ʼn ANC-raadslid van die Nelson Mandelabaai-metro het Maandag in die Uitenhage-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn op aanklag van poging tot moord.
Lunga Nombexeza is Saterdagaand in hegtenis geneem nadat hy na bewering op ʼn 42-jarige motoris geskiet het.
“Daar word beweer dat Lukhanyo Mdana omstreeks 23:45 in Pityanastraat in KwaNobuhle in ʼn voertuig gery het toe Nombexeza hom te voet genader en op hom begin skiet het,” sê Anelisa Ngcakani, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).
“Die motief agter die skietery is in hierdie stadium nie bekend nie.”
Mdana het glo vinnig weggejaag en polisiebeamptes, wat in die omgewing besig was met ʼn patrollie, genader.
“Hy het die beamptes vertel wat gebeur het. Hy het hulle toe na die huis geneem waarheen Nombexeza is na die beweerde skietery.”
Nombexeza is summier in hegtenis geneem en die beamptes het op sy vuurwapen beslag gelê.
Die saak is tot Vrydag uitgestel wanneer hy formeel om borgtog sal aansoek doen. Hy sal tot dán in aanhouding bly.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Volgende ANC ambassadeur na Duitsland.
Sluit hom toe… dis hoogtyd dat die ANC en hul kaders besef dat hulle nie bo die wet verhewe is nie.
Gaan sit waar jy hoort jy hoort nie in die samelewing nie! Wat ‘n skande is die regering nie pffft
In SA het ‘n moordenaar nie ‘n motief nodig nie – hulle doen dit vir die lekker!
Hou hom daar tot na nuwe jaar. Hoekom borg kry vir poging tot moord