ANC-raadslid en vrou doodgeskiet

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn ANC munisipale raadslid en sy vrou is Donderdagaand in hul huis in Tsolo in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het gesê Zolile Malangeni (55) en sy vrou, Ntombovuyo (49), het saam met hul twee dogters aandete geëet toe twee onbekende mans die huis binnegestorm en die egpaar op kort afstand geskiet het.

Volgens Fatyela het bure gehoor hoe die kinders skree. Hulle het gaan ondersoek instel en die egpaar op die vloer in die huis aangetref, terwyl die dogters hulself in die badkamer toegesluit het. Ntombovuyo is op die toneel dood, terwyl Zolile die volgende dag in die Nelson Mandela Akademiese hospitaal in Mthatha beswyk het.

Zolile was ʼn senior bestuurder by die OR Tambo Ntinga Ontwikkelingsagentskap en Ntombovuyo was in diens van die plaaslike departement van ekonomiese ontwikkeling. Zolile sou glo binnekort ʼn senior raadslidpos aangestel geword het.

Jabu Mahlangu, nasionale woordvoerder van die South African National Civic Organisation (Sanco), het Saterdag die skietvoorval veroordeel en ʼn beroep op die polisie gedoen om so gou moontlik die skieters vas te trek. Mahlangu het gesê die feit dat die aanval moontlik met die onlangse reeks politieke moorde verbind kan word, is kommerwekkend.

“Te veel lewens is al verloor weens politieke boewery en sinnelose geweld wat die demokratiese prosesse en wense van ons gemeenskappe ondermyn. Slegs vinnige inhegtenisnemings en die suksesvolle vervolging van die skuldiges kan dien as afskrikmiddel teen post-verkiesing politieke moorde,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Fransie ·

Dis vreeslik. My hart bloei vir die arme kinders wat sulke trauma moet deurgaan. Ek het geen woorde vir sulke onsinnige dade nie.

Steve Lategan ·

Hierdie tipe voorval laat almal (veral diegene met `n kort geheue!) verstom staan,
Almal wat dink dit is verskriklik, moet terugding aan die pre-1994 jare, toe die politieke moorde in Natal aan die breë publiek voorgehou is as die natuurlike gevolg van “Faksie-gevegte”.
Niks was verder verwyder van die waarheid nie, maar dit het die agenda van ons (hoofsaaklik) Masonieke leiers gedien om die publiek op `n dwaalspoor te dwing. Denkende mense het geweet dit was om die ANC se kaders in `n gunstige posisie te plaas om swartes te intimideer in `n komende algemene verkiesing in 1994. Die ou Nasionale Party was die ANC se grootste ondersteuners!

Mamparra ·

Nee, die vlakplaas manne het wapens uit Angola na die IVP gesmokkel. Hulle het die IVP gesteun en derdemag speletjies gespeel, die regering van daai tyd. Die regering waarvoor ons grens toe is om ‘n ander land se vuil werk te doen.

Steve Lategan ·

Ek is baie jammer om te sien dat Maroela Media nie die waarheid kan of wil publiseer nie!

Drieks ·

Hoeveel moorde was net in ANC. Skande hoe almal veg vir ‘n plek op die soustrein. Jammer vir hierdie kinders wat die prys moet betaal vir die wreede land wat die ANC geskep het.

Jan maak n plan ·

Die regering moet nou assblief hierdie moode ook behandel soos hulle plaas moorde behandel.

Johan ·

Enige Moord is n sinnelose moord, en almal moet met die selfde ywer ondersoek word. Of jy nou n hooggeplaaste is of jy in n sinkhuisie in n minder bevoorregte gebied bly. Almal is geregtig dat daar reg en geregtigheid geskied en dat die skuldiges tot boek gebring word vir hulle dade en tot tronkstraf gevonnis word. Of jy nou ryk of arm is ons almal is mense maak nie saak van jou velkleur of nie.

Lance ·

Met gemiddeld 37 moorde n dag in SA dink ek nie dis moontlik vir die polisie soos dit nou is om elke saak deeglik te ondersoek nie …op tv gesien waar die polisie op n toneel self forensiese bewyse vernietig in onkunde ….dis net eenvoudig pateties

E ·

Was daar al ooit van Januarie af enigeen in hetenis geneem vir die “anc” moorde? wie sit daaragter?

snoefie ·

in alle waarskynlikheis mede anc lede om te intimideer. op hulle ouderdom is dit onwaarskynlik dat die kinders kleuters is. ello? hoe mask 2 + 2 nou weer 5?

john samuel ·

Haai hoe tragies =)
Kom ons hoop die polisie is so effektief in hierdie saak soos wat hulle is in die algemene plaas-aanval moord saak.. Die gemiddelde huis inbraak… die algemene motor kaping….

ANONIEM ·

Sjoe dis vreeslik…. Om sommer net so mense dood te maak is verskriklik.. maak nie saak wat jou kleur of ras is nie….. 2 kinders is sonder ouers gelaat, net soos daar ook talle blanke kinders sonder ouers en ouers sonder kinders gelaat word deur die grusame wreedheid van mense… Regtig lyk my n lewe is niks meer werd vir baie nie….Sterkte vir die familie…

Johann van Cullinan ·

Bring die doodstraf vir moord en verkragting terug. Nou goed indien dit nie gedoen kan word nie, moet geharde misdadigers harde hande arbeid doen vir hulle blyplek in die tronk.
Maak die misdadigers se enkels met kettings aan mekaar vas. So 2 meter uit mekaar. Dan moet hulle die hele dag klippe kap. Hulle moet ook ‘n sateliet monitor om hulle enkels kry, soos die wat onder huisares is. Hulle moet ook ‘n elektriese skoktoestel om hulle nekke dra, wat hulle die skok van hulle lewe gee, indien een dit wel regkry om te onsnap. Gee hulle water en pap. Dan sal dit nie meer so lekker in die tronk wees nie.

jaco ·

zolile was bestuurder by n ontwikkelingsagentskap EN hy was n raadslid. So hy het TWEE salarisse gekry. Lekker gravy train ne…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.