ANC-plakkate, T-hemde in Marikana verbrand

Lede en ondersteuners van die ANC het op 1 Julie 2016 T-hemde en plakkate van die party in Maditlhokwa naby Marikana in Noordwes aan die brand gesteek Foto: Molaole Montsho/ANA

Lede en ondersteuners van die ANC het op 1 Julie 2016 T-hemde en plakkate van die party in Maditlhokwa naby Marikana in Noordwes aan die brand gesteek Foto: Molaole Montsho/ANA

Lede en ondersteuners van die ANC het Vrydag T-hemde en plakkate van die party in Maditlhokwa naby Marikana in Noordwes aan die brand gesteek om te betoog teen die wyksraadslidkandidaat wat vir die munisipale verkiesing genomineer is.

Die betogers het hul ondersteuning beloof aan die Forum 4 Service Delivery (F4SD) en onderneem om alle ANC-verkiesingsveldtogte in die omgewing te ontwrig.

F4SD is ʼn onafhanklike beweging wat onafhanklike en jong raadslidkandidate in arm gebiede wil bystaan om ʼn stem te gee aan hul uitdagings. Volgens die organisasie se webwerf bied hulle die regte platform vir gemeenskappe om in beheer te wees van dit wat regmatig aan hulle behoort en om die onafhanklike en jong raadslede van hul keuse aan te stel.

“Ons kan nie toelaat dat Appearance Ndlovu ons raadslid word nie,” het inwoner Alex Lesang by ʼn gemeenskapsvergadering in Maditlhokwa gesê. “Hy is nie ons keuse nie. As ons saam werk, kan ons die olifant genaamd die ANC vernietig.”

Simon Ntimba, van die F4SD het gesê die organisasie het in al 45 wyke in die Rustenburg- plaaslike munisipaliteit geregistreer. “Die kandidaat wat julle verkies, sal aan die verkiesing deelneem. As julle vir die forum stem, sal hy wen en as ons ongeveer 22 wyke van die munisipaliteit wen, sal die burgemeester uit ons groep gekies word. As ons individueel as onafhanklike kandidate deelneem, het ons nie die mag om die munisipaliteit oor te neem nie.”

Ntimba het gesê die forum is “die stem van die mense”. “Ons wil die ANC ʼn les leer om te luister deur nie op 3 Augustus vir hulle te stem nie. Ons is lief vir die ANC en wil hê die ANC moet vir die mense luister. As die ANC luister, sal ons in 2019 vir hulle stem.”

Terwyl hy die skare toegespreek het, het van die jeugdiges hul ANC-T-hemde uitgetrek en dit aan die brand gesteek. Hulle het ook ANC-plakkate op mekaar gestapel en dit aan die brand gesteek.

Maditlhokwa-inwoners het vroeër in Junie paaie in die gebied versper om teen die genomineerde wyksraadslidkandidaat te betoog. Hulle wou gehad het Boikhutso Tshelane moet die raadslid wees vir wyk 32, maar die ANC het die huidige ampsdraer, raadslid Ndlovu, as die ANC-kandidaat in die wyk geregistreer.

Maditlhokwa was ʼn ANC-vesting in Marikana ná die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF)-party in 2013 tot stand gekom het.

Die F4SD onderneem om ʼn skoon munisipaliteit te bestuur met die fokus op dienslewering aan die mense. Die forum het onderneem om gesubsidieerde water en elektrisiteit aan die arm gesinne te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lance ·

ANC julle moet wakker skril ….mense is unhappy met julle …dalk te laat ….dalk ons redding

Wat-ek-lees ·

Soos jy sê Katrien want die ANC moet regmaak wat hulle verbrou. Dis wat ek nie kan verstaan.

Rynhardt ·

Anc-ondersteuners is nou ontevrede, maar voor die verkiesing word twee hoenders en n paar bottels bier uitgedeel asook n gratis Zuma-hemp! Siedaar, Anc kan op hul reken plus die miljoene spookkiesers verseker klaar vir hul n oorwinning!

jaco ·

gewoonlik betoog hulle teen die ANC se swak dienslewering, maar as die verkiesing kom stem hulle almal maar weer ANC. Dis die eerste keer wat die betogers besluit “ons stem nie weer ANC nie”. Uiteindelik word mense wakker.

Kosie ·

Het Julle die Prezz. se nuwe uitlating oor God gelees (Media 24) Mens maar die ou is verwaan en arrogant. Ek wonder net of die Pous ook sy god is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.