ANC-raadslid in hof ná sy glo partytjie hou

‘n Skermskoot uit die video op Twitter.

Die ANC-raadslid van Limpopo wat na bewering partytjie gehou het gedurende die afsonderingstydperk, het saam met twee medebeskuldigdes in die landdroshof in Louis Trichardt verskyn.

Tebogo Mamorobela, ’n raadslid by die Makhado-munisipaliteit, is in hegtenis geneem nadat ’n video aan die lig gekom het wat wys hoe sy in Louis Trichardt langs ’n tafel vol drank dans terwyl haar vriende toekyk. Die partytjie is glo op 12 April gehou om die raadslid se verjaardag te vier.

Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het Saterdag gesê Mamorobela het Vrydag saam met Herold Musobi (50) en Matshusa Khathutshelo (33) in die hof verskyn waar hulle elkeen op borgtog van R1 000 vrygelaat is. Die saak is nou uitgestel tot 5 Junie.

Maroela Media het vroeër berig Anderson Mudunungu, sekretaris van die ANC in die Vhembe-streek, het gesê die party het met skok en afgryse van Mamorobela se beweerde optrede verneem.

Volgens Mudunungu is daar besluit dat die raadslid haar onmiddellik moet onttrek aan die munisipaliteit se aktiwiteite totdat die saak in ’n hof beslis is. Mamorobela sal ook ’n maand se salaris verloor en die ANC sal intussen ’n ander raadslid aanstel om in haar plek waar te neem.

Mamorobela is ook ’n lid van Brand South Africa se raad van trustees. Dié agentskap wat deur die regering gefinansier word en ten doel het om die land se beeld te bevorder, se trustees word deur die president aangewys vir ’n termyn van drie jaar.

Die raad het nou versoek dat Mamorobela haar kant van die saak stel voordat die raad Maandag bymekaar sal kom om haar weergawe van die gebeure in ag te neem en aanbevelings aan Jackson Mthembu, minister in die presidensie, te maak.

Luidens Brand South Africa se jongste verklaring het Mamorobela intussen versoek om verlof te neem van haar pligte in die raad hangende die finale beslissing rakende die aangeleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Fedup ·

I hope it’s unpaid leave. But then again, i won’t hold my breath. I just don’t get it. We, the normal people, understand rules and regulations. Those, the other person’s, just don’t get it all. Now either the anc wake up and smell the vodka, or they should just all resign and let the normal people show them exactly how it’s really done.

Corne123 ·

Sluit toe geen respek vir reels en regelasies nie ek voel niks vir iemand wat die lockdown reels verbreuk nie hoekom moet meeste suffer vir party om te maak en breuk sluit toe skop haar uit amp uit ook

RekmyBek ·

Haha…. wat gaan sy se? Sy was dors & haar maaitjies gemis.

Cecil ·

Uit op borg vir n skrale R1000. Ent van prent. Verder gaan ons niks hoor nie.

SomeOne ·

raadslid uit op borgtog van r1000, maar eskom hoe moes r60,000 vir sy borgtog betaal , is dit nie diskriminasie op sy beste nie

Gawie ·

SomeOne, sy het die reëls verbreek deur partytjie te hou. Die Eskom ou wou honderde mense dwing om teen die reëls in te kom werk. Groot verskil.

Emily ·

Ag nee wat hier kom nog n doodloop storie, Wat gaan sy se. O sy het verjaar en moes party. Retig hulle kom weg met alles en ons lei onder hulle, (Ek wil baas wees en maak my eie reels)
Hulle is tog so lief om selfies en fotos te neem, Kon nie dink dat een van die tjommies dit gaan post nie lol.

Peet ·

Sy gaan ‘n lekker verhoging by haar werk kry vir al die trauma wat sy moes deurmaak ala ANC styl.

Jan ·

Weer eens gaan daar niks van kom nie . Sy is ANC. Was dit nou n dDA lid sou die wereld daaroor gepraat het

Jan ·

Hierdie was nogal vinnig. Ek wonder wanneer verskyn die minister in die hof

Eerlik ·

Dit gaan weer onder die mat gevee word. Ons gaan niks weer voor of na die hof datum hiervan hoor nie. Sy voel vere vir een maand se salaris, sy word deur twee entiteite betaal, so ewe gemaklik verlof geneem by “Brands SA”.

Strandloper ·

Meeste eerbare mense gaan n maand of meer sonder n salaris sit….wat se staf is dit nou vir die kadertjie en die arogante ministertjie? Die anc is om van naar te raak!

JM ·

Aangesien die Covid-19 ‘n “witmenssiekte” is, waarom sal ons luister?

Marina ·

Hierdie is nou die mense wat die virus glad nie ernstig opvat nie en wie gaan weer die skuld kry??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.