ANC raadsheer met spesiale verlof ná verkragtingsklag

hof-hamer

Argieffoto.

Die raadslid van die ANC in Mpumalanga wat verlede week vasgetrek is vir die verkragting van ʼn tienermeisie, is op spesiale verlof geplaas.

Sello Matshoga, woordvoerder van die ANC in die Nkangala-gebied, het gesê dit sal geld tot die saak afgehandel is. Hy het bygevoeg dat die ANC die mishandeling van vroue en kinders in ʼn baie ernstige lig beskou.

“Ons het hom nie geskors nie, maar op spesiale verlof gesit. Hy sal ook nie ʼn interne dissiplinêre verhoor kry nie. Hy sal nie sy werk doen nie, en nie as ʼn ANC-lid met die gemeenskap skakel nie. Ons neem hierdie saak baie ernstig op, want dit beïnvloed die ANC. Ons het ʼn ander raadslid in sy plek aangestel. As ons hom nie op spesiale verlof geplaas het nie, sou dit beteken ons neem dit nie ernstig op nie,” het Matshoga gesê.

Kapt. Zandile Gqawa, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het Donderdag voor die Mdutjana-landdroshof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die saak is tot 23 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig die party het verlede week laat hoor die man sal geskors word indien hy skuldig bevind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JJ ·

So Zille moet bedank oor ‘n tweet, maar dié meneer is op spesiale verlof

gatiep ·

Ja JJ wie sou 30 jaar teug gedink het dat polities verkeerd n groter misdaad sou word as verkragting van n kind.

Theo Visser ·

Sy moet geskors word want die waarheid maak seer.As ons die geskiedenis ignoreer gaan dit miskien weg .

Elsa ·

In die Land het die verkragters en moordenaars eerste voorkeur. Die wat die waarheid praat word uigegooi uit hulle party.

Chekoree ·

Opmerklik dat ANC vroueliga skitter in hulle afwesigheid, want die beskuldigde is seker nie blank genoeg nie anders was die massas daar!

Fires ·

Sy rolmodel stortkop het skotvry van ‘n verkragtingssaak afgekom hoekom sal hulle hom dan anders behandel

Naam ·

Het reeds in hof verskyn maar is naamloos? Nogal ‘n raadsheer asof dit ‘n verskil sal maak.

Theresa B ·

Lekker word daar by die huis gesit – met volle salaris!

Carel ·

Dit spreek duidelik wat van hom is meer aktief as sy Brein.

Beginner ·

Cha-cha-cha Jean….op die kop, my vriend. Min van ons pigmentologies gestremdes verstaan die gebruike en kultuur van die volksvreemde meerderheid waarin ons versuip…

Frederik ·

Ek wonder hoekom het hy net voor die hof verskyn. Hy moes eintlik IN die hof verskyn het.

Eish ·

Beginner, wonderlike aanwending van jou moedertaal.Is dit nie wonderlik nie dat die taal hom daartoe verleen dat jy n mening kan uitspreek in werklik ondiplomatiese terme, maar die leser die ervaring kan laat geniet van vloeiende konseptualisering van rou emosie?

broos ·

praat jy die waarheid word jy geskors…..verkrag ‘n kind en jy kry verlof met volle betaling vir wie weet hoe lank….only in souff afrika :-(

marous ·

Gaan sy salaris van sy pensioen afgetrek word as daar ‘n skuldigbevinding is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.