ANC-premier spandeer glo R5,1 miljoen op Gupta-media

David Makhura, premier van Gauteng Foto: GCIS

ANC-premier David Makhura van Gauteng het in reaksie op ʼn vraag van die DA in die wetgewer aangedui dat sy kantoor altesaam meer as R5,1 miljoen aan Gupta-beheerde media spandeer het, het die DA Sondag gesê.

“Die premier se kantoor het die afgelope ses jaar R4,7 miljoen aan advertensies in The New Age spandeer en meer as R460 000 tussen Mei 2015 en Augustus 2016,” het John Moodey, DA-leier in Gauteng, gesê.

“Die ANC in Gauteng wil homself graag distansieer van die nasionale ANC en die Guptas, maar tog finansier hulle steeds hul propagandakoerant en uitsaaikanale,” het hy bygevoeg.

Die kantoor van die premier se algehele advertensiebegroting was meer as R127 miljoen vir die afgelope sewe jaar. “Die premier se propagandamasjinerie is baie besig om ʼn glansbeeld te skilder van ʼn premier wat hard werk. Die realiteit op grondvlak is egter heeltemal ʼn ander storie.”

Die DA in Gauteng sal steeds spandering wat advertensies betref monitor asook die ANC in Gauteng se verbintenis met Gupta-media.

“Ons hoop dat nog talle ander Suid-Afrikaners hul oë sal oopmaak en die ANC sal sien vir dit wat dit is – ʼn mislukte organisasie wat bedreig word. Daar is geen verskil tussen die ANC in Gauteng en die nasionale ANC nie. Hulle werk saam om pres. Jacob Zuma en sy korrupte kaders, die Guptas, te beskerm,” het Moodey gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Justice ·

Die stadsrade het hopeloos te veel van die belasting betalers se geld in hul bankrekening waaroor daar absoluut geen verantwoording gedoen hoef te word nie. Die kontrole en beheer vanaf die tesourie asook die ouditeur generaal se kant af gaan my verstand te bowe en is om die minste te se maar uiters power gegewe die miljarde wat deur stadsrade en munisipaliteite onnodig vermors word.

Haan ·

“n Mislukte organisasie wat bedreig word”
En dít nogal van die DA (aka Dom-Astrant)
Mag hulle mekaar uitwis

Johann ·

Skuus maar WAT is adverteer? Soos in WAT was.die actual advertensie? Of was dit n COLOUR BY NUMBERS bladsy wat net een nommer het om te connect? Met n ZUPTOPIA Tshirt en n kospakkie van kits wors as.prys? ABSURD die bedrae wat ter sprake is wat bloot “spandeer” word!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.