ANC plaas omstrede burgemeester op verlof

Bitsa Lenkopane, burgemeester van die Kagisano Molopo-munisipaliteit in Noordwes. Foto: Facebook

Bitsa Lenkopane, burgemeester van die Kagisano Molopo-munisipaliteit in Noordwes, is deur haar party, die ANC, op verpligte verlof geplaas.

Gerald Modise, woordvoerder van die ANC in Noordwes, het Maandagaand in ʼn verklaring gesê die party se provinsiale uitvoerende komitee het besluit Lenkopane moet op verlof geplaas word “todat die situasie weer normaal is”.

Lenkopane (42) is reeds deur haar raad geskors omdat sy na bewering nie raadsvergaderings bywoon nie.

Lenkopane, wat ook die provinsiale adjunksekretaris van die ANC Vroueliga in die provinsie is, is die afgelope naweek tot streeksvoorsitter van die party in die Dr. Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit verkies.

Sy is in Maart vanjaar skuldig bevind aan aanranding in die Ganyesa-landdroshof nadat sy ʼn EFF-raadslid, Boipelo Bareng, aangerand het. Sy is ses maande tronkstraf of ʼn boete van R5 000 opgelê en die vonnis is in geheel vir drie jaar opgeskort op voorwaarde dat sy nie weer aan dieselfde oortreding skuldig bevind word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ore ·

Lekker laaaaang verlof met groot salaris plus meriete verhoging.Korrek geagte lesers,ek is sarkiesties.Maar dit is hoe dit werk.Hierdie saak gaan seker oor 2 jaar afgehandel wees.Dit maak mens siek ,keelvol en woedend .

Cherokee ·

Daarblyk versagtende omstandighede te wees – sy is (waarskynlik) anti-eff.

Eish ·

Hoe berugter, hoe indrukwekkender die opgang in die kankerbestuur van die helhool.
Geen wonder die Verenigde Nasies is genader vir hulp nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.