike regstelsel sal sorg dat daar nie vergrype kan wees nie. (Dit was natuurlik nog in die dae toe Cyril nog gedink het hy kan beleggers oorreed om in RSA te bele).
Noudat hy sien hy kan niemand bluf nie, nou kom sy party vorendag met hulle eintlike strewe, naamlik dat politici die kitaar gaan slaan.
Nog ‘n leuen wat die internasionale vertroue in Cyril sal knou.
Of die ANC nou met hierdie vertrouensbreuk slaag of nie – hulle het probeer, en weer hulle onbetroubaarheid ten toon gestel.

Martin ·

Anoniem, die voorstelle wat ek het, sal ek nie in die openbare media oopgooi nie, die vyand (verraaier luise soos Niehaus en kie) lees ook hier. En Abraham Lincoln was in die VSA, leier van blanke westerlinge, ver van Afrika!

johan ·

Jy sal hierdie seker nie plaas nie maar jou feite is soos meeste gevalle verkeerd,sensasie soekery dit is wat die is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.