ANC-raadslid dreig DA-raadslid glo met die dood

Johannesburg (Foto: Stad Johannesburg)

Kevin Wax, hoofsweep van die Johannesburgse metroraad, het Sondag gesê dat die doodsdreigemente wat glo deur ʼn ANC-raadslid aan ʼn DA-raadslid gemaak is onaanvaarbaar is en aan die polisie gerapporteer is.

Wax het gesê hy het onlangs ʼn klagte ontvang van ʼn doodsdreigement wat deur ʼn ANC-wyksraadslid aan ʼn DA-skakelraadslid wat werk gedoen het in sy wyk gemaak is. “Saterdag 18 Augustus het die DA-raadslid ʼn reeks A Re Sebetseng-geleenthede in die openbare parkies in Alexandra aangebied. Hy het mense aangemoedig om deel te word van Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, se maandelikse stadswye skoonmaak-veldtog,” het Wax gesê.

A Re Sebetseng is ʼn vrywillige inisiatief van Mashaba wat gemeenskappe aanmoedig om verantwoordelikheid te neem vir hul omgewings.

Die ANC-raadslid het glo tydens die opbou tot die veldtog vir die stadsbeamptes in wyk E geskryf en vir die beamptes gesê óf die DA-raadslid moet gekeer word om enige take in die ANC-wyke te verrig óf hy moet politieke aksie in die gesig staar.

Wax het gesê die ANC-raadslid het die dreigement as humoristies probeer afmaak.

Volgens hom is die saak by die polisie aangemeld en sal hulle die nodige stappe doen.

“Ek veroordeel sulke gedrag ten sterkste en sal die saak intern ook deur die ANC se hoofsweep opneem. Die raadslid sal moontlik ook na die etiek-komitee verwys word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis tog opvallend dat Afrika se populasie alles doen met so tikkie intimidasie en geweld….gaan kyk maar.

Hansie Slim ·

En wat gaan word van die dissiplinêre verhoor….dadels…

zoom zoom ·

Lees ook nou van Malema se lyfwagte wat op lede van die EFF geskied het na ‘n byeenkoms in midvaal gebied. Politiekn is wreed.

Sarel ·

“Etiekkommitee” ha ha ha, ANC sal dink dit is iets wat op n winkelrak te kry is. Wonder wanneer het hulle van die woord bewus geword?? Die betekenis ken hulle beslis nie.

Elred Ferreira ·

in Afrika is geweld en intimidasie hoe dinge gedoen word,en dan kry jy mense soos ek en baie ander wat nie ge intimideer sal word nie….ons sal slegs in die ANC en EFF se drome geintimideer word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.