ANC-personeel wil staak oor salarisse

ANC-se-vlag-deur-ANA

(Argieffoto: ANA)

Personeel van die ANC het kennis gegee van ʼn beplande staking op 15 Junie oor salarisbetalings.

Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het gesê die personeel het tydens ʼn algemene personeelvergadering kennis gegee dat hulle volgende week Dinsdag gaan staak. “Ná herhaaldelike uitdagings oor salarisse wat laat betaal is, sal ANC-personeel op 15 Junie by Luthuli House en alle provinsiale en streekskantore van die ANC betoog.”

Mabe sê alhoewel personeel in kennis gestel is dat beamptes aandag gee aan die kontantvloei-uitdagings van die party het hul griewe oor werksomstandighede nou ʼn kritieke punt bereik.

“Verkose ANC-beamptes op alle vlakke sal ontplooi word om die memorandums van die personeel in ontvangs te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Snowball ·

Heerlike oorweldigende opwelling van Schadenfreude beleef ek nou.

Ian ·

Wonder of daar n verband is met State Capture wat nou vas gevat word. Heuningmaan [honeymoon] is verby.

Persheks Adri ·

Geldgierigheid is die nuwe mode vir hulle gggmmmfff

Rian ·

Hulle sal wel n manier vind om belasting Rande na die anc te kanaliseer.

JM ·

Die wiel van geregtigheid draai stadig, maar gewis. Kry vir julle.

Smirre ·

Die cANCer het so baie geld gemaak uit korrupsie, hoe kan hulle nie salarisse betaal, oh wag bietjie, hulle wil nie die welvaart deel nie. No honor among thieves.

Anel ·

Nou as hulle dan wil staak en amok maak, want dis wst hulle doen, hoekom doen hulle dit nie op hulle vakansiedag nie? Hoeveel geld gaan daar nou nie weer gemors word op partytjies Woensdag nie? En hiekom miet hulle altyd in die week amok maak en staak? Kan hulle nie soos die Franse maar hulle ding oor naweke doen nie? Integriteit!!!

Cherokee ·

As die anc staak moet iemand tog instaan. Geleentheid vir die VF+

Nie Verbaas ·

Klink my ANC kwyn nou teen spoed van lig. Dit is wat gebeur as kaders nie aan nagevolge dink nie.

Anoniem ·

Oeee hul “vat ons hond” . Werk julle en ons sal vat is die nuwe leuse. Mos lekker om te skep, die werkersklas se geld word gevat om hul rond en gesond te hou. Dan moet die werkersklas tevrede wees met krummels wat oorbly .

Jack ·

Ai dis lekker om so tevrede te wees met jou jarelange baas. Kry vir jou!

Anoniem ·

A !! Nee A !! Hoe kan hulle broertjies nou sommer wil staak?????? Wonder nogal wat se werk doen almal?????

Jannie van Niekerk ·

Die ANC is dom. Indien al die ANC Kabinet en parlementslede net hulle byvoordele se bedrag plus 50% van hulle salarisse prysgee, sal hulle meer as genoeg geld hê om hulle werknemers te kan betaal. Hulle sal dan nogsteeds meer as genoeg oorhê om soos biljoeners te kan leef. Die ANC is soos ‘n bankrot werkgewer wat vir homslef vergoeding toe eien en dan sy werknemers sonder inkomste laat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.