ANC-raadslid in Knysna doodgeskiet

Victor Molosi. Foto: ANA.

ʼn Wyksraadslid van die ANC is laat Maandagaand naby sy huis  in Concordia doodgeskiet.

Victor Molosi (50) was die raadslid vir wyk agt, wat Concordia en Joodse Kamp in Knysna insluit.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat Molosi omstreeks 22:00 van ʼn beheerliggaamvergadering by Hoërskool Concordia gekom het toe die skieter hom genader het.

Molosi is verskeie kere geskiet.

Hy is in die kop gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy met aankoms dood verklaar is.

Niemand is nog in verband met die skietery in hegtenis geneem nie.

’n Nadoodse ondersoek sal vandeesweek uitgevoer word.

Intussen het Dan Plato, LUR vir gemeenskapsveiligheid, Molosi se dood Dinsdag ten sterkste veroordeel.

“Ek veroordeel hierdie skietery in die sterkste moontlike terme.”

Plato het gesê die polisie se ondersoek sal die gerugte dat die moord polities gemotiveerd was moet bevestig of weerlê.

Plato het ook ’n beroep op die gemeenskap gedoen om enige inligting wat hulle oor die voorval mag hê aan die polisie oor te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Abe ·

Pietman,
Ek is geleer dat n mens jou afkeer in iets uitspreek net soos jy jou dankbaarheid betoon of jou spyt uitspreek of jou simpatie betoon al help dit nie maar bloot uit beskaafdheid en ordentlikheid.

Anoniem ·

Meneer die President waarheen is ONS oppad !!!!!!!
Alles is in CHAOS

Meneer JY sal moet ingryp !!!!! Gou asb ???

Paul ·

Mens skakel op TV al minder in op die Afrikaanse nuus, of dan liewer in na enige nuus. Dis maar vlak en die gebeure in plakkerskampe, betogings, staan opgevoedes nie eintlik aan nie. Ook die regering en CR … So ons kyk maar net die weervoorspelling.

IK ·

Anargie, totale anargie. Verskil ons oor enigiets dan moet die een uitgewis word.

1+1 ·

Die wat hoogvlieg sal vir hulle ‘n :desh cam of body cam moet laat ontwikkel en dit aan hulle versteek. Dit moet 180 grade om hulle kan opserweer en foto”s en video’s neem. Boosdoeners sal dan geidentifiseer kan word.

Francois ·

Nee kyk, jy het sekerlik geen probleem met belasting-geld aanwending nie!

Haibo ·

Sjoe die “gewone” misdaad deur wetsgehoorsame burgers in SA raak nou al hoe erger, eers plaasmoorde nou politieke moord en taxi moorde, tog geniet eersgenoemde geen aandag nie, maar die ander moorde word veroordeel en die oortreders word gejag .. vreemd hoe sekere mense in SA se lewens meer werd as ander s’n geag word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.